GROOT Maandag…

Wel dis tien jaar van die Breakfast Show by Oos Rand Stereo en vanoggend het ek ‘n splinternuwe co-host wat by my aansluit, wel nie rerig nie sy sit maar net meer in die ateljee op die oomblik tot sy alles onder die knie het.

So sterkte aan haar, ek onthou so tien jaar terug toe ek ook met blink ogies die eerste keer agter die mikrofoon ingeskuif het… Tien jaar is ‘n lang tyd en die opgewondenheid vervaag met die jare saam maar ek is opgewonde om deel te wees van iemand anders se droom, kom ons kyk maar hoe gaan dinge, ek sal later meer van haar vertel wil op die oomblik maar haar privaatheid beskerm.

Vandag is natuurlik Maandag en daar le al weer baie werk voor, ek het besluit vanoggend voor ek enigiets ander doen gaan ek een van twee dinge met my laptop doen ek gaan hom eerstens by die venster in tienduisend stukke gooi of ek gaan probeer om die ding reg te maak of ek gaan Windows Vista so ver as moontlik van my rekenaar af verwyder…

Dis alles net ‘n money making racket en Bill Gates smile al die pad bank toe, jy moet die service pack kry…. teen R120, dan help dit nie heeltemal nie so jy moet nog dit doen of dat en dit bykoop….. wel weet jy wat , ek is gatvol ek wil nie eers meer my rekenaar he nie.

Ek het ‘n baiie belangrike vergadering vanmiddag om 15H00, ek kan nog nie baie daaroor se nie, maar dit is ‘n BAIE belangrike vergadering ek het gisteraand die vergadering seker tien keer in my slaap gehad.

Watch maar heirdie spasie ek vertel later meer… Die CD se reelings verloop lekker vlot, alles is klaar en ek wag net vir een liedjie dan is ons klaar, die res is alles gedoen, die DVD sal ook vandag klaar wees dan kan ek bietjie ontspan.

More het ek baie nuus, lekker sportnaweek gewees ek is nou gatvol vir die WP se getjommel so ek gaan nie iets daarvan se nie, die Bulle het die Valkies geklap- wat beteken dis nie die Valke wat so goed was nie maar die WP wat so swak is…. eish!

Greame Smith jy is ‘n yster!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to GROOT Maandag…

  1. meermin says:

    Ek stem Smith is ‘n YSTER!!

    Lekker dag vir jou.

  2. Anonymous says:

    Hehehe,
    ‘Anonymous’ en Wimpels stem tog saam oor iets….
    Greame Smith!!!
    Nou moet Wimpels nog net ‘n Sharks supporter word dan mag ek miskien begin tyd kry vir die man!!

  3. Anonymous says:

    Ag heerlikheid tog anonymous. Niemand gee ‘n hel om of jy tyd het vir Wimpie of nie. En dalk “when hell freezes over” sal so iets gebeur. Jy het ‘n moerse obsession met die man!!!!

    Monique

  4. Anonymous says:

    Volgende gaan anonymous ons seker ‘n update gee oor die girl in Wimpie se lewe. Hy was mos nou lank genoeg stil gewees.