As mens begin dink oor die lewe…

Was ‘n interessante naweek vol van belangrike besluite wat geneem is en waaroor lank getob is, die uiteinde van my hele Saterdag in die bed is dat ek besluit het my eie toekoms en die toekoms van WVDSP is baie meer belangrik is individuele persone en die se ego’s etc.

Ek het ‘n verantwoordelikheid, daar is mense wat op my staatmaak vir ‘n lewe en ek is nie van plan om enigeen teleur te stel deur nou die bal te laat val nie. As jy een van die kinderagtige karakters in die lewe is wat met kinderlikheid my lewe ontsier en jou stront op my laat afskuur, verloor my nommer, ek het klaar joune verloor, moenie my bel nie en vergeet van my, my projekte of enige deel aan enige projekte waarby ek betrokke is in die toekoms.

Die bybel se as jou hand jou pla sny hom af, wel dis wat ek gaan doen, alles en almal wat nie ‘n positiewe bydrae tot my besigheid lewer nie, of wat veroorsaak dat ek dae spandeer nie soos ek veronderstel is om te doen nie, dws deur te werk nie, en diegene wat nie verstaan wat ek probeer bereik en hoe ek daarby uitkom nie, ek het nie die tyd om julle te laat stilsit en stap vir stap te verduidelik wat ek doen en hoekom nie, dis net beter dat ons paadjies skei hier en nou….kla!

So behalwe vir die gedinkery oor die naweek was dit my uitsluitlike doel om so sleg as moontlik te wees die naweek, iets wat ek Saterdagmiddag so teen 18H30 na die Springbokke se toets teen die Argentyne besef het ek is goed besig om reg te kry toe ek sien ek is nog steeds in die bed en het nie een keer opgestaan nie!

Janine bel en vra of ek haar en ‘n vriendin nie bietjie wil uitvat nie…. mmmm wonder hoeveel van die sogenaamde anonymous kenners gaan vandag weer praat oor die “twee jong bokkies” wat Saterdagaand saam my uit was, so kom ek help jou sommer nou al reg, die twee jong bokkies was my dogter en haar vriendin, voor daar weer storietjies is…. en dit was baie lekker, dankie Janine jy is besig om ‘n baie mooi jong vrou te word…

Ek moet darem iets se van ons “superster” swemmers wat dit toe nou nie gemaak het by die Olimpiese spele nie, miskien bietjie minder in tydskrifte uithang en bietjie meer konsentreer op die swemmery…

Hoe is dit moontlik dat ons vier jaar terug huis toe kom met ses medaljes in totaal (Australie het 17 goud gewen!) belowe ons gaan ‘n groter span stuur, harder werk en met ‘n beter span die jaar opdaag, en dan lyk dit of ons nie eers by die skamele 6 medaljes van ons vorige poging gaan uitkom nie! Eish!

Die Bokke het na 30 minute die roes afgeskud teen ‘n power Argentynse rugbyspan wat net ‘n skadu was van die span wat laasjaar die halfeindstryd van die wereldbeker gehaal het en goed gevaar in die tweede helfte, ek voel jammer vir die Argentyne, was self op ‘n rugbytoer daar gewees en ek weet hoe passievol hulle kan wees… daar le ongelukkig nog baie werk voor as hulle saam met die die ander drienasies spanne wil gesels….

Hoe minder ek oor die Westelike Provinsie se hoe beter vir my eie gesondheid…. wys jou net jy kan ‘n hele rugbyspan koop maar jy kan nie trots en lojaliteit koop nie!

Wel dis omtrent dit vir vandag, dis ‘n mal dag vir my…. en vir Adolph, daar is ‘n paar veranderinge wat aan die DVD aangebring word vandag, soos ek gese het dit gaan nou gaan oor WVDSP en nie oor die ander “supersterre” nie, en daarby bedoel ek nie die bands nie, ek gaan bietjie meer van die bands insit en bietjie minder oor die ander sterre van die event!

