Kan jy kritiek handle indien nie moenie hier lees nie!

Laat ek dit gou duidelik stel, ek glo in vryheid van spraak, het nog altyd en sal altyd, dis hoekom ek nog nooit in my lewe enige comment op my blog delete het nie, ek glo in jou reg om jou se te se al is dit die grootste klomp snert wat ek nog gehoor het, ek glo dis jou reg om dit te se…

Die bekgeveg wat die Brein mmet my aan die gang gesit het hier op my blog is sy goeie reg om te doen, ek sal dit NOOIT oorweeg om mense te “dagvaar” na aanleiding van dinge wat hulle oor my kwytraak nie en quite frankly ek glo daaraan dat as jy dit kan uitdeel moet jy bereid wees om dit te kan vat ook, en glo my ek kan dit wel uitdeel…. en ek kan dit vat ook vra maar vir LB, anonymous, HB en RLR.

Ek weet nie van enige regstappe wat teen enigeen geneem gaan word oor enigiets wat hier kwytgeraak is nie, ek is in geen so ‘n saak geken nie en ek het weer gaan lees wat geskryf is en gaan nie eers by sulke kinderagtigheid betrokke raak nie want as dit gronde is om iemand oor te dagvaar kon ek seker al lankal ryker as Bill Gates gewees het oor die goed wat al oor my en my familie gese is. Moet my dus nie oor dieselfde kam skeer as ander mense wat dalk nie kritiek hanteer soos ek dit doen nie, jou opinie is jou opinie en ek sal jou reg om een te he verdedig al is jy die grootste Wimpie-hater op die aardbol, ek sal net jou bluff call soos LB wat eik gevra het om my te e-mail en sy probleme met my op te los, ek het Maandag gese ek gaan verniet wag want so ‘n email sal sy cover blaas en ek was reg ek wag nog steeds, bottomline is ek verwag nie van almal om van my te hou nie, ek hou ook nie van almal nie, maar dis jou reg om te se jy hou nie van my nie. Onderwerp afgehandel!

Woensddag was ‘n mal dag, Springs, Rosebank, Potchefstroom, Boksburg en terug Springs toe gisteraand laat….

Die trippie Potch toe van Rosebank af is 50 minute, ai ek is mal oor my kar, arme Adolph het homself ‘n paar keer natgemaak, hehehe!

Lekker meeting gehad by Aardklop ek is bly om te se ek het vir 14 kunstenaars baie belangrike slots gekry op baie belangrike plekke… Ek sal Maandag details gee van watter van my kunstenaars waar en wanneer in aksie sal wees.

Die amptelike launch vir die Klipdrift BOTB CD geskiet op vier plekke. Witbank skou die hele Saterdag op 6 September dit sal die Mpumalanga area dek en is in samewerking met Radio Platorand, 27 September Firkin in Boksburg om die Oos Rand te dek, 4 Oktober in Potchefstroom by Aardklop om die Noordwes Provinsie te dek en wel in samewerking met PUK Radio en dan op 18 Oktober by Firkin in Centurion om Pretoria bekend te stel aan die CD/DVD.

Daar is ook ‘n DKNT bekendstelling op Kyk-Net op 22 Oktober, okay nou weet jy ek werk actually vir ‘n lewe!

Die agterblad van die CD is klaar en lyk so, die ander foto is een van die ses binneblaaie, ek wou nie ‘n “cheap” twee bladsy boekie gehad het nie en het besluit om eerder meer geld te spandeer en die hele ding ordentlik te doen, die resultaat is ‘n produk wat waardegewys, teen R89 vir die CD en DVD in die winkels nie sy gelyke het nie…

Groetnis

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Kan jy kritiek handle indien nie moenie hier lees nie!

  1. meermin says:

    Mag jy ‘n heerlik dag hè!

  2. nickey says:

    Wimpie

    Ek was in die wolke oor die afrikaans gister maar vanoggend het jy weer my bubble gebars!

    Ek is bly oor die cd dvd en glo my ek sal seker die eerste een wees wat hom gaan koop kan nie meer wag nie.

    Geniet jou dag en probeer om soet te wees ek het al begin wonder of jy nie jou naam moet verander nie…. Boontjie van der Sandt altyd in die sop of in die uhm jy weet hehehe

    Nickey

  3. Anonymous says:

    Wimpels

    Dalk moet jy daardie comment delete.Wel ten minste kan jy engels praat.Ons verstaan jou op die radio.lekker dag en vat dit kalm.

