Eerste CD’s amper hier.

Ek dink dit was Hannibal Smith in the A-Team wat gese het… “I love it when a plan comes together”.

Gister was ‘n baie groot dag, ek weet ek klink soos ‘n grammafoonplaat as ek se ek kan nie meer se nie, maar ek kan rerig nie, kom ek net se onthou die naam SA Band Idols vir 2009…. en daar word vandag iets vir televisie geskiet….uhm en nou het ek al te veel gese so vir al die slim mensies laat ons dit maar daar…..uhm ek sal moet iets aan my hare gaan doen voor 13H00, en ek sal gou my baard moet gaan trim!

So gister was ‘n baie interessante dag gewees by WVDSP, goeie werk gedoen deur Adolph, dis werk wat julle almal een van die dae sal sien, ek is bly oor die jong man, hy is ‘n yster en ‘n aanwins, in so ‘n mate dat dit vir my voel of ek eintlik ‘n lekker laaaaang vakansie kan gaan vat.

Ek moan nou al geruime tyd oor Mixt op radio, vanoggend is hierdie weer oor die rubbish in die nuus:
Tienermeisies aan die Oos-Rand se reputasie word vernietig deurdat hul naam op ’n “sletlys” verskyn wat op die selfoon-kletsprogram Mxit gesirkuleer word.
Die lys bevat die name van meisies van verskeie skole in Springs, waaronder die Hoërskool Johan Jurgens en Springs Girls High. Hul adres en telefoonnommers, asook die skool waarin hulle is, word op die lys gegee.

Nou se Mixt dat “die lyste kwaadwillig geskep word en dat dit geweldig moeilik is om dit te verwyder”.

As julle nie in staat is om toesig te hou oor wat op julle netwerk aangaan nie dan moet julle miskien maar mense aanstel om dit te doen of miskien moet julle dit sluit todat julle uitgewerk het hoe om julle besigheid te bedryf en dan wanneer julle dit uitgewek het miskien maar weer aan die werk kom want op die oomblik faal julle jammerlik in julle verantwoordelikheid teenoor die samelewing…

Hoeveel keer het ek nie al gelees oor mense wat ontvoer is en/of vermoor is na aanleiding van hierdie crap nie, so hoeveel mense moet nog verkrag word, vermoor word, ontvoer word of selfmoord pleeg voor ons iets hieraan goen doen of se? Nee man kak gebeur omdat goeie mense net eenkant staan en niks se of doen nie…

Okay so dis van my rug af, ek wou dit al lankal gese het! Ek het ‘n medeaanbieder wat vanoggend haar eerste woorde op die breakfast show gese het, sy was maar skrikkerig maar miskien is sy die een wat my kan tem…..jy weet nooit! Sterkte Deyasha, jy gaan die nodig he!

Sal foto’s neem van die TV-shoot vandag en julle ‘n voorsmakie gee van wat kom en dan gaan julle amper al weet wat aangaan.

Die eerste Best of Klipdrift BOTB cd/dvd sal die winkels tref op 28 Augustus, wees op die uitkyk daarvoor, dit gaan awesome wees en regoor die land beskikbaar wees. Iemand vra my wat ek dink gaan die treffers op die album wees…. uhm onthou maar die volgende name…. Kniee lam, Ancient Lullabey, Vorm my, Feel en Summer, en dis maar net om mee te begin, ‘n lekker mix op die album, Afrikaans, Engels, folk, jazz, rock die hele werke, ek is opgewonde kan nie meer wag nie, wil ook net noem die eerste bestelling vir die CD/DVD is 3000 wat hulle vir my se is uitstekend.

More maak ek bekend wanneer die eerste uitreikings sal wees, sover is dit by die Witbank skou vroeg in September, later in September by Firkin en natuurlik vroeg in Oktober die hoofuitreiking by Aardklop in Potchefstroom…

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Eerste CD’s amper hier.

  1. boerinballingskap says:

    Ek neem aan ‘n komplimentere kopie van die CD is op pad Korea toe? :)

  2. die brein says:

    Kwaai ek is bly as jy naam maak en dit goed gaan met jou besigheid, maar hou net jou voete op die grond.

    Ek hoop net die nuwe aanbieder is nie daar vanoggend nie.Julle raak maar net soos Highveld Stereo en Jacaranda. Die radiostasie word lekker gekaap, stelselmatig deur ongewenste volksvreemde insurgente.Julle is nou East Rand Stereo.ASB se vir Frans Swart moet nie die lekker atmosfeer van die stasie kontamineer nie.

  3. die brein says:

    Percy Montgommery speel more eers sy 99ste toets.Hallo??!!

  4. Anonymous says:

    wimpy is weg….!!!
    yes.