Dis eerste op die lys vir vandag, teen 16H00 MOET ek in Centurion wees vir ‘n BAIE belangrike vergadering oor ‘n baie groot internasionale event wat ek gelukkig genoeg was om by betrek te word…. mmm nee nie rerig nie, geluk het nie soveel daarmee uit te waai as harde werk nie….

En dan is daar vanaand nog ‘n CD launch waar ek hopelik in Midrand by gaan uitkom, maar ek sal nie geld daarop sit nie, en tussendeur kry ek hopelik my rekenaar aan die gang…ai!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

19 Responses to As mens begin dink oor die lewe…

  1. die brein says:

    Ja jou eie besluite is belangriker as ander mense se wil vir jou.

    Maar dit lyk my Oos Rand Stereo se FOK Afrikaans ons het jule net gebruik deur die jare.Nou finansier ander ons en ons begin die Engelse gemeenskap dien.(moontlik indiers)Ek dink Frans Swart en almal van julle wat net ja en amen is almal `n klomp puppets.

    Oos Rand Stereo stink. Julle is `n klomp verraaiers en Joiners.Fok ORS!!!!!

    Laat slapgat Frans en ORS my mail by beretta@webmail.co.za

  2. die brein says:

    Ek moet seker nie `n respons verwag nie, want gewoonlik gee jy mos nie terug voer nie. Dis mos net one way communication, hier.

  3. Nickey says:

    Wimpie,

    Dit klink vir my julle is highveld stereo. Wat gaan aan hoekom net engels praat? Ek het gedink my man het die stasies verander op die radio……. Nee man kry lewe en wees weer Wimpie asb. Afrikaans is ons taal en ons is trots daarop.

  4. Wimpie van der Sandt says:

    wel dis darem nie heeltemal waar nie brein, ek het hierdie argument gehad toe greg, en joanne en claire saam my die show aangebied het… ORS saai nog steeds 50% in afrikaans uit, dis net omdat jy gewoond is daaraan dat ek bykans NET afrikaans op die show gepraat het, ons speel nog steeds 80% suid-afrikaanse musiek en daarvan is 80% afrikaans…

  5. Anonymous says:

    Wou die comment al Vrydag gepost het … vandag is net so goed, same old same old..!!!

    Jy is so voorspelbaar Wimpie … vinnig om ander mense oor die vingers te raps en te verkleineer, as dit nie JY was wat die actual blooper gemaak het nie. Siestog, en dan defend jy jouself profusely oor ‘n spelfout. “Ons maak nie ‘n groot issue van ‘n BAIE klein probleempie nie, of hoe Wimpels?

    Ek is seker jy is baie talentvol (moet wees want hel die girls vind jou onweerstaanbaar om een of ander misterieuse rede) … net so is 90% van die samelewing baie talentvol, maar die vader alleen weet hoekom jy dit nodig ag om mense te vertrap om bo uit te kom!! En dan nog boon-op al die krediet en erkenning in te palm, vir iets wat eintlik ‘n team effort was. Me, myself and I exist nie in ‘n sukselvolle en winsgewinde industrie nie!!!

    Jy is in so ‘n comfort zone … sprei jou vlerke en kom “maak” dit in die corporate-wereld, waar “nicompoops” soos jy vir breakfast opgeeet word. Op die stadium bestaan jou empire uit ‘n vinnige karretjie en jou DNA uit spook-asem.

    Wil nie te ‘verbal’ raak nie … maar respek word verdien, nie gekoop nie … en by the way … geld koop nie klas nie!!! En asseblief… doen iets aan die engelse aksent!!

