Blou Maandag…

Snaaks hoe ‘n mens se skryfstyl jou weggee….

Anyway ek is opgewonde, nie veel tyd om my aan die skindertweeling te steur nie, ook snaaks hoe jy iets vir een persoon vertel en daai storie weer vanaand by jou uitkom en dan smile jy maar net want mense is maar mense en grawe hulle eie gate!

Na ‘n hengse dag van BAIE harde werk, ek het ongelukkig nie tyd om heeldag op blogs te comment nie…..mmmm ek werk actually sal ook graag heeldag op facebook wil chat maar nou ja, my nie beskore nie!

Dit was letterlik ‘n baie blou Maandag gewees een wat my geduld tot die uiterste beproef het, ‘n halwe tenk petrol later en 23H00 gisteraand kon ek uiteindelik rustig by die huis die master DVD van die Klipdrift BOTB le en kyk…. en aantekeninge maak…. en notas uitruil met Adolph per telefoon by sy huis in Pretoria, besig met die laaste veranderinge aan die CD omslag, binneblaaie en lirieke….en, en, en.

Na twaalf gisteraand le ek nog wakker en besef ek moet nog die voorwoord skryf…

0H15 vanoggend is hierdie die beste wat ek kon doen:

Waar begin ‘n mens….. seker maar by die begin is ‘n goeie plek en die begin was een Dinsdagaand by Firkin toe Riaan en Wimpie 2 my vra wat dink ek van ‘n tipe van ‘n Idols vir Bands.

Dankie vir die idee, ek dink nie een van ons het besef hoe groot dit kan word nie.

Dit was awesome en ‘n voorreg om by betrokke te wees. So iets is nie moontlik sonder borge nie so dankie Klipdrift, Carnival City, Next Music, Radio Platorand en Blue Division, dankie vir alles.

Persoonlike dankie vir Anita, you rock girl, en as daar nog ‘n band is wat nie by haar geregistreer is nie moet julle, julle koppe laat lees, dankie vir alles!

Riaan en Wimpie van Klipdrift wat hulle brand goed verteenwoordig! Julle is ‘n voorbeeld vir elke verteenwoordiger in die land en ‘n plesier om mee saam te werk. Dankie vir al die laat aande, min slaap en ja… dankie vir die kopsere!

Adolph dankie dat jy al my idees in dade omsit, dankie vir die great werk op hierdie CD van jou awesome cover design tot by die redigering van die DVD saam met Micheal en Pierre. Dankie julle ek weet dit was baie vinnig maar julle het gewys wat julle kan vermag.

Dis ‘n hengse taak om almal te bedank sonder om iemand uit te sonder, ek probeer my bes! Dankie Yolanda Barnard, Gavin Prins, Anton Alberts, Rob, Johan en Paul van Next Music, Rea Le Roux en Snotkop wat vir my opgetree het as beoordeellaars oor 12 great weke, dankie Rea vir die MC werk!

Dankie ook aan die drie beoordeellaars van week 1 af Wimpie, Riaan en Henry, ons sal ietsie moet braai om te herdenk wat alles gebeur het.

Adriaan van der Merwe dankie vir die opnames, geduld en redigering, die laataande en dankie dat jy aan die stuur was van die produksie van my heel eerste CD!

Jakkie Louw, Gerhard Steyn, die nimlike Joe F en Snotkop vir julle optrede by die final, julle is soos my dogter sê, die shit, so van haar gepraat dankie, Janine sommer net dat jy, jy is en my so baie aan myself laat dink, dis scary!

Dewald en Anri vir ‘n lekker aandjie by die semifinals en vir die bietjie MC werk op die DVD!

Laastens maar beslis nie die minste nie, Yolanda en Jaco van Carnival City en natuurlik vir Byron en Siswe vir die klank en Tumi vir die beligting wat spectacular was vir 12 weke lank, dankie Ferdi vir jou hulp by die deur elke Dinsdagaand.

Hierdie CD wat jy in jou hand vashou is die eerste van baie en ‘n platform om nuwe Suid-Afrikaanse musiek aan jou voor te stel. Oor ‘n paar jaar van nou gaan elkeen van die bands op hierdie CD huishoudelike name wees… onthou jy het eerste hier van Hansie Slim, Ladiva, Motel Ink, Die Maverick, Scintillate, Root of Eternal, The Reason, Cunning Brad, Scaffold 37, Whining Orphans, My Untold Legacy gehoor.

Dankie aan jou wat hierdie CD gekoop het en plaaslike musiek ondersteun, al my vriende en familie wat soms met my dikbek moes opgeskeep sit, dankie vir al die ondersteuning en die motivering deur die afgelope jare en spesifiek deur die winter van 2008 by Carnival City.

Dankie aan my Hemelse Vader vir sommer net alles!

2009 gaan nog groter en beter wees, tot dan druk hierdie CD in jou CD speler sit die volume lekker hard en ROCK ON DUDES!

Wimpie van der Sandt
www.wimpie.co.za

Ek hoop nie ek het iemand uitgelaat nie, ek glo nie, more plaas ek die uiteindelike voorblad, binneblaaie en agterblad sowel as die actual CD en DVD ontwerp vir julle, vanmiddag 14H00 MOET alles by die printers wees as daar enige kans wil wees dat ek my eerste CD’s teen die einde van die maand op die rakke wil he, en meer belangrik voorraad vir die eerste CD-launch op 5 September in Witbank by die skou!

Sorry ek het nie tyd om aan julle bespiegelinge oor my liefdeslewe deel te neem nie, party van ons het ‘n regte werk! Bespiegel maar lekker voort, klink vir my die helfte van die lesers op hierdie blog is verlief op die arme Yolandi…..en/of jaloers…

Eish girl ek is jammer dat jy so betrek word by die kinders se dinge…. vir die rekord sodra ek op trou staan en/of reg is om enige soort aankondiging te maak…. DAN SAL EK DIT DOEN!

Vir nou is daar nog nie iets om te se nie, ai!

Lekker dag, myne is rof, alweer, so verskoon my as ek nie comment op al die bespiegelinge van die kiddies vir die res van die dag nie.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Blou Maandag…

  1. die brein says:

    Hiermee my openbare opregte appologie/verskoning vir enige inkriminerende of kwaadwillige aantygings wat ek teen ORS of Frans geuiter het.

    My comment was te impulsief, maar ja ek voel net baie vir my taal.

    Hoop dat dit aanvaar sal word, julle bly per slot van rekening die nommer een luisterbare radiostasie.

  2. Blou Bul says:

    Ten minste se jy dankie en jy weet wie is jou opperhelper.

  3. meermin says:

    Lekker dag vir jou meneer VDS!

  4. janine says:

    Eks bly pa het vir my ook dankie gese ek het pa baie bygestaan en ondersteun maar pa moet nie dankie se nie dis my plig as dogter

    Anyway dit was baie lekker so dis wen-wen situasie

    love u
    janine

  5. janine says:

    11 augustus daai comment van anonymous ek het vir jou ook ‘n boodskappie gelos

    Pa moet regtig nie pa an so low life steur nie