    Amanda.

  4. Thysma says:

    Wimpels!
    As jou ‘fans’ ma net weet van al die kritiek wat EK teen jou het sal jy nie meer ‘n fan oorhê nie. Wees ma net bly ek wil nie by ‘n moddergooierye betrokke raak nie. Bygesê, as jy my wil aanvat doen ons dit HIER OP JOU BLOG, sodat jou fans presies kan sien wat word gesê.
    Hartlike SHARKS groete,
    Thysma

  5. Anonymous says:

    Jy moet dalk maar die comments oor Yolandi delete of dink jy sy kan die kritiek handle?

  6. Anonymous says:

    Nou Meneer, vertel nou vir die gepeupel van wanneer af is jy en Ms Ex Glitterati nou ‘n item? Loop en Val Barnard!

    Jy kan mos nie so iets weghou van jou volgelinge nie, dis nie regverdig nie.

    Julle is klaarblyklik heel na aan mekaar die laaste tydjie?

  7. Anonymous says:

    Yolanda, Yolandi ai ai ai! Die een blond en die ander een brunette.

  8. Wimpie van der Sandt says:

    hehehe!

  9. Anonymous says:

    Almal weet hoe lyk Yolanda, ons wil weet hoe lyk Yolandi. Hoe lyk dit met ‘n fototjie op jou blog Wimpels???

  10. Wimpie van der Sandt says:

    daar is niks om te se nie, vra haar

  11. Wimpie van der Sandt says:

    Ek sukkel weer vandag om te post, blogger is vo;l dinges al die hele week, hier is solank vandag so post!

    Ek ontvang gister hierdie e-pos by die radiostasie:

    Hallo Wimpie

    Ek en my man het so drie maande gelede Alberton toe getrek van Bloemfontein af. Daar het ons gereeld na OFM geluister en was gretig om te hoor of daar ‘n plaaslike radiostasie is wat ons in Alberton na kon luister.

    Een oggend het ek toevallig in my motor gery en op julle radiostasie afgekom. Ek of ons, is van toe af geswore aanhangers van jou program, ek waardeer veral jou reguit manier van iets se.

    ‘n Pluimpie vir jou is dat ek dink jy is enige tyd in die klas van mnr. Kitching wat OFM, se ontbytprogram aanbied. Lekker was my verbasing om op jou blog af te kom toe ek jou naam google op die internet, nou is ek verslaaf aan jou blog ook!

    Ek kan nie glo hoe mense jou moeilikheid gee nie maar ek het waardering vir die reguit manier wat jy daarmee deel. Ek hoop nie jy dink ek is voorbarig nie maar ek het ‘m paar vrae wat ek graag by jou wil weet en sal bly wees as jy ‘n paar minute kan afknyp om dit te beantwoord, ek sien jy is ‘n baie besige man!

    1. Hoe hanteer jy die verskriklike kritiek wat saam met jou werk gepaard gaan?

    2. Hoe lank is jy al ‘n uitsaaier en hoekom by Oos Rand Stereo hoekom is jy nie al na ‘n groter stasie nie?

    3. Wat gaan nou regtig aan met jou liefdeslewe?

    4. Wat doen jy as jy nie werk nie?

    5. Hoe lyk jou idiale meisie?

    6. Waar gaan jy heen as jy uitgaan?

    7. Wat is jou politieke sieninge?

    8. Wat is jou gunsteling kos/kleur?

    9. Waar sien jy jouself oor 5 jaar van nou af?

    10. Wat luister jy in jou kar?

    Hoop nie jy dink dis voorbarig nie, maar ek/ons ken jou nie al 10 jaar lank nie en ek het die leisie met behulp van my twee kinders, my dogter is 13 en my seuntie is 10bymekaar gemaak en dis wat ons almal graag wil weet.

    Vriendelike groete

    Susan Ehlers.

    Dankie vir jou briefie Susan.

    Ek antwoord jou maar sommer hier op my blog sommer vir twee redes, eerstens ek is so half in ‘n Vrydag bui, nie lus vir diep dinge skryf vandag nie, en ons kan nie e-posse van die ateljee rekenaar af beantwoord nie, ek weet self nie hoekom nie, en jy het gese jy lees hierdie blog so ek weet jy sal hierdie raaklees dan.

    Okay ek nommer die antwoorde dan maar soos jy dit gevra het!

