Groot nuus..

Okay so somtyds moet mens mooi gaan sit en besin oor jou toekoms en met wie dit die moeite werd is om in die bed te spring en wanneer so ‘n move die regte ding is om te doen of wanneer om dit nie te doen nie…

Dis nogal ironies want dit was nog altyd een van die lewe se besluite waarmee ek baie probleme ondervind het hehehe…

So die keuse is gemaak en die besluite geneem, ek is opgewonde en senuweeagtig tegelyk. Ek dink dis die regte ding om te doen en ek vertrou dit gaan die gewenste uitwerking he.

Ek hou ‘n mediakonferensie op 28 Auhustus wanneer alles onthul sal word. Die ander groot mystery in my lewe is ook opgelos danksy so ‘n slim jong mannetjie. Die ou glimlag net toe ek verskeie byvoeglike naamwoorde gebruik om dit duidelik te maak presies wat ek van Windoms se Vista program dink, hy praat grieks met my toe hy se….”hoeveel gig ram het jy?” Hoe moet ek weet bra, die ding het ‘n knoppie wat jy druk dan gaan hy aan dink ek….

Die probleem is blykbaar dat Vista baie meer Ram nodig het om te operate as sy voorganger, ek bestel opslag Ram en hy stel my rekenaar dat daar so min as moontlik programme “opstart” en siedaar, sommer baie beter as wat die ding was. Ek moet nog steeds meer ram kry maar dit gebeur hopelik Donderdag….ai!

So dit het my rekenaarprobleme opgelos, wel op ‘n manier. Gistermiddag op terug Springs toe van Johannesburg af, slimjan besluit toe 16H30 is ‘n goeie tyd op te ry…. besef ek weereens hoekom ek nie in Johannesburg bly nie, ek haal my hoed af vir mense wat elke dag daardie verkeer aandurf en ek kan nie wag vir die Gautrein om klaar te kry nie.

Die president van die ANC, Jacob Zuma, is met ‘n groot gejuig gegroet toe hy buite die Pietermaritzburgse Hooggeregshof verskyn het na vandag se hofverrigtinge. Sy regspan het vandag begin betoog waarom die korrupsie-saak teen hom laat vaar moet word. Die saak is bygewoon deur sowat dertig lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, en verskeie ander ampsdraers. Buite het honderde mense hulle steun getoon, hoewel nie die tien-duisende wat voorspel is nie.

Zuma lyk vanoggend op die Beeld se voorblad soos ‘n rockster mikrofoon in die hand, wonder of hy ‘n paar truuks by Steve Hofmeyr geleer het by die laaste braai sessie??

Cosatu verwag dat tot twee miljoen mense oormôre gaan deelneem aan ‘n landwye wegbly-optrede teen die land se kragkrisis. Die vakbond-federasie reël optogte in sewe provinsies. Cosatu sê die fokus is op die elektrisiteitskrisis, maar dit gebeur te midde van stygende kos- en brandstofpryse en rentekoerse, wat die lewe baie moeilik maak vir werkersklas-mense. Verskeie vakbonde en die burgerlike gemeenskap steun die nywerheids-optrede.

Verbeel ek my of staak ons meer as wat ons werk deesdae?

Goeie nuus is dat die CD en die DVD op die rakke sal wees teen die 28e Augustus en dat daar twee CD launches sal wees die eerste een op 27 September by Firkin in Boksburg en dan ‘n groote op 4 Oktober by Aardklop, ek kan nie meer wag nie, ander groot nuus is dat Snotkop se vertoning by die final van BOTB ook op die DVD gaan wees, dis alles deel van die storie wat ek nie nou details oor kan gee nie, maar ook alles deel van dit wat bekend gemaak sal word op 28 Augustus, voel jy al my opgewondenheid aan?

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Groot nuus..

  1. Anonymous says:

    Hi Wimpy,

    Dit voel vanoggend of iemand dood is in ons huis!Die brekfis show gaan nooit weer dieselfde wees nie – het so gewoond geraak aan jou reguit menings want nie almal het die “guts” om wat op hulle hart is te sê nie. Baie dankie vir al die jare se lekker saamkuier en baie sterkte vir die toekoms.