Totsiens Oos Rand Stereo

Hier is die actual CD van die BOTB CD wat uitgereik word op 29 Augustus voor ek julle vertel wat aangaan by die radio…

Daar kom so ‘n tyd in almal se lewe, wanneer dit tyd is om aan te beweeg.

So ‘n tyd het vir my ook gekom en dit is tyd vir my om aan te beweeg en die ontbytprogram by Oos Rand Stereo, na nege jaar in die tuig, te groet.

Ek gaan nie ‘n moordkuil van my hart maak nie so kom ons se maar net dat ek en die radio se bestuur nie kon saamstem oor hoe die show behoort te klink nie en dat ons op ‘n goeie voet besluit het dis nie die moeite werd om aan te gaan nie, ek is moeg vir kritiek en ek is moeg baklei, die radio het met my ‘n skikking aangegaan en ek wag om alles op papier te kry, maar die ontbytprogram is klaar.

Aan my opvolger, ek verneem dis Neville, sterkte mater, die brakfast show is nie Vrydagaandversoeke nie, as jy gaan jou man staan gaan jy op tone trap, my raad aan jou…. ek het nie vir jou raad nie, daar is niks wat jou kan raad gee of voorberei vir die Breakfast Show nie, sterkte is al wat ek kan se!

Dankie aan Joker by die radio vir al jou vriendskap deur die jare aan die res…. see you around.

Wat my toekoms saam met ORS aanbetref ek wag vir kommunikasie van hulle kant af voor ek verdere besluite maak, dit sal seker Maandag wees.

Wimpie van der Sandt Produksies gaan voort soosnormaal, al wat verander is dat ek nou meer tyd het om aan my eie besigheid te spandeer en dis presies wat ek beplan om te doen.

Die naweek was ook ‘n belangrike een vir WVDSP in die sin dat ek aandele by Firkin bekom het sowel as nog ‘n klieent bygekry het, Firkin oftewel Thirsties in Bloemfontein maak van aanstaande Dinsdag ook van WVDSP se dienste gebruik wat hulle besprekings aanbetref, goeie nuus en dit kon nie op ‘n beter kyk gekom het nie.

Ek kan ook bekend maak dat WVDSP die regte bekom het om aanstaande jaar SA Band Idols op televisie aan te bied en vervaardig, hierdie week word die televisie program finaal beplan en bekendgemaak saam met wie, waar en wanneer, effektiewelik verruil ek dus radio vir televisie op ‘n manier…

Die BOTB CD/DVD word op 29 Augustus bekendgestel en uitgereik, alles is klaar gedoen al die reeksnommers is bekom en klarings uitgereik. Ek kan ook bekendmaak dat daar drie bonusnommers van Snotkop lewendig tydens die konsert, ingesluit is op die DVD wat jy gratis saam met die CD kry en ek kan ook bekend maak dat die eerste bestelling vir die CD 3000 is, buitengewoon goed se die kenners my, ek is baie opgewonde en kan nie wag vir die 29e nie!

So lyk die finale CD cover wat ons op beluit het so kyk uit vir hom op die rakke!

Wel dit was baie nuus vir vandag, hierdie blog sal ook in die volgende paar dae ‘n gedaanteverwisseling ondergaan om my nuwe filosofie te beklemptoon van ek wil eerder bekend wees as Wimpie van WVDSP as Wimpie van Oos Rand Stereo.

Dankie aan almal wat getrou na die show geluister het, ek gaan julle ondersteuning mis maar ek gaan gewis nie van die aardbol verdwyn nie, inteendeel vir sommige van my mededingers is hierdie letterlik die begin van ‘n nagmerrie, nou is die speelveld gelyk, welkom in my wereld!

Hier is my bedankings in die CD se boekie…

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

40 Responses to Totsiens Oos Rand Stereo

  1. Anonymous says:

    Wimpie

    Het die advertensie vir die “Nuwe” show gehoor, gedink dis ‘n grat. nou is ek klaar met daai stasie, jy was al omroeper daar wat die moeite werd was om te luister!

    Corolina

  2. Anonymous says:

    Ek is ook klaar geluister, kon lankal agterkom jy is nie dieselfde nie!

    Nelda Vorster

  3. Anonymous says:

    Ek is bly jy is klaar daar wimpels, nou hoef ek nooit weer na hulle kak te luister nie!