    1. Maklik jy ontwikkel ‘n renostervel, ek is lankal verby die punt waar ek al die mense al die tyd probeer gelukkig hou het, ek het lankal besef dis nie moontlik nie, daar gaan altyd mense wees wat nie met my saamstem, ek is te uitgesproke om nie kontroversieel te wees nie, dit gaan maar saam met die werk, ek kan enige kritiek hanteer, dis net wanneer dinge persoonlik op my gemik word deur mense waqt ek weet ander agendas het wat ek bietjie kwaad raak, maar oor die algemeen steur ek my maar dadels daaraan.
    Net een ongeskrewe reel as dit by kritiek kom moenie my geliefdes daarby betrek nie, andersins kan ek dit baie goed uitdeel en dan moet ek seker maar bereid wees om dit te kan vat ook, en ek doen en dit pla my nie meer nie, selfs Madiba het kritici so wat maak my beter as dit?

    2. Ek wil graag se my hele lewe lank, ek het al my eerste rugbywedstryd in graad 1 uitgesaai, maar nee hierdie is my 10e jaar van uitsaai en meer spesifiek by Oos Rand Stereo, dis my negende jaar van die ontbytprogram. Lojaliteit is baie belangrik in my lewe en ek bly lojaal aan die radiostasie, dis nie soos anonymous nou die dag gese het, dat geen ander stasie my wil he nie…
    Ek het so ‘n paar jaar gelede, ek dink dis seker al so vier jaar terug, ‘n aanbod van Terrance April gekry, destyds stasiebestuurder by RSG om te skuif, ek het destyds nie kans gesien vir die ryery nie, het ook al ‘n paar geleenthede by ander stasies gehad maar ek geniet die vryheid wat ek so nou en dan nog het by ORS!

    3. Niks… nee rerig daar is iemand wat ek mee vriende is maar ek het geleer om alles ‘n kans te gee om nie in iets in te rush nie, so ek doen nie, ons is vriende op die oomblik, soos ek vriende is met baie mense en ek sal maar wag en kyk wat ontwikkel van hier af, ek praat nie oor my vriendskap nie want ek dink nie dis reg om my vriende aan die publiek bloot te tel nie, daar is baie wimpie-haters in die lewe!

    4. So min as moontlik, maar onthou my werk stop nie na ORS in die oggend nie ek bedryf nog my eie besigheid ook so ek werk twee derdes van die dag, daar is nie veel vrye tyd nie, wanneer ek ‘n ruskans kry fliek of lees ek graag, en deesdae het ek begin visvang…

    5. Soos Jessica Simpson! Nee, iemand met verstand met wie eik kan praat, en sy moet mooi wees…. hehehe!

    6. Dis baie min dat ek uitgaan wat dit nie werkverwant is nie, maar ek hou van lekker kuier saam met goeie vriende, ek hou nie daarvan om klubs of pubs toe te gaan nie, ek haat dit wanneer vreemdemense by jou kom staan en snert praat oor dit of dat wat jy op die radio gese het en nie jou privaatheid respekteer nie, ek vermy dit nou maar deur mie meer in my tuisdorp uit te gaan nie, ek gaan na plekke toe waar mense my nie ken nie en ek sal myself NOOIT IN MY LEWE voorstel as Wimpie van die radio nie! dAAR IS MENSE WAT DIT DOEN EK SAL DIT NOOIT DOEN NIE, EK HOU NIE VAN DIE LIMELIGHT NIE, EK IS EERDER WIMPIE VAN WIMPIE VAN DER SANDT PRODUKSIES AS WIMPIE VAN DIE RADIO! Ek wens almal wil so wees want dis embarassing as ander mense dit doen…

    7. Maklik almal het ‘n vryheid van spraak en almal is geregtig op ‘n opinie wanneer jy, jou opinie op ander afforseer het ek ‘n probleem, ek glo aan mense regte maar jou menseregte gee jou nie die reg om ander groepe of kulture te onderdruk nie…. en moenie met mense se taal, kultuur en waardes rondvoeter nie… in kort doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he, dan is die wereld vir almal ‘n beter plek!

    8. Ek is mal oor ‘n goeie Kerrie en die kleur blou en of pienk!

    9. Agter die stuur van verskeie kunstenaars en my plate maatskappy, besig om die vyfde seisoen van my televisie program saam met Adolph te bespreek.

    10. Radio luister ek 702, wi8l graag hoor wat dink ander mense, musiek luister ek tans die Klipdrift Battle of the bands CD…. vir obvious redes!

    Dankie vir die belangstelling mev. Ehlers, lekker naweek vir almal!

    Wimpie