Un -Freakin- believable!

Eerstens, jammer ek het nie gister geblog nie… Dinsdagaand was ongelooflik maar die gevolg van sulke aande is dat jy eers 04H30 by die huis kom… die laaste ding wat jy dan wil doen is blog…

BOTB was ongelooflik Dinsdagaand, baie geluk aan Hansie Slim, Scintillate, Motel Ink en Ladiva wat dit gemaak het tot in die Final so bietjie minder as drie weke weg…

Meer as 500 mense het opgedaag vir ‘n ongelooflike semi-final, wat ‘n aand, kom ek verduidelik maar eers, daar was voor die tyd groot opgewondenheid maar dit was gou duidelik ons het hier ‘n perdjie opgesaal wat meer is as wat ons kan handteer…

Dankie aan almal wat Carnival City volgepak het, dankie aan al 12 bands wat dit tot hier gemaak het, ek sou al 12 graag daar wou gehad het…. maar dis net ek, ek dink die show Dinsdagaand was seker vir my persoonlik die beste van al die shows wat ek al in my lewe gedoen het, en ek doen al meer as 10 jaar lank shows, die talent was ongelooflik en ek is lus en sign al die bands wat opgetree het…

Ongelukkig moes iemand uitval want daar is net plek vir vier in die final…. Hoogtepunte was daar baie, Motel Ink, weereens was ongelooflik, Watershed se moer en ek se dit nie ligtelik nie, Ladiva was uit ‘n ander wereld.

Ek voel jammer vir Die Maverick, hulle het hulle eie gat gegrawe deur die beoordeellaars af te pie, en ek was nie een nie! Scaffold 37 wat die ongelukkige taak gehad het om alles te begin, Root of Eternal wat so 02H00 Woensdagoggend moes klaarmaak…

Die goeie nuus is die pilot TV program is geskiet en dis bykans verseker dat die Kluipdrift Battle of the Bands volgende jaar ‘n televisie gebeurtenis sal wees…

Die Bands wat dit gemaak het tot in die final is Motel Ink, Ladiva, Hansie Slim en Scintillate, die final gaan awesome wees, ek het in my hele loopbaan nog nooit iets gesien soos Dinsdagaand nie, EK WIL NIE WEET HOE GAAN 19 JULIE WEES NIE!!!

Carnival City se Big Top arena… book by Computicket en doen dit sommer nou….

Ek wil nie myself herhaal nie maar wanneer ‘n groot platemaatskappy soos Next Music sommer opslag twee van die bands wil teken nog VOOR die final…. dan moet jy weet die standaard is ongelooflik!

Heehaa 19 Julie, jammer ek babbel maar ek kan nie wag nie, geluk en simpatie, twee verskillende emosies maar dis hoe dit voel….ai!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Un -Freakin- believable!

  1. Anonymous says:

    Hoop jy voel al beter bietjie rus doen n mens goed! Of het jy heelaand weer gedink aan die 19 Julie?
    Hoe voel jou hoofpyne en die bloeddruk? Hopenlik gaan jy vandag iets begin doen asb.

    groete

  2. Anonymous says:

    Wonder of jy besef hoe bevoorreg jy is om so ongelooflike opwindende lewe te he!!!!

    Ek wil saam!

    Feetjie
    xxx