TV bloopers!

Lekker gelag gister tydens verfilming, ‘n tien minute insetsel wat op die einde net so bietjie meer as ‘n uur gevat het om klaar te maak!

Die rede vir my smile was heel eenvoudig…. het jy al gesien wat gebeur as jy nie-akteurs voor ‘n televisiekamera sit, almal ontdek hierdie tv-persoonlikheid van absoluut nerens af nie, dis asof hulle brein afskakel en ‘n onbekende mens oorvat wat hulle ook nie self ken nie…

Dis die rede hoekom ek verkies om agter die kameras my ding in die agtergrond te doen…. dit en die feit dat die kamera jou so 10 kilo’s dikker laat lyk…. hehehe! So van my oogpunt af was dit funny om te sien hoe almal, na jy vir hulle vra om nie vir die kamera te kyk nie, dit anyway so skelm met die een oog doen…. asof die kamera hulle nie gaan sien nie, en die snaakste was die skielike verandering in persoonlikheid wanneer die kamera aangaan, almal is onmiddelik baie formeel en nogal snaaks. Wimpie en Riaan van Klipdrift die groot skuldiges en absoluut klassiek!

Die beste oomblik was toe Henry Brunnette heel ernstig en met ‘n groot televisie persoonlikheid die volgende stukkie Afrikana kwytraak… “Die wildcard rondte het 16bands ingehad en is deur ‘n wildcard band gewen” huh? Classic ek kan nie wag vir die outtakes nie!

So opgewonde soos ek oor die CD was, so opgewonde is ek nou oor die DVD, daar is great oomblikke op en ek dink ek en Adolph, wat nou altwee vir onsself die titel van ‘uitvoerende regiseur’ toegeken het, is uiters tevrede met die uiteindelike produk wat een van die dae op die rakke gaan wees.

Die deadline vir CD, boekie en vir die DVD is volgende Woensdag sodat ons die eerste cd’s op 28 Augustus kan he, harde werk wag die naweek.

Tussendeur sal ek darem moet tydmaak om die Bokke se wedstryd teen die Argentyne dop te hou wat toevallig ook seker die grootste Springbok van alle tye, Percy Montgommery, se 99ste toets sal wees wat beteken dat hy in Kaapstad, waar alles vir hom begin het, volgende week sy 100e toets sal speel…. Percy jy is ‘n yster my mater en ek kan nie wag vir volgende week nie!

Lekker nameek…. Maandag!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to TV bloopers!

  1. Anonymous says:

    blog blooper sal ek se. Wimpie kyk bietjie na jou spelling asb. Of tik stadiger.

    N

  2. Anonymous says:

    Probeer julle bietjie net na 6 in die oggend tik en reg spel, en dit nog terwyl jy moet uitsaai op radio ook – eish bra, kan nie maklik wees nie!

    Meeste mense slaap nog lekker daai tyd van die oggend…

  3. Anonymous says:

    Ag liewe hel, het ons nou weer ‘n perfeksionis op die blog. As jy te dom is om te verstaan. Moet liewers nie die blog lees nie!!!
    Het jy in jou lewe nog nooit ‘n spelfout gemaak nie He N?
    Dit is nie ‘n opstel nie!!! Dis ‘n relaxing blog.

    In elkgeval.. Dit sou nogal cool gewees het om die hele tv skietery te aanskou. Hoop ons kan previews kry van al die bloopers…
    Lekker naweek vir jul almal!!!

    Monique

    Monique

  4. boerinballingskap says:

    Grootste bok van alle tye…I think not! Wat van Frik, Mannetjies, Danie ens. ens?

  5. die brein says:

    Boerinballingskap ek dink nie mens kan die twee groepe teen mekaar opweeg nie.Die ou era en die nuwe ra nie.Ek se Percy is die Grootste van alle tye in ons land, maar hand aan hand met Frik du Preez en Jan Ellis hulle het in die ou-bedeling albei 38 toetse vir Suid Afrika gespeel.Die reels het baie verander, die druk om te presteer soveel meer, die pas is baie vinniger.En daar word baie meer toetse per seisoen gespeel as destyds.

    Ek dink ons is te sentimenteel oor die ou klomp.