24 uur…verander almal in kampvegters

Ek gaan nie ‘n moordkuil van my hart maak en se dis gemaklik om met ‘n dolk in die hart rond te loop nie want dit is nie, wat ek wel kan se is die lewe gaan aan en mens moet elke uitdaging in die oe kyk en daardeur werk.

Ek se my laaste se oor die hele sad saga onthou ek wou nie gehad het die waarheid moes uitkom oor hoeveel mense actually betaal het vir die show nie maar my hand is deur Anton Goosen forseer…

Ek haal die Beeld van Donderdag aan, Anton is aan die woord…

““Dit gebeur deesdae heeltemal te veel dat sangers só misbruik word. Iewers moet ons ’n ferm standpunt inneem ter wille van jonger sangers wat nog geldelik sukkel,” verduidelik Goosen gister.”

Wel hierdie is Wimpie van der Sandt se woorde….

“Dit gebeur ook heeltemal te veel vandag dat kunstenaars die publiek en promotors uitbuit met belaglike fooie waar niemand behalwe die knstenaars, geld maak nie, ;n skool of ‘n kerk kan nie meer bekostig om kunstenaars die fooie wat hulle vra te betaal en nog te probeer ‘n wins maak nie” dan word ek nou maar vandag ‘n kampvegter vir diegene wat nie derduisende rande wins maak op elke show nie…

Vandag was ‘n helse beprowing vir my gewees en ‘n dag vol ups and downs. Ek vat alles ‘n dag op ‘n slag en verwerk alles na die beste van my vermoe. Dit grief my net dat ek weet ek is onskuldig in ‘n ding ingesleep wat soveel beter opgelos kon word, ongelukkig moes ek dan ook op die ou einde die waarheid oor die brugbou show vertel omdat ek geen keuse gelaat is nie, laat die waarheid dan maar uitkom en as kunstenaars/mense? se reputasies in die slag moet bly dan so be it dit was nie my keuse nie, ek het tot op die einde daarvoor geveg, hoe ander mense dit sien is nou buite my hande, gelukkig het ek ‘n forum waar ek kan se wat het gebeur, en om te dink ek wou die blog staak, gelukkig het ek nie.

My kant van die saak sal breedvoerig in die pers gedek word die volgende paar dae en dis al wat ek voor kan vra. Slegte publisiteit het maar ‘n way om mens te hap aan die gat maar dit hap albei kante toe ne HENRE?

Dankie vir al die e-posse, sms’e en oproepe van mense wie ek dit die minste van verwag het in die bedryf, ek het ‘n nota gemaak van elkeen se ondersteuning en dit sal nie ongesiens verbygaan nie. Ek stel die naweek my saak soos ek gevra is om te doen, dankie vir die geleentheid.

Laat ek dit duidelik stel ek het nog steeds die hoogste agting vir Steve sowel as Anton, ek gaan nie hulle CD’s verbrand of nooit weer luister nie, inteendeel hulle bly van my gunsteling sangers, ek glo as hulle met nabetragting gaan terugkyk sal hulle wonder of dit die moeite werd was om n alles wat Brugbou vir hulle gedoen het deur hierdie proses te gaan het, ek glo hulle sal ook twyfel.

Ek staan by wat ek gese het in my vorige twee inslrywings en berus daarby en basta, ek verwys ook alle medianavrae na hierdie twee inskrywings op my blog behalwe een onderhoud wat ek oor die naweek toestaan waarin ek bietjie meer sal vertel.

Ek gaan nie die name noem van die mense in die bedryf wat my ondersteun nie, maar glo vir my daar is baie, ek is nie van plan om te gaan le nie, my ma het nie quitters grootgemaak nie en daarmee beskou ek dan hierdie sakie as afgehandel, indien Steve en Anton wil voortgaan met hofgedinge dan maak ons so, al my feite is agtermekaar ek het bewyse van alles wat ek se al is daar nie enige samewerking van die ander kant af nie, ek het met die voorste vermaakregskenner op die gebied gepraat en hy verseker my ek het talle opsies selfs een waar ek kan geldmaak indien ek dit sou verkies.

Maar dis ‘n gesprek vir ‘n ander keer, vir nou gaan die lewe voort en ek het ondersteuning van baie kante so baie dankie daarvoor, hierdie sal in baie opsigte ‘n slegte smaak vir baie mense in die mond laat maar dit is tot daarnatoe.

‘n Laaste ding HENRE ek laat my nie afdreig deur mense wat agter skuilname skuil nie, bring it on dude kom ons vertel die waarheid van brugbou!

Ek sit in die hoek, dolk deur die hart lek my wonde maar my kop is nog altyd hoog en sal daar bly.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.