  4. Anonymous says:

    Jammer om te hoor Wimpie, dis my opinie dat dit 939 se verlies is, al die vrouens by my werk het net na jou geluister, kan nie dink dt hulle meer sal luister nie.

    Dirk v S

  5. Anonymous says:

    oi! whats this i hear/read. tell me!
    whats the plan?

  6. Anonymous says:

    hey Wimpie..hoop dit gaan goed..wil net se ga jo mis opi breakfast show..its not gona b da same..leka nawk!

    natashia

  7. Anonymous says:

    Ag nee wimp’s! Jy kla b oos rand stereo??? Ag nee! Gan j mis!
    Andrea

  8. Anonymous says:

    dankie wimseun, dit was ‘n eer en ‘n voorreg om saam met jou te werk die laaste klomp jare by die radio, ons almal weet hoe hulle is!

  9. Anonymous says:

    Ai wimpie.

    good riddance aan hulle, jy moes dit lankal gedoen het!

  10. best penny stock says:

    very cool.

  11. super lotto says:

    I’m thankful with your blog it is very useful to me.

  12. Anonymous says:

    kan ek vra of Johan Kruger iets hiermee uit te waai het ?

  13. Anonymous says:

    Wimpie

    Ek was nog altyd een van jou grootste kritici, maar jy is die beste omroeper by daai patetiese stasie gewees, so vat dit van ou anonymous af, as jy maar net weet wat jou eie direkteure agter jou rug van jou gese het sal jy in jou graf omdraai.

    Frans Swart het baie oor jou te se gehad veral oor die show wat jy by Carnival City aangebied het op sy terrein.

    Ek sal eendag aan jou verduidelik hoekom ek ook so teen jou was, maar vat dit van my af, hulle is lousy en het net een doel voor in hulle gedagtes en dis beslis nie jy of enige ander omroeper by daai stasie nie, hoeveel het jy verdien na jou 10 jaar “diens” by hulle?

    Nie te kwaai “anonymous
    vandag nie!

  14. Anonymous says:

    Dost thou love life? Then do not squander time, for that’s the stuff life is made of

  15. Anonymous says:

    Wimpie, ek kan nie glo Radio oosrand is so stupid om jou te laat gaan nie, die breakfast show sal nooit weer dieselfde wees nie, en Neville, ek is nie snaaks nie maar regtig!
    Martie K

  16. Anonymous says:

    Goeie dag Wimpie
    Ek wil eerstens se jy het n puik program in die oggende, ek is veral mal oor jou musiek keuses. En soms deel ek jou opinies, ek sal nooit weer 93.9 luister nie, jy was die stasie.

    Marinus

  17. Anonymous says:

    Wimpie baie dankie vir alles wat jy doen en probeer doen, weet net daar is mense wat dit waardeer. Ek wens net ons kan jou ook opbeur wanneer jy af is soos wat jy met ons doen as ons af is, ek hoop ons kan jou darem beter laat voel dmv ons mails, comments, ens.

    Doen so voort en goed gaan
    Groete : Charmaine

  18. nickey says:

    Wimpie

    Ek sit die radio aan en hoor hierdie vreeslike stem NEEEEEEEEEEEEE se ek waar is Wimpie! My man vra “raak jy nou mal” nee ek raak hartseer die Breakfast show is weg veraltyd en altyd. Wimpie is weg………..
    Nou sal ek maar net Gerhard se versoeke luister op Woensdae en verder maar cds nee wat Wimpie geniet dit laat daai harde werk nou vir jou geld inbring want jy verdien dit.
    Sterkte en ek sal nog gereeld jou blog dophou om te sien hoe dit gaan.
    groete
    Nickey

  19. Anonymous says:

    wat de hel gaan aan met ons breakfast show, as jy weg is da delete ek nou daai stasie die wetters fok jou show op!

  20. Anonymous says:

    Wimpie wat de hek gaan nou aan! Nee man waar is jy??
    Lien

  21. Anonymous says:

    Wimpie,Ai die nuwe show is so “plat en onvoorberei.Ek dink jy was op jou manier ‘n aanwins vir ORS gewees en sterkte met jou nuwe rigting wat jy gaan aanpak.Alle sterkte en mag dit net goed gaan met jou.

