Dankie, vir die blomme…

Wel wat ‘n dag was Maandag nie gewees nie, hoe lui die ou gesegde gee blomme terwyl die persoon nog lewe…

Op ‘n ernstige noot, baie dankie aan almal wat gecomment het, glo dit of nie net meer as ‘n honderd sms’e, die eerste een Maandagoggend 06H05 hehehe, soveel vir laat slaap! Dankie vir letterlik te veel oproepe om te onthou ek waardeer dit baie en soos belowe dis nie die laaste wat jy my op die lug gehoor het nie, gistermiddag ‘n BAIE groot meeting bymekaargesit vir Woensdag en ja jy sal weer van my hoor.

Laat ek net uit die staanspoor se, ek het nie Maandagoggend na die ontbytprogram geluister nie, al was ek getempt om dit te doen, ek dink dit sal seker mettertyd vir my makliker wees om te luister maar vir nou is dit nog bietjie close to home as jy weet wat ek bedoel.

Ek wil ook se dat ek en hulle is op ‘n goeie voet uitmekaar, dit was maar net vir my tyd om aan te beweeg, as omroeper by Oos Rand Stereo sou dit vir my bitter moeilik wees, om verskeie redes, om my visie met WVDSP te kon uitleef, ek sou darem graag my luisteraars wou groet maar ek verstaan die logika agter die besluite.

Dankie weereens vir jou die luisteraar se ondersteuning, dis goed om te weet die mense wat my hehaat het was maar in die minderheid gewees as ek meer as ‘n 100 sms’e seker naby soveel oproepe en al die comments in ag neem. ‘n Baie groot dankie aan almal by ORS vir nege jaar se toelaat om my droom uit te leef, wel amper as hulle my toegelaat het om te se wat ek rerig wou was ek seker lankal op Mugabe se hitlist hehehe!

Neville ek bedoel dit rerig as ek se sterkte en onthou ‘n breakfastshow aanbieder kan NIE almal se maatjie wees nie, as jy is dan doen jy dit verkeerd, nie Fanus se woorde nie, Wimpie se woorde! Ek dink na 9 jaar is ek seker geregtig daarop om sekere quotes vir myself toe te eien! En onthou Neville het nie gevra om by my oor te neem nie, sterkte Neville!

Nou ja die lewe gaan aan en ek gaan sukkel om myself in die oggend aan die slaap te hou na 05h00 hehehe! Ek gaan dit mis dis nou maar dadels!

Baie werk ingesit Maandag ek is excited ek weet dit gaan dalk klink soos ‘n cliche maar daar is baie groot uitdagings wat wag en ek dink ek is reg daarvoor. Hierdie Blog nader ook sy laaste paar dae maar moenie bekommerd wees nie daar is ander verwikkelinge oppad met die blog ek het maar besluit om ‘n ou vriend se hulp in te roep ek sal later in die week meer daaroor vertel, dit is ook groot nuus en ek sien uit daarna, dankie vir alles byvoorbaat Harvey.

Wel dis dit vir vandag dankie weer….vir sommer alles.

Goeie televisie nuus is oppan wat ek glo ‘n totale omwenteling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gaan bewerkstellig, amper soos die voelvry beweging gedoen het, dis baie exciting en ek kan maar net se onthou die naam Rock Off! Sodra ek kan gee ek meer inligting daar is net ‘n paar details om uit te werk.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Dankie, vir die blomme…

  1. Die Brein says:

    Van der Sandt lyk my Harvey van SSSB faam het groter planne vir jou blog.

    Lewe jou droom uit en Fok Mugabe en almal wat sy gat lek.

    Neville is `n goeie omroeper, maar hys nie die kaliber vir die ontbyt program nie.

    Hastilla Vista.

  2. meermin says:

    My eks se pa het altyd gesè GEE BLOMME TERWYL JOU VROU NOG LEEF, MOENIE DIT EENDAG OP HAAR GRAF GAAN SIT NIE, SY SAL DIT DAN NIE KAN WAARDEER NIE!!

    **ek het ‘n new look** was gatvol vir die geel, wit, blonde hare!!

  3. Johan says:

    Ek lees gister se kommentaar op jou blog met hartseer. Dit is jammer dat die mense so persoonlik raak, vloek, en lekker kry om ander te verneder. Ek kan amper waarborg dat as Neville more gevra word om te bedank sal sy ondersteuners nie sulke goed kwytraak nie. Is dit die ondersteuners wat jy op trots is? Hulle is openlik besig om een van die min ordentlike christelike stasies wat jou werk gegee het vir baie jare te vervloek en jy laat dit toe? Waar is die ware leierskap nou? Pas bietjie toe wat jy gelees het in “the secret”. Ek mis ook vir jou en dink ook dat Neville en Angeline nie die regte keuse vir ‘n ontbytprogram is nie. Wat tel is nie wat met jou gebeur nie, maar hoe jy dit hanteer wat met jou gebeur. Sover is ek jammer maar jy en jou ondersteuners dop die toets.

