225000 verkeerde feite…

Ek het besluit om niks verder te se nie en geregtigheid sy gang te laat gaan, maar ek kan darem nie Anton se stellings in die Beeld laat verbygaan sonder om enigiets te se nie.

Feit is dat ek alles in my vermoe gedoen het om ‘n sukses van hierdie show te maak, as jy na afloop van ‘n bemarkingsveldtog van R1.4m net 1100 kaartjies, teen 50% afslag kon verkoop moet jy weet daar het iets anders groot fout gegaan….. wat dit is vertel ek die naweek.

Dit is net eenvoudig lagwekkend dat hulle nie weet waar om my te kry nie aangesien ek nog Saterdag met Anton op die foon gepraat het en steeds by ORS bemarking doen.

Die 4000 mense wat die konsert bygewoon het was nagenoeg 3000 komplimentere kaartjies wat weggegee is om onder andere die twee kunstenaars se reputasies te beskerm.

Ek vind dit vreemd nadat die kunstenaars “net” 50% van hulle fooi gekry het…..dis nog steeds die meeste geld teen R225 000 elk wat enige Suid-Afrikaanse kunstenaar nog ooit vir enige show betaal is, en die totale inkomste net R193 000 beloop het, feite wat ek kan staaf, dat hulle kan se “dit gaan nie oor die geld nie”.

Gaan dit dan oor die feit dat na al daai bemarking net 1100 mense oortuig kon word om kaartjies te koop, of waaroor gaan dit dan?

As dit nie oor die geld gaan nie, hoekom is ons by hierdie punt??

Alle geval soos reeds gese, moenie vir een oomblik dink ek het nie ook ‘n kontrak wat ek nie met e-posse kan staaf nie, as dit nie oor die geld gaan nie dan is dit nou seker tyd dat die ware Brugbou feite aan die lig kom, ek verskaf dit graag na konsultasie met my regspan en raadgewers.

Almal het gepraat…. ek praat binnekort, hou die spasie dop.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.