  22. Anonymous says:

    Hi Wimpy,

    Dit voel vanoggend of iemand dood is in ons huis!Die brekfis show gaan
    nooit weer dieselfde wees nie – het so gewoond geraak aan jou reguit
    menings want nie almal het die “guts” om wat op hulle hart is te sĂȘ
    nie. Baie dankie vir al die jare se lekker saamkuier en baie sterkte
    vir die toekoms.

  23. Anonymous says:

    Laat Van der Sandt wees wie hy wil en se wat hy wil soms stem mense nie saam, maar Oos Rand Stereo gaan lang krokidil trane huil,dis verseker,luisteraars die gaan julle verloor dis verseker,ewe skielik in n oogwink het almal hulle radios in die kantoor gebou klaar verander,jammer ne.Groete
    GM

  24. Anonymous says:

    Ai Wimpie, vanoggend is net nie dieselfde in die kar oppad skool toe nie. ONS MIS JOU!!! Tot my dogter van 12 het vanoggend dadelik agter gekom jou plekkie is leeg. En haar woorde was: NEE, REGTIG MA, DIS STUPID!!! Sterkte vir die toekoms! Ek luister maar CD’s oppad skool en werk toe, DANKIE!

  25. Anonymous says:

    Hi
    Ek wil net se Wimpie almal het nie van jou gehou nie maar die breakfast show is nou maar net nie dieselfde sonder jou nie, die poging wat die radiostasie vanoggend aangewend het om jou mee te vervang is ‘n skande en vat die stasie terug na 1999 toe dit ‘n amateuragtige spul was.

    Welkom terug in die 90′s en soos iemand netnou gecomment het, al die radio’s in my gebou is vanoggend op Jeremy ingeskakel.

  26. Anonymous says:

    Hlo

    as jy dink ek is hier om rook in jou gat op te blaas maak jy ‘n fout.

    daar was tye wat jy my ook maar goed die moer in kon maak, maar een ding het ek altyd gese, jy is by verre en nie net ‘n bietjie nie, die beste omroeper by radio lefra.

    ek hoop jy gebruik hierdie kans om vir jouself ‘n lewe buite die radio en lefra te skep.

    gaan uit en doen wat jy wil doen jy is ‘n fenominale talent al het jy soms te hard probeer om almal tevrede te stel.

    sterkte en geniet dit wat vir jou le en wag in die toekoms in, soos ek ‘n rukkie terug vir jou gese het, hou op om ander mense te verryk en doen dit vir jouself, die radio gaan jou mis daarvan kan jy seker wees, die luisteraars gaan jou ook mis al vertel die radio watse stories ookal, gaan uit en word kompetisie vir jou voormalige kollegas, irriteer hulle op die regte manier, daar is mense wat weet wat rerig aangaan en daai mense staan agter jou, maar jy weet dit seker.

    ek is nie spyt jy is weg nie, ek is bly want nou gaan jy nie meer die meulsteun van radio oosrand om jou net he nie.

    net nog ‘n nommer 10 blond!

  27. Anonymous says:

    Dankie vir jou mooi antwoord op my briefie!

    Ek skakel vanoggend die radio aan en hoor Neville se stem op jou program, nee wat dis maar net terug RSG toe met my.

    Sterkte vir jou, jy sal gemis word.

    Susan Ehlers

  28. Anonymous says:

    ‘n Nuwe besem vee altyd skoon.
    Gee Neville ‘n kans, hy het ‘n sterk persoonlikheid, en ja, dis miskien nie Wimpie se program nie, maar ek dink Wimpie het sy eie gesondheid skade aangedoen deur te lank daar te bly, en al die kritiek op te eet.

    Wimpie, gaan jag, daar is baie blondes daar buite!

  29. Anonymous says:

    ‘n Nuwe besem vee altyd skoon.
    Gee Neville ‘n kans, hy het ‘n sterk persoonlikheid, en ja, dis miskien nie Wimpie se program nie, maar ek dink Wimpie het sy eie gesondheid skade aangedoen deur te lank daar te bly, en al die kritiek op te eet.

    Wimpie, gaan jag, daar is baie blondes daar buite!

    Now its your time to have fun.

  30. Anonymous says:

    Ag Neville is oraait. Maar ek hoop van harte ORS gaan met rasseskrede agter uit en sien sy gat solid.

    Wimpie jy het die stasie en program gemaak.Ek weet van die ouens wat jou agter af beswadder. Soos name wat hulle hier noem.

    Ek het vir sekerlik sewe jaar my besigheid by ORS geadverteer, en was self al oor die lug op julle stasie.Maar dank GOD is verlaas.