  4. Wimpie van der Sandt says:

    Johan

    ek is verbaas dat jy lees maar blykbaar nie mooi lees nie…

    ek haal aan van my skrywe van gister en vandag is dit dat jy nie wil lees nie of dat jy glo ek moet ook sensuur toepas en nie comments toelaat nie, as jy mooi kyk sal jy sien ek het wel commentsverwyder wat ek nie gedink het van toepassing is nie…

    ek haal aan wat ek geskryf het…

    “Ek wil ook se dat ek en hulle is op ‘n goeie voet uitmekaar, dit was maar net vir my tyd om aan te beweeg, as omroeper by Oos Rand Stereo sou dit vir my bitter moeilik wees, om verskeie redes, om my visie met WVDSP te kon uitleef, ek sou darem graag my luisteraars wou groet maar ek verstaan die logika agter die besluite.”

    en johan hier is nog…

    ” ‘n Baie groot dankie aan almal by ORS vir nege jaar se toelaat om my droom uit te leef, wel amper as hulle my toegelaat het om te se wat ek rerig wou was ek seker lankal op Mugabe se hitlist hehehe!”

    en johan, hier is nog…

    “En onthou Neville het nie gevra om by my oor te neem nie, sterkte Neville!”

    en dis nie al nie johan…

    “Aan my opvolger, ek verneem dis Neville, sterkte mater, die brakfast show is nie Vrydagaandversoeke nie, as jy gaan jou man staan gaan jy op tone trap, my raad aan jou…. ek het nie vir jou raad nie, daar is niks wat jou kan raad gee of voorberei vir die Breakfast Show nie, sterkte is al wat ek kan se!”\

    so johan hou op lees wat jy wil lees en lees wat ek se, dis nog altyd jou probleem!

  5. nickey says:

    Wimpie,

    Jy moet maar net sterk wees en moed hou! Mense sal nou praat en die sleg in jou wil sien. Johan laat dit klink asof hulle jou gevra het om te bedank aanhaling “As Neville gevra word more om te bedank sal sy ondersteuners nie sulke goed kwytraak nie”
    Dalk lees ek net verkeerd ek weet nie. Maar glo my sterk my besigheid by oosrand is klaar ek kan sien dat daar meer is as wat ons wat hul huur betaal weet.
    Lekker dag vir jou.
    Nickey

  6. Anonymous says:

    Ai julle, aanvaar nou maar dat Wimpie weg is by Oosrand Stereo. Ons wil nou nie vir die res van die week oor dit praat of lees nie. Life goes on. Dis eenvouding, as jy nie hou van die nuwe breakfast show nie, moenie daarna luister nie. Kom ons ondersteun Wimpie nou maar in als wat hy van hier af aanpak. Ek is seker almal wil nou eerder lees van wat hy mee besig is en wat hy beplan. Genoeg van ORS.

  7. Wimpie van der Sandt says:

    Dankie julle vir die ondersteuning ek waardeer dit regtig maar ek sal ook verkies om die ORS sage af te sluit, ek dink baie daarvan gaan oor die feit dat ek net verdwyn het sonder om eers te groet, die goeie nuus is dat moreoggend, dis nou Woensdag hehehe om 07H45 kom se ek my goodbeyes saam met Neville en Angeline op die breakfast show, ek en die stasie het tot ‘n goeie vergelyk gekom, vir nou is die show verby en ek verkies om eerder op my blog oor my baie en nuwe projekte te gesels.

    moreoggend dan groet ek vir oulaas!

    Dankie vir julle support!

  8. Anonymous says:

    Wimpie

    Ons sien almal uit om meer van jou nuwe projekte te lees. Gaan jy ons dalk bietjie meer van jou persoonlike lewe ook vertel en ons op hoogte bring met wat aan die gebeur is in Wimpie-Wereld?

  9. Anonymous says:

    hi Wimpie

    Het gou gister se kommentaar gelees en is ook teleurgesteld in ons mense. Stem saam met Johan oor taalgebruik ens, maar wat baie teleurstellend is, is die feit dat hul nou na 94.7 wil luister. Dis mos die stasie wat weier om afrikaans te speel . Dis ook die stasie wat op die lug Suid Afrikaners uitgeskel het as white trash. Ek ry eerder in stilte as wat ek 94.7 ondersteun.
    groete
    Gerrit

  10. gerhard schaap says:

    Wimseun,alle sterkte met jou nuwe projekte en mag dit net goed gaan met jou en alles wat mooi is vir jou hoor.