    LB

  6. Wimpie van der Sandt says:

    eish LB en jy het dit seker gemaak in die “corporate wereld waarvan jy so graag praat…

    so waarvoor staan LB wees ‘n man en se dat ek weet met wie ek praat.

    dis presies oor mense soos jy wat ek besluite neem wat ek doen en ja ek het nie meer vir jou, as ek jou ken, of jou maatjies nodig wat jou opsteek en of kak in jou kop praat nie…

    hoekom doen jy nie die moeite en vra my wat die ware feite is voor jou jou klippies kom gooi nie, ek daag jou uit, teen my beter wete om dit te doen want ek weet jy sal nie maar as jy wil kontak my by info@wimpie.co.za vir die ware feite, dink ek wag in spanning vir niks want dit sal natuurlik jou cover blaas…. maar nou ja!

    oor die spelfoute, hierdie is ‘n blog nie ‘n boek nie, en dit word baie haastig gedoen/…. en die meeste is tikfoute, mnr. of mev. perfek…. hehehe

    ek wag in spanning en ek dink verniet….maar nou ja!

  7. Wimpie van der Sandt says:

    o ja LB ek dink ek weet waar jy jou ‘inligting’ vandaan kry so he die guts om vir my te skryf toe, of hou op my blog lees…. en heel duidelik hou op my show luister, het jou radio ander knoppies…. wel druk dit! of is jy so betrokke dat jy MOET maar net hoor wat ek dalk weer oor jou, of jou vriende se….ai man dis so sad!

  8. Anonymous says:

    Was daar nie ‘n 3de “jong bokkie” saterdag saam jou dogter en haar vriendin nie wimpels????

  9. Wimpie van der Sandt says:

    aanonymous…. ja daar was…

  10. Anonymous says:

    Sjoe maar ons is eerlik vandag. Haar naampie dalk yolandi???

  11. die brein says:

    Ai fok wat het die man se liefdes lewe met enige een uit te waai?Almal wat so bitch oor sy seks en girllife ……..Get a fucking life.

    Ja Wimpie julle was nooit 50/50 nie, dit was nog altyd 80% Afrikaans en 20% Engels.Gelukkig erken jy dat van my bewerings waar is want jy se dis darem nie “heeltemaal” waar nie.So waar daar `n rokie is, is daar `n vuurtjie.

    Stelsel matig gaan ORS ons taal afskaal.En `n Highveld Stereo beeld aanneem.

  12. die brein says:

    Dankie Nickey gelukkig sien ander dit ook raak.

  13. Anonymous says:

    Wonder wanneer gaan Yolandi bietjie comment op die blog. O ja, sorry, sy is mos blond…

  14. Nickey says:

    Jip brein

    Ja dit is soms n doring in die vlees maar ek ondersteun ors baie goed en betaal ook die huur so eintlik moet ons petisie optrek oor meer local meer lekker en die “Breakfast Show” Ontbyt tyd maak

    Nickey

  15. Anonymous says:

    Wimpels het seker baie belangrik gevoel tussen die 3 jong bokkies. Ek meen yolandi is seker nie veel ouer as sy dogter nie.

  16. Nickey says:

    Anonymous,

    Ek het nou net gesit en wonder terwyl ek my emails lees. Het jy nie dalk n oog op die Yolandi nie wat pla sy jou tog so? Of is jy die tipe wat heeldag sit en mense dophou op die internet? En nie n lewe het nie. Wel kry een en gee kritiek op n positiewe manier.

    Nickey

  17. die brein says:

    Hiermee my openbare opregte appologie/verskoning vir enige inkriminerende of kwaadwillige aantygings wat ek teen ORS of Frans geuiter het.

    My comment was te impulsief, maar ja ek voel net baie vir my taal.

    Hoop dat dit aanvaar sal word, julle bly per slot van rekening die nommer een luisterbare radiostasie.

  18. Wimpie van der Sandt says:

    sorry julle ek kry nie gepost vandag nie so hier is my post!

    Snaaks hoe ‘n mens se skryfstyl jou weggee….

    Anyway ek is opgewonde, nie veel tyd om my aan die skindertweeling te steur nie, ook snaaks hoe jy iets vir een persoon vertel en daai storie weer vanaand by jou uitkom en dan smile jy maar net want mense is maar mense en grawe hulle eie gate!