    Martin.

  31. Anonymous says:

    Meneer Burdickson is ten minste `n BLOUBUL, maar dit gaan `n saai besigheid op BBBS wees, want hy is nie so uitgesproke soos jy nie.So ek verwag nie veel nie.

    Alles van die beste vir jou.Wimpie.

    Flippie.

  32. Anonymous says:

    Middag Wimpie

    Dit is regtig jammer dat jy nie meer op die radio is nie. Die show was maar vaal vanoggend. Die vibe is net nie dieselfde nie en sal ook nie wees nie maak nie saak hoe hard hulle probeer nie. Ek is darem bly om te sien dat jou blog nog nie verander het nie. Dis net jammer dat die mense nie maar net jou liefdeslewe met die blondes ook kan uitlos nie. Dit sal seker nooit gebeur nie. Dalk moet Yolandi maar net haar haarkleur verander en klaar. Sterkte vir jou toekomsplanne. Ek sal jou blog aanhou support. Jy gaan beslis gemis word in die oggend.

    Groetnis
    Olga

  33. janine says:

    Ai pa was lank by ORS en ek gan my boodskappies op my verjaardae mis maar ek dink ook dit is baie beter so daai stasie het pa baie hassels gegee.

    Maar ja ons almal gan pa mis pa was my hele lewe lank op daai stasie eks nog trots op pa, want WVDSP gaan nog ver padjies loop.

    love u dad
    Stasie gan spuit en nooit weer die selle sonder pa wees nie.

  34. Blou Bul says:

    Ek het dit gesien kom.Maar ons besigheid en werkswinkel, skakel van moreoggend af in op 94,7.Almal is dit eens.

    Wimpie jy het jou foute, maar jy gaan deur ons mense gemis word.Die show was vrekkerig met Nevile, niks fout met hom of sy mede aanbieder nie.Maar wie wil nou begrafnis luister soggens?

  35. Anonymous says:

    Totsiens ou rugby kenner…gaan jou insetsels en alles wat jy kwyt geraak het oor di rugby mis…en ja sorry ou grote di WP kan nie rugby speel net n grappie hehe…maar ja wat jy ookal doen moet asb nie ons LEEUS begin support jys badluck hehehe..Baie sterkte vorentoe met alles wat jy aanpak, en ja maybe sal die Legend Killers nog n laaste keer optree as n farewell concert.. en ja onthou die kanse is goed dat n wildcard n wildcard rondte kan wen.Groete Henry

  36. Anonymous says:

    Wel Wimpie,dit was vreeslik vanoggend om die pad werk toe aan te durf sonder jou op die radio….ors/ers gaan nooit weer dieselfde wees…….my seuntjie is in gr1 en was mal oor jou musiek alles……Groete Andre,Jacqui en Andrique Alberts-Benoni

  37. Anonymous says:

    ai oos rand, hoe dom kan julle wees om julle beste omroeper te laat gaan!

  38. Die Brein says:

    n Sekere ou se tone krul nou om omdat hy my naam hier sien. Nou gaan sy proks en advocats seker hul heksejag om my aan te keer hoogty vier.

    Wimpie jy het ORS help op die map plaas.Ja Fok ek het baie in die oggende my moer vir jou gestrip. Maar wat is die Big Bad Breakfast Show sonder jou!!!!!!!!!!!

    Vanoggend was dit boring en nogmaals boring verby op 93.9sekere mense moet hou by hulle lees.En ja FOK almal wat jou gevra het om te pull.Wimpie KOM TERUG ASB , maar op jou voorwaardes.

    My vrou het juis vanoggend, toe ek uit die bad kom, die radio op 94.7 gesit om die eenvoudige eentonigheid te ontvlug.

    Alle sterkte met wat jy vorentoe aanpak, jy is `n wenner.En jy kan multi Tasking doen.Maar vroeer of later gaan almal hul dag kry, die lewe werk net so.

  39. Anonymous says:

    Dankie, baie dankie. Nou kan ek ook na 93.9 luister, want die windgat is weg

  40. Anonymous says:

    Die Anonieme poepol wat om 8:33 gecomment het was seker een of ander puppet van die looser radiostasie.

    Maar Wimpels, hy is een uit die meer as veertig wat jou ondersteun het.

    Mag ORS gou sy gat sien.

    Mari.