info@wimpie.co.za as jy iets wil se…

Dit moes seker een of ander tyd ook gebeur dat ek sou moes ernstig besin oor hiierdie blog ook.

Ek is nie meer ‘n publieke figuur nie en ek weet nie meer of hierdie blog wat dit aanbeterf ‘n bestaansreg meer het nie, ek kan nie meer dink of dit soseer belangrik is om te weet wat ek met my lewe aanvang nie.

Een van die redes hoekom ek by ORS klaargemaak het is omdat ek gevoel het ek is moeg vir die kritiek en die onregverdige aanvalle omdat ek opinies het oor sekere goed, nou vra ek myself weer dieselfde vraag af as wat ek gedoen het voor ek met die brakfast show klaargemaak het en die woorde van Steve toe hy sy blog gestaak het spook by my, iets in die lyn van staak alles wat nie meer lekker is nie…

More het ek ‘n vergadering met Harvey om die blog in ‘n volwaardige webwerf oor te skakel en in daai sin dink ek amper is dit een van die heel laaste persoonlike inskrywings wat jy hier gaan raakloop, ek het oor die jare ‘n getroue leserskorps opgebou maar ek dink dit het and aan hand met my werk as omroeper geloop.

Ek het vir nou die comments toegemaak vir verskeie redes, ek het al laas week daaraan gedink, dit is net eenvoudig te maklik om onder ‘n “skuilnaam” of onder die anonymous- dekmantel ‘n klomp snert kwyt te raak, jy is nog steeds welkom om vir my kommentaar te lewer, my e-pos adres is info@wimpie.co.za

Ek gaan net nie meer my eie siel versondig om mense se IP-adresse te moet gaan opspoor en allerhande snert nie.

Ek het ‘n lekker rustige naweek gehad en bietjie broodnodige tyd saam Wian deurgebring ek kan nie glo hoe groot hy die laaste ruk geword het nie, dit plaas ook ‘n bietjie dinge in ‘n ander perspektief vir my, laat my besef tot hoe ‘n groot mate die radio my lewe oorheers het.

So daar is hy vir vandag, dis weereens ‘n groot week wat vir my voorle, daar is soveel om te doen en bykans net vyf dae om dit in te doen.

Julle sal ook agterkom dat ek al hoe later post en die rede daarvoor is dat die uwe al hoe meer daaraan gewoond raak om nie 05h00 op te staan nie, ek moet se dis by verre die maklikste van al die aanpassings….

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.