    Na ‘n hengse dag van BAIE harde werk, ek het ongelukkig nie tyd om heeldag op blogs te comment nie…..mmmm ek werk actually sal ook graag heeldag op facebook wil chat maar nou ja, my nie beskore nie!

    Dit was letterlik ‘n baie blou Maandag gewees een wat my geduld tot die uiterste beproef het, ‘n halwe tenk petrol later en 23H00 gisteraand kon ek uiteindelik rustig by die huis die master DVD van die Klipdrift BOTB le en kyk…. en aantekeninge maak…. en notas uitruil met Adolph per telefoon by sy huis in Pretoria, besig met die laaste veranderinge aan die CD omslag, binneblaaie en lirieke….en, en, en.

    Na twaalf gisteraand le ek nog wakker en besef ek moet nog die voorwoord skryf…

    0H15 vanoggend is hierdie die beste wat ek kon doen:

    Waar begin ‘n mens….. seker maar by die begin is ‘n goeie plek en die begin was een Dinsdagaand by Firkin toe Riaan en Wimpie 2 my vra wat dink ek van ‘n tipe van ‘n Idols vir Bands.

    Dankie vir die idee, ek dink nie een van ons het besef hoe groot dit kan word nie.

    Dit was awesome en ‘n voorreg om by betrokke te wees. So iets is nie moontlik sonder borge nie so dankie Klipdrift, Carnival City, Next Music, Radio Platorand en Blue Division, dankie vir alles.

    Persoonlike dankie vir Anita, you rock girl, en as daar nog ‘n band is wat nie by haar geregistreer is nie moet julle, julle koppe laat lees, dankie vir alles!

    Riaan en Wimpie van Klipdrift wat hulle brand goed verteenwoordig! Julle is ‘n voorbeeld vir elke verteenwoordiger in die land en ‘n plesier om mee saam te werk. Dankie vir al die laat aande, min slaap en ja… dankie vir die kopsere!

    Adolph dankie dat jy al my idees in dade omsit, dankie vir die great werk op hierdie CD van jou awesome cover design tot by die redigering van die DVD saam met Micheal en Pierre. Dankie julle ek weet dit was baie vinnig maar julle het gewys wat julle kan vermag.

    Dis ‘n hengse taak om almal te bedank sonder om iemand uit te sonder, ek probeer my bes! Dankie Yolanda Barnard, Gavin Prins, Anton Alberts, Rob, Johan en Paul van Next Music, Rea Le Roux en Snotkop wat vir my opgetree het as beoordeellaars oor 12 great weke, dankie Rea vir die MC werk!

    Dankie ook aan die drie beoordeellaars van week 1 af Wimpie, Riaan en Henry, ons sal ietsie moet braai om te herdenk wat alles gebeur het.

    Adriaan van der Merwe dankie vir die opnames, geduld en redigering, die laataande en dankie dat jy aan die stuur was van die produksie van my heel eerste CD!

    Jakkie Louw, Gerhard Steyn, die nimlike Joe F en Snotkop vir julle optrede by die final, julle is soos my dogter sê, die shit, so van haar gepraat dankie, Janine sommer net dat jy, jy is en my so baie aan myself laat dink, dis scary!

    Dewald en Anri vir ‘n lekker aandjie by die semifinals en vir die bietjie MC werk op die DVD!

    Laastens maar beslis nie die minste nie, Yolanda en Jaco van Carnival City en natuurlik vir Byron en Siswe vir die klank en Tumi vir die beligting wat spectacular was vir 12 weke lank, dankie Ferdi vir jou hulp by die deur elke Dinsdagaand.

    Hierdie CD wat jy in jou hand vashou is die eerste van baie en ‘n platform om nuwe Suid-Afrikaanse musiek aan jou voor te stel. Oor ‘n paar jaar van nou gaan elkeen van die bands op hierdie CD huishoudelike name wees… onthou jy het eerste hier van Hansie Slim, Ladiva, Motel Ink, Die Maverick, Scintillate, Root of Eternal, The Reason, Cunning Brad, Scaffold 37, Whining Orphans, My Untold Legacy gehoor.

