Gaan nie oor die geld nie….?? Doen dit??

Ek kan maar net hoop dat die week wat voorle ‘n beter een gaan wees.

Soos Sondag vandag berig het gaan ek ook ‘n paar dagvaardings aan ‘n paar mense uitreik, dit sal die week gebeur, wie dit aan gestuur word sal weldra bekend wees, Sondag het verkeerdelik berig oor drie dagvaardings wat ek uitstuur, dis actually twee.

Aan Anton Goosen wat blykbaar nie weet waar om my te kry nie, en ek weet hy is ‘n groot leser van hierdie blog, stuur maar sommer jou goedjies aan vir mnr. Ferdi Hartzenberg my prokureur, julle behoort te weet waar om hom in die hande te kry hy is immers ook Pieter de Villiers die Springbok rugbyafrigter se prokureur, hy wag vir jou briefies en is ook gretig om met jou te gesels…

Dan laaste ding wat ek oor die aangeleentheid te se het, ek het alles wat ek wou se op hierdie blog gese, in die toekoms sal alles deur Ferdi hanteer word. So die laaste ding is, Anton aangesien jy dit nou weer vir die soveelste keer onder ons aandag gebring het dat dit nie oor die geld gaan nie, het ek besluit om aan die volk te wys dit gaan rerig nie oor die geld nie.

Ek gaan my deel wat ek OOK NOG moet ontvang van die Brugbou konsert net so met groot fanfare aan liefdadigheid skenk, ek gaan die groot tjek en die hele werke laat doen en dit aan liefdadigheid oorhandig, ek dink tans aan die Nelson Mandela kinderfonds…. so daar mnr. Goosen, dis wat jy doen s dit rerig nie oor die geld gaan nie, so vir my plaas ek op rekord dat dit presies is wat ek gaan doen, kom ons kyk hoe belangrik al dan nie, is die geld vir wie…

So dis dit wat brugbou aanbetref vir nou dink ek het ek genoeg gebou vir ‘n rukkie, brue, mure, verhoudings die hele wetterse spul is vir nou oor en verby, die saak is in bekwame hande by een van die heel beste prokureurs in die land en ek gaan daarmee volstaan, hierdie blog sal van more af weer na normaal terugkeer.

Wanneer ek weer terugkom beplan ek om ‘n skrywe, geteken deyr sowat 40 kunstenaars, te publiseer wat sal se hulle is baie gelukkig om met Wimpie van der Sandt Produksies besigheid te doen en het nog nooit nie hulle geld ontvang nie en daarmee volstaan ek.

Die naweek was een vir hergroepeer en van voor af weer kyk waarheen ek oppad is en hoe ek daar wil uitkom, ek en Adolph en een van die kunstenaars onder my bestuur, tussen hakkies daar is tans sewe, het bietjie gewerk Saterdag en gou bietjie koppe bymekaar gesit. Iemand het ook vir my gese die geheim van die lewe is om op te staan en die hoogste berge aan te pak want dis net dan wat jy dit kan waardeer as jy bo uitkom. Ek stem saam!

Ek is tans besig om my memoirs van Brugbou te skryf, nee dis nie ‘n boek nie, dis net my eie persoonlike nabetragting oor die gebeure, van die vredemaakaand tussen die twee here, tot ALLES wat verkeerd geloop het in die aanloop na die konsert toe, al die rolspelers word breedvoerig beskryf, al die gebeure word beskryf, geen steen word onaangeroer gelaat nie, hierdie stukkie afrikana sal ek na al die hofsake klaar is op my blog publiseer vir almal om te lees, dit gaan lank wees amper soos ‘n boek, maar ek gaan nie geld daarvoor vra nie want “dit gaan nie vir my soseer oor die geld nie”!

Hoop jou naweek was lekker en ek hoop jou week is rustig!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.