Mmm en ek dink nog altyd aan jou!

Baie nice interview op my voormalige show gehad gisteroggend, daarmee is my loopbaan afgehandel by Oos Rand Stereo, baie dankie aan Neville en Joker vir die mooi woorde, dit was immers 5400 ure op die lug en die einde van ‘n dekade by die radio.

Dis nou klaar en afgehandel, jammer as ek baie daaroor skryf maar dit was vir baie lank my hele lewe, dis nou klaar en verby, ons sal weer een of ander tyd in die toekoms gesels oor ‘n radioshow, maar soos ek gisteroggend gese het dit gaan nie nou gebeur nie, vir minstens die volgende jaar is ek klaar. Dankie vir oulaas.

Annonymous dit sal jou seker grensloos af pie as jy weet van al die petisies en sms’e en telefoonoproepe….. en om te weet ek het bedank en is nie “gefire” soos jy graag wil glo nie, maar dan weer, jy is net ‘n seuntjie van 20 so ek verwag nie dat jou klein brein grootmens sake moet verstaan nie, eendag, miskien as jy groot is….

En daarmee is die radio-sage nou afgesluit, soos ek gister op die lug gese het, ek en die radio is nie kwaad vir mekaar nie, dit was net ‘n geval van moeg wees en tyd vir iets anders.

So van iets anders gepraat, dis sommer tyd om hierdie blog ook te verander, gister ‘n vergadering met Harvey, voormalige webmeester van Steve Hofmeyr, gehad om hierdie blog bietjie meer professioneel te maak. Ek sal graag wil he dat jy kan hoor waarmee WVDSP besig is en in die huidige formaat is daar net eenvoudig nie spasie voor nie.

Die antwoord le in ‘n totaal nuwe webblad, wat jy by www.wimpie.co.za in die vervolg sal kan kry en dan wel ‘n webblad met downloads, podcasts en videos…. en ja weer ‘n blog. Dit was ‘n oogoopmaker om te sien wat jy alles op ‘n regte webblad kan doen en ek sien uit daarna om te sien hoe die webblad gaan ontwikkel. Volgende week sit ek ‘n dag lank saam hom en werk aan die nuwe webwerf, ek dink my idees is weereens in goeie hande, sien uit daarna…

Die res van gister was ‘n werksorgie van ‘n hele klomp vergaderings wat helaas tot vanoggend 02H00 geduur het, vandaar die effe laat inskrywing.

Hansie Slim is ‘n fenominale band. Oppad huistoe gaan loer ek gou in by MK 89 in Olifantsfontein waar hulle speel. Dit was soos gewoonlik ‘n reusagtige sukses en ek kan nie wag vir hulle CD nie, dankie manne dit was great, soos altyd, en dankie aan MK se eienaar Hennie en sy pragtige vrou vir die gasvryheid, lekker dis al wat ek kan se en julle is besig met iets groot daar in Midrand.

So van ander dorpe gepraat, nou dat ek nie meer nodig het, vir logistieke redes, om naby die werk te bly nie, begin dit al hoe meer sin maak om ‘n skuif nader aan Johannesburg te oorweeg, ek dink aan Midrand of miskien Boksburg, maar ek dink gewis aan ‘n skuif…

Ek en Yolanda Barnard het ook vlugtig gesels oor die BOTB CD en ‘n storie daaroor in Sondag volgende week, nee nie die week nie volgende week, en ‘n storie oor WVDSP en die lewe na die breakfast show en waarmee ons tans besig is, ek sien uit daarna, so hou maar die koerant dop sal jou laat weet wat gebeur wanneer, ek gee haar ‘n copy van die CD, sy love dit en belowe om iets nice daaroor te skryf…. ek is bly, dit sal die eerste keer wees dat sy iets nice oor my skryf, sorry Yolanda, ek moes net daai enetjie inkry!

Nou ja dis my storie vir vandag, baie werk wat weer wag vir vandag… September se bookings afhandel by Firkin Boksburg, dit gaan ‘n awesome maand wees waarin ons onder ondere ‘n kar weggee, gaan kyk gerus hy staan reg voor die deur met , ‘n boks langsaan waarin jy, jou inskrywings gooi…. en daar staan WVDSP op die kar geplak…. awesome, die toekoms le en wag, ek kan nie wag nie, bring it on!

So van gister gepraat, sommer gister begin opneem aan ‘n splinternuwe CD, more vertel ek meer, ek gaan vandag luister hoe ver ons trek…

Later

Wimpie

Ps. Jammer ek blog nie meer so vroeg in die oggend nie, ek raak nou gewoond aan die laatslaap ding…hehehe!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Mmm en ek dink nog altyd aan jou!

  1. Nickey says:

    Baie Dankie

    Dis was nou great net toe ek my comment klaar vir vanoggend intik toe kom jou inskrywing van vandag.

    Geniet dit vandag!

    Nickey

  2. Anonymous says:

    Well done Wimpie!

  3. Anonymous says:

    Dis great Harvey is ‘n expert en weet wat hy doen, bly om te sien jy voeg daad by die woord!

  4. Anonymous says:

    Ai Ai Wimps,
    Dis vreeslik sonder jou. Ek mis jou stem in die oggend man. Niemand wat die dinge van die lewe aanvat en sê soos dit gesê moet word nie. Ek kon my altyd so lekker saam met jou opwerk. Van vanoggend af luister ek nou maar na iets anders.
    Gaan jou mis maar ja, daar is verseker beter dinge in jou toekoms,hoop dit sal jou stoutste verwagtinge oortref.
    Liefies en Sterkte
    Amanda