    Dankie aan jou wat hierdie CD gekoop het en plaaslike musiek ondersteun, al my vriende en familie wat soms met my dikbek moes opgeskeep sit, dankie vir al die ondersteuning en die motivering deur die afgelope jare en spesifiek deur die winter van 2008 by Carnival City.

    Dankie aan my Hemelse Vader vir sommer net alles!

    2009 gaan nog groter en beter wees, tot dan druk hierdie CD in jou CD speler sit die volume lekker hard en ROCK ON DUDES!

    Wimpie van der Sandt
    http://www.wimpie.co.za

    Ek hoop nie ek het iemand uitgelaat nie, ek glo nie, more plaas ek die uiteindelike voorblad, binneblaaie en agterblad sowel as die actual CD en DVD ontwerp vir julle, vanmiddag 14H00 MOET alles by die printers wees as daar enige kans wil wees dat ek my eerste CD’s teen die einde van die maand op die rakke wil he, en meer belangrik voorraad vir die eerste CD-launch op 5 September in Witbank by die skou!

    Sorry ek het nie tyd om aan julle bespiegelinge oor my liefdeslewe deel te neem nie, party van ons het ‘n regte werk! Bespiegel maar lekker voort, klink vir my die helfte van die lesers op hierdie blog is verlief op die arme Yolandi…..en/of jaloers…

    Eish girl ek is jammer dat jy so betrek word by die kinders se dinge…. vir die rekord sodra ek op trou staan en/of reg is om enige soort aankondiging te maak…. DAN SAL EK DIT DOEN!

    Vir nou is daar nog nie iets om te se nie, ai!

    Lekker dag, myne is rof, alweer, so verskoon my as ek nie comment op al die bespiegelinge van die kiddies vir die res van die dag nie.

    Wimpie

  19. Janine says:

    Wat het my pa en die girls wie hy sien met jou JR en jou vriende uitewaai jis jy het so n obsessie met my pa want jy doen moeite om uit tevind met wie waar en hoe oud en hoelaat en al daai details uit tevind van wat hy op naweke doen as ek en my pa besluit om bietjie uit tegan het dit nix met jou tedoen nie

    en weet jy jys jaloers want my pa kan ‘n meisie kry ja aantreklik nou kry jy dit nie reg nie shame nog altyd gesukkel ne ek wonder hoekom dalk oor jy teveel tyd aan my pa se blog en show en lewe spandeer dat jy jou lewe verby kyk.

    jou IDIOOTLIKE KLEIN AROGANTE “SEUNTJI”
    jy beter hoop en bid ek loop jou nooit weer iewers raak nie!!!!!jy maak soveel vyande vir jou jy gan groot moeilikheid op tel glo my daars teveel mense lus vir jou en jy soek daarvoor.

    Griet wanneer gan jy ooit groot word jys al suppose om ‘n groot man tewees en nou maar anvaar jou sussie kan haar eie mans kies en dit self opneek en daar oor kom man sy het anbeweeg nou hoekom kan jy nie.

    so by the way Yolandi hoef nie te comment nie sys baie beter as jy en sy steur haar nie an wat iemand soos jy van haar of my pa dink nie weereens dit het net mooi nix met jou tedoen nie.

    Hoop ek loop jou weer raak om die waarheid tese ek sal laaik om jou face 2 face tevertel wat ek dink ek fight my battles ek skryf nie anonymous nie jy kan my ook maar uithaal en ek sal dit vat en terug fight want die MY PA van wie jy praat

    Wees reg ek sal ook speerder speel en uitvind waar jy is naweke ek weet waar jy gewoonlik uithang by jou sus hulle en ek sal nie bang wees om tepraat nie.

    Sien jou weer ou JR lekke dag vir almal.

    janine