25 vrae

Lang konsultasie sopas gehad oor ‘n paar sake, net seker gemaak ek het niemand belaster of se naam geskend nie, smaak my ek is in die clear…

Dit bring my by die volgende vrae wat ek myself moet afvra en dan beantwoord.

1. Wie se show was dit?
Brikor, hulle het alles bedryf ek het die show georganiseer teen ‘n 20% kommissie tarief op die kaartjieverkope.

2. Wie het die show se admin en finansies behartig?
Brikor het hulle boekhouer opdrag gegee om bestuur en beheer van die show oor te neem.

3. Wie het die uitbetalings van die kunstenaars, klank, stadion, bemarking etc. hanteer?
Alles is deur Brikor se boekhouer gedoen.

4. Wie het die opbrengs uit die konsert (kaartjieverkope) van Computicket gekry?
Brikor.

5. Het Wimpie sy 20 % gekry?
Nee

6. Het Steve en Anton enige betalings ontvang?
Ja hulle het elk R225 000 ontvang.

7. Het Brikor na die show belowe om die res van die kunstenaars se gelde te betaal?
Ja herhaaldelik aan myself, Lindi, steve se agent en aan Renatha, anton se agent, herhaaldelik.

8. Hoeveel onbeantwoorde oproepe het Wimpie aan Brikor gemaak die afgelope 6 maande waar die telefoon nie beantwoord is nie of boodskappe nie beantwoord is nie?
Letterlik honderde.

9. Het dieselfde met Anton en Steve se agente gebeur?
Ja

10. Is Wimpie in die pers belaster?
Ek haal aan:

Gister het Goosen ook ’n verklaring uitgereik waarmee Hofmeyr volgens Viljoen “in breë trekke” saamstem en waarin Goosen kwalik sy woede teenoor Van der Sandt wegsteek. Hy praat van “boereverneukery”. en nog:

“Die lae opkoms by die konsert (net meer as 1 000 mense) moet egter gesien word teen die agtergrond van die swak beplanning aan Wimpie se kant. Ondanks waarskuwings daaroor het Wimpie gekies om die konsert te hou op dieselfde dag wat ’n Super 14-wedstryd op Loftus plaasgevind het en internasionale kunstenaars soos Celine Dion en Joe Cocker in die omgewing opgetree het,” sê Goosen.

en nog:

Goosen “bevraagteken die doeltreffendheid van die bemarking” wat “die taak van die organiseerder in oorleg met die borg was”.

en nog:

Albei sangers sê vir hulle gaan dit nie oor die geld nie, maar is dit belangrik dat hulle as senior sangers in die bedryf “nou sterk standpunt inneem oor sangers wat gekontrakteer word en nie betaal word nie”.

“Dit gebeur deesdae heeltemal te veel dat sangers só misbruik word. Iewers moet ons ’n ferm standpunt inneem ter wille van jonger sangers wat nog geldelik sukkel,” verduidelik Goosen gister. en nog:

Die prokureur met wie hy en Hofmeyr gekonsulteer het, het reeds ’n aanmaningsbrief aan Van der Sandt laat stuur, maar dit kon nie aan hom bestel word nie “omdat ons nie weet waar hy is nie nadat hy weg is by Oos-Rand Stereo, die radiostasie waar hy nege jaar gewerk het”. (Dit word gesugereer dat ek weghardloop en niemand weet waar om my te kry nie, ‘n blatante leuen vir twee redes 1. ek het net bedank as aanbieder van die ontbytprogram a.g.v. werkslading en ek werk nog STEEDS by die radio as bemarkingsverteenwoordiger en 2> hierdie berig Dinsdag verkyn en daar is Vrydag berig dat die prokureer my nou wel “binne dae” gaan dagvaar).
Besluit dis self oor daai vraag.

11. Het Wimpie verlies gelei?
Ja duidelik.

12. Was daar ‘n verlies aan inkomste vir Wimpie?
Heel duidelik ja.

13. Het al hierdie gebeure Wimpie se besigheid in ‘n swak lig gestel en gaan dit dinge vir hom in sy beroep moeilik maak?
Ja

14. Was hierdie kritiek geregverdig gesien in die lig van die feite van die saak?
Nee

15. Het Wimpie ‘n saak om ook te begin dagvaardings uitreik?
Ja, drie van hulle.

16. Is daar enige poging aangewend om die ware feite aan die publiek oor te dra?
Verskeie kere deur Wimpie self wat nie oorgedra is nie.

17. Hoeveel verlies aan inkomste het Wimpie verloor?
Onmoontlik om te bepaal.

18. Wie het hierdie hele komplot agter die skerms beheer?
Sonder om name te noem, die volgende het gebeur, daar is Saterdag ‘n naamlose boodskap op my blog geplaas, waarvan ek in besit is van die IP adres, in hierdie boodskap is gese Wimpie het nie die kunstenaars betaal nie en behoort se motor te verkoop om hulle te betaal. Direk na hierdie comment het ‘n joernalis ‘n oproep ontvang van iemand wie se naam aan Wimpie bekend is, en afgetip oor ‘n comment op Wimpie se blog. Toe Wimpie iemand hieroor uitvra antwoord dieselfde persoon per e-pos:
Ek was maande laas op jou blog

Waar kom jty daaraan>

xxxxxxxx het my gebel

So ook xxxxx
Snaaks die joernalis het seker dan die oproep met ‘n maande lange delay ontvang.

19. Wil jy se wie die persoon is?
Nee ek stel nie ander mense in ‘n swak lig soos hulle vir my nie.

20. Volgens Beeld het Wimpie die verkeerde datums vir die vertoning gekies, wat is die ware feite?
Beeld se: Ondanks waarskuwings daaroor het Wimpie gekies om die konsert te hou op dieselfde dag wat ’n Super 14-wedstryd op Loftus plaasgevind het en internasionale kunstenaars soos Celine Dion en Joe Cocker in die omgewing opgetree het,” sê Goosen.
Van der Sandt sê daarop dat die datum vir die konsert in September 2007 reeds met die sangers vasgeknoop is en dat hy toe niks kon geweet het van ander sangers en rugbywedstryde op 1 Maart nie.
Die ware feite is dat die datum 1 Maart deur die kunstenaars self vasgemaak is as die enigste beskikbare datum waarop almal die konsert kon doen.

21. Het jy dit so aan die joernalis meegedeel?
Ja

22. Hoekom is dit nie so in die berig geskryf nie?
Ek weet nie.

23. Wat gebeur nou verder?
Twee van die vier partye is tans in onderhandelings met mekaar en ek is ook tans in konsultasie met’n regsverteenwoordiger.

24. Wat verwag jy?
Ek verwag dat die saak reggestel en my naam in ere herstel word en dat geregtigheid geskied aan ALLE kante.

25. Glo jy nog in “persvryheid?
Nee.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.