"Is jy okay dude" hehehe!

So binne die volgende halfuur is ek die laaste keer op die Breakfast show by die radio… letterlik die einde van ‘n era, as jy kan skakel in 07H45 ek se my laaste se….hehehehe!

Nee toema ek groet net… so vir oulaas, direk daarna is dit Midrand toe vir ‘n meeting met Harvey oor hoe hierdie blog verder gaan lyk, ek het so ‘n gevoel die breakfast show skuif dalk net hiernatoe, ek sal more meet detail gee!

Dan is dit Centurion toe vir ‘n reeks vergaderings by Firkin ai en dan se iemand gister vir my ek het ‘n lekker werk!

Die BOTB is oppad televisie toe, die onderhandelings is in ‘n relatief gevorderde stadium, kom ek gee joyu ‘n idee in kort hoe dit gaan werk…

Die naam is “Rock Off S.A”, daar is te veel “Battles”. Ons het ‘n venue en verblyf borg so daar word oor 5 weke uitdunne gehou in 5 streke, Johannesburg, P.E, Durban, Bloemfontein en ja ook i diwe mooiste Kaap!

Die idee is om die top 500 bands in die land in alle genres bymekaar te kry. Die top 12 bands spook sake dan uit om die wenner te bepaal, sover lyk dit na 17 episodes in die reeks….lekker!

Die pryse sluit in ‘n R100 000 kontant, ‘n CD kontrak van Wimpie Records en Next Music, ‘n Management kontrak vir die top 10, 20 optredes by een van die land se grootste vermaaklikheidsgroepe, ‘n Mercedes toer bussie met ‘n trailer om die band oor die weg te laat kom, ‘n klere kontrak, kan nie nou al se waar nie, vir ‘n jaar en ‘n hare kontrak vir die band vir ‘n jaar….

So nagenoeg R1m se pryse, hehehe! Kan nie wag nie, ek maak later datums bekend wanneer inskrywings open, ek neem aan daar is ‘n paar Bands wat sal wil inskryf.

Okay so dis dit vir vandag en almal wat so bekommerd skakel en hoor of ek “ok” is en darem ‘n werk het…. uhm ja ek dink ek sal fine wees dankie julle!

Ek laat weet more meer van die BOTB se CD launch en natuurlik waar en wanneers van alles, hey as jy in die omgewing van Centurion is vandag ko se hallo!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to "Is jy okay dude" hehehe!

  1. Anonymous says:

    44 – 12 – 0 comments.
    Uit die oog, uit die hart…

  2. nickey says:

    More Wimpie

    Dit klink heel opwindend en glo my ek hoop jy laat weet gerus of daar toeskouers op die program kan wees want ek sal dit wil bywoon! Lekker dag en sien uit na jou inskrywing van hoe als vandag verloop het.

    Nickey

  3. meermin says:

    Lekker dag vir jou!

  4. Wimpie van der Sandt says:

    Dankie julle

  5. Anonymous says:

    Jy moet nie net sê dankie nie hehe jy moet vir my sê Nickey ek maak seker jy kan die show bywoon ai tog Wimpie sjoe man gee my ook so n kansie met die kunstenaars! Ag ek speel sommer net maar sal nie nee sê vir so iets nie.
    Jy is seker ook al moeg om te hoor ek kerm en kerm maar vertel asb. bietjie meer oor die kompetisie en wat voorlê met die tv show.
    Ag die lewe is so depressing dat n mens ook goeie goed vir n slag wil hoor en sien.
    Lekker aand vir jou en soet wees!

    Nickey

  6. Anonymous says:

    More Wimpie

    Hoekom is daar geen inskrywing van jou vanoggend nie? Hoe gaan dit met jou en Yolandi? Lanklaas ietsie gehoor. Vertel ons bietjie en ja, ook van die tv show wat jy mee besig is. Dit klink opwindend.

    Lekker dag vir jou.

    Groetnis
    JJ

  7. Nickey says:

    Goeie more Wimpie

    Ek sien daar is geen inskrywing vir vandag nog nie. Hoop dat daar wel meer nuus oor jou dag gister gaan wees!

    Geniet jou dag

    Nickey