Moeg om ‘n slaansak te wees

Ek kan seker baie se n.a.v vanoggend se berig in die Beeld, ek gaan my opmerkings reserveer tot aan die einde van vandag want daar was baie verwikkelings gistermiddag na die berig reeds geplaas was.

Kieskeurige beriggewing deur Beeld gaan ook nie ongesiens verby nie, ek is gister gevra oor die rugby op Loftus die aand van die vertoning, my antwoord was dat die datum deur Steve aan my gegee is aangesien ons rondom sy skedule moes werk, die Celine Dion show is ‘n week voor ons vertoning bygevoeg by haar skedule en is uitverkoop.

Is daar GEEN ander gebeure wat ses weke voor die show plaasgevind het wat tot swak verkope bygedra het nie, probeer hulle verder se dat die mediaborge ondoeltreffend is as hulle se die 1.4m se bemarking was swak?

Anton gaan self moet pa staan vir sy striemende aanval op my en aantygings van boereverneukery, ek is moeg vir eensydige beriggewing en ek is moeg om belaster te word, aan die einde van vandag sal ‘ verklaring deur myself uitgereik word waarin ek my volgende stappe sal uiteensit.

Wees verseker dat uitlatings soos vandag s’n swaar op my optrede sal le en ek gaan nie meer as ‘n slaansak vir al die rolspelers in hierdie verhaal dien nie.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.