Gaaaaap!

Wel die eerste week is verby en tot my eie skande moet ek bieg die laatslaap ding begin al hoe lekkerder word hehehe!

Nog iets wat ek moet erken is dat tot my skaamte ek nie meer die rugby volg soos wat ek gewoond was om te doen nie, ek weet die Bokke speel die naweek teen die Wannebe’s en dis omtrent dit ek weet nie wie is in die span nie en ek weet nie eers waar hulle speel nie….ai!

En dan dink ek die eerste van die krieket eendaggames begin ook vandag, een din staan soos ‘n paal bo water my lewe het verander, sommer baie.

06H30 Vanoggend word ek wakker gemaak en gese om radio te luister daar is ‘n heruitsending van my goodbeye se op ORS, vir die eerste keer in my lewe luister ek na myself op die lug.

Dankie vir die weer uitsaai julle, ek hoor die publiek het gevra daarvoor, thanks!

Saterdag en Sondag is twee besige dae, ek MOET tydmaak om my seuntjie bietjie uit te vat fliek toe of iets. Ek moet by Firkin uitkom vanaand is Sandbox daar en Saterdagaand bring Gerhard Steyn sy nuwe CD saam hom as hy kom optree, sien uit daarna, en tussendeur moet ek en Adolph regmaak met die TV ding, ai soveel vir rus op ‘n naweek.

Anyway julle moet ‘n awesome naweek he, moenie werk soos ek nie gaan rus nou! Volgende week gaan ‘n harde een wees en die nuwe blog behoort ook reg te wees, gesels dan weer Maandag met jou…Enjoy!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.