10 vrae?

Ek ontvang gister hierdie e-pos by die radiostasie:

Hallo Wimpie

Ek en my man het so drie maande gelede Alberton toe getrek van Bloemfontein af. Daar het ons gereeld na OFM geluister en was gretig om te hoor of daar ‘n plaaslike radiostasie is wat ons in Alberton na kon luister.

Een oggend het ek toevallig in my motor gery en op julle radiostasie afgekom. Ek of ons, is van toe af geswore aanhangers van jou program, ek waardeer veral jou reguit manier van iets se.

‘n Pluimpie vir jou is dat ek dink jy is enige tyd in die klas van mnr. Kitching wat OFM, se ontbytprogram aanbied. Lekker was my verbasing om op jou blog af te kom toe ek jou naam google op die internet, nou is ek verslaaf aan jou blog ook!

Ek kan nie glo hoe mense jou moeilikheid gee nie maar ek het waardering vir die reguit manier wat jy daarmee deel. Ek hoop nie jy dink ek is voorbarig nie maar ek het ‘m paar vrae wat ek graag by jou wil weet en sal bly wees as jy ‘n paar minute kan afknyp om dit te beantwoord, ek sien jy is ‘n baie besige man!

1. Hoe hanteer jy die verskriklike kritiek wat saam met jou werk gepaard gaan?

2. Hoe lank is jy al ‘n uitsaaier en hoekom by Oos Rand Stereo hoekom is jy nie al na ‘n groter stasie nie?

3. Wat gaan nou regtig aan met jou liefdeslewe?

4. Wat doen jy as jy nie werk nie?

5. Hoe lyk jou idiale meisie?

6. Waar gaan jy heen as jy uitgaan?

7. Wat is jou politieke sieninge?

8. Wat is jou gunsteling kos/kleur?

9. Waar sien jy jouself oor 5 jaar van nou af?

10. Wat luister jy in jou kar?

Hoop nie jy dink dis voorbarig nie, maar ek/ons ken jou nie al 10 jaar lank nie en ek het die leisie met behulp van my twee kinders, my dogter is 13 en my seuntie is 10bymekaar gemaak en dis wat ons almal graag wil weet.

Vriendelike groete

Susan Ehlers.

Dankie vir jou briefie Susan.

Ek antwoord jou maar sommer hier op my blog sommer vir twee redes, eerstens ek is so half in ‘n Vrydag bui, nie lus vir diep dinge skryf vandag nie, en ons kan nie e-posse van die ateljee rekenaar af beantwoord nie, ek weet self nie hoekom nie, en jy het gese jy lees hierdie blog so ek weet jy sal hierdie raaklees dan.

Okay ek nommer die antwoorde dan maar soos jy dit gevra het!

1. Maklik jy ontwikkel ‘n renostervel, ek is lankal verby die punt waar ek al die mense al die tyd probeer gelukkig hou het, ek het lankal besef dis nie moontlik nie, daar gaan altyd mense wees wat nie met my saamstem, ek is te uitgesproke om nie kontroversieel te wees nie, dit gaan maar saam met die werk, ek kan enige kritiek hanteer, dis net wanneer dinge persoonlik op my gemik word deur mense waqt ek weet ander agendas het wat ek bietjie kwaad raak, maar oor die algemeen steur ek my maar dadels daaraan.
Net een ongeskrewe reel as dit by kritiek kom moenie my geliefdes daarby betrek nie, andersins kan ek dit baie goed uitdeel en dan moet ek seker maar bereid wees om dit te kan vat ook, en ek doen en dit pla my nie meer nie, selfs Madiba het kritici so wat maak my beter as dit?

2. Ek wil graag se my hele lewe lank, ek het al my eerste rugbywedstryd in graad 1 uitgesaai, maar nee hierdie is my 10e jaar van uitsaai en meer spesifiek by Oos Rand Stereo, dis my negende jaar van die ontbytprogram. Lojaliteit is baie belangrik in my lewe en ek bly lojaal aan die radiostasie, dis nie soos anonymous nou die dag gese het, dat geen ander stasie my wil he nie…
Ek het so ‘n paar jaar gelede, ek dink dis seker al so vier jaar terug, ‘n aanbod van Terrance April gekry, destyds stasiebestuurder by RSG om te skuif, ek het destyds nie kans gesien vir die ryery nie, het ook al ‘n paar geleenthede by ander stasies gehad maar ek geniet die vryheid wat ek so nou en dan nog het by ORS!

3. Niks… nee rerig daar is iemand wat ek mee vriende is maar ek het geleer om alles ‘n kans te gee om nie in iets in te rush nie, so ek doen nie, ons is vriende op die oomblik, soos ek vriende is met baie mense en ek sal maar wag en kyk wat ontwikkel van hier af, ek praat nie oor my vriendskap nie want ek dink nie dis reg om my vriende aan die publiek bloot te tel nie, daar is baie wimpie-haters in die lewe!

4. So min as moontlik, maar onthou my werk stop nie na ORS in die oggend nie ek bedryf nog my eie besigheid ook so ek werk twee derdes van die dag, daar is nie veel vrye tyd nie, wanneer ek ‘n ruskans kry fliek of lees ek graag, en deesdae het ek begin visvang…

5. Soos Jessica Simpson! Nee, iemand met verstand met wie eik kan praat, en sy moet mooi wees…. hehehe!

6. Dis baie min dat ek uitgaan wat dit nie werkverwant is nie, maar ek hou van lekker kuier saam met goeie vriende, ek hou nie daarvan om klubs of pubs toe te gaan nie, ek haat dit wanneer vreemdemense by jou kom staan en snert praat oor dit of dat wat jy op die radio gese het en nie jou privaatheid respekteer nie, ek vermy dit nou maar deur mie meer in my tuisdorp uit te gaan nie, ek gaan na plekke toe waar mense my nie ken nie en ek sal myself NOOIT IN MY LEWE voorstel as Wimpie van die radio nie! dAAR IS MENSE WAT DIT DOEN EK SAL DIT NOOIT DOEN NIE, EK HOU NIE VAN DIE LIMELIGHT NIE, EK IS EERDER WIMPIE VAN WIMPIE VAN DER SANDT PRODUKSIES AS WIMPIE VAN DIE RADIO! Ek wens almal wil so wees want dis embarassing as ander mense dit doen…

7. Maklik almal het ‘n vryheid van spraak en almal is geregtig op ‘n opinie wanneer jy, jou opinie op ander afforseer het ek ‘n probleem, ek glo aan mense regte maar jou menseregte gee jou nie die reg om ander groepe of kulture te onderdruk nie…. en moenie met mense se taal, kultuur en waardes rondvoeter nie… in kort doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he, dan is die wereld vir almal ‘n beter plek!

8. Ek is mal oor ‘n goeie Kerrie en die kleur blou en of pienk!

9. Agter die stuur van verskeie kunstenaars en my plate maatskappy, besig om die vyfde seisoen van my televisie program saam met Adolph te bespreek.

10. Radio luister ek 702, wi8l graag hoor wat dink ander mense, musiek luister ek tans die Klipdrift Battle of the bands CD…. vir obvious redes!

Dankie vir die belangstelling mev. Ehlers, lekker naweek vir almal!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to 10 vrae?

  1. meermin says:

    Lekker naweek!!

  2. Nickey says:

    Wimpie

    Dankie vir die vrae wat jy beantwoord het nogal interressant dat niemand ooit daaraan gedink het om jou te vra nie.

    Maar nou weet ons almal……..
    Geniet jou naweek!

    Nickey