Uiteindelik naweek! Geniet hom…jy ook anonymous hehehe!

Dis genadiglik Vrydag vir my…. dit beteken een ding, more kan ek soos ‘n gewone mens tot 07H00 slaap, lekker!

Op die foto hier bo is BOTB wenners saam met die uwe, kyk of jy HBK, Wimpie van Klipdrift en Riaan van Klipdrift kan herken, ‘n clue die twee Klipdrift manne is “swaargewigte” en HBK wil graag in ‘n band wees!

Ek het geweet daar sal iewers ‘n kinkel in die kabel inglip wat my naweek aanbetref en my “afnaweek” het eensklaps in ‘n “aannaweek” ontaard.

More dis nou Saterdagoggend neem ons gou Motel Ink se twee songs vir die CD op…ai! Ek laat dit klink na werk maar dit is nie rerig nie, jy sien ek like dit eintlik, en dis eers 10H00 wat beteken ek kan le tot so 07H30…

Dit was ‘n interessante week hier op die blog gewees, ou anonymous wat so elke dan en wan ‘n eiertjie kom le en probeer om my dag of my lewe te versuur, dankie aan HBK productions wat my gehelp het om die IP adresse te trace, lyk na twee adresse wat ons kon opspoor wat met die tyd van die comments ooreenstem, een in Boksburg en kan jy glo een in sentraal Johannesburg, unbelievable, waar is RAU nou weer, o ja is mos in sentraal Johannesburg, wil jy nou meer!

Anyway ‘n paar van my groter as ek pelle, reken ek moet ‘n show aanbied en almal uitnooi en dan die lang slapgat ruggraatloses uitwys sodat hulle met hom kan afreken….hehehe, goeie idee, ek doen dit dalk net…. haai nee toema ek sal nie, hoe se die bybel nou weer, draai die ander wang, ding is net ek het nie meer ander wange om te draai nie.

Gister bietjie die footage van die DVD gaan kyk, awesome en cool. Hier is vir oulaas ‘n paar foto’s wat ek nog nie geplaas het nie, enjoy en geniet jou weekend!

Hansie slim besig om slim te raak!

Scintillate

Adolf van Motel Ink… en my nuwe P.A, welkom aan boord!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Uiteindelik naweek! Geniet hom…jy ook anonymous hehehe!

  1. Anonymous says:

    En toe verdwyn anonymous ewe skielik!!he he he
    Geniet jul naweek
    Monique

  2. Anonymous says:

    hi,Wimpie
    Party mense put genot daarin om reaksie uit te lok. so, ignoreer hom/haar, (anonymous) dan spoil jy al sy fun

    groete
    gerrit

  3. Anonymous says:

    Hi Wimpie,
    Ek kan nie wag vir die BOTB DVD en CD om op die rakke te kom nie, kon nie die finaal maak nie want daar was immigrasie EXPO INTO NEW ZEALAND in Midrand Saterdag so ek dink ek gaan die eerste een gaan opraap!! Moet jou nie steur aan al die jaloerse ape nie. Hulle het niks in hul eie lewe bereik en wil die wat wel het net aftrek tot op hul vlak! Hou net aan jy wees, ek en my gesin geniet jou!!!

  4. Anonymous says:

    Hey Wimpie,

    Sjoe ek was n week laas op jou blog en lyk my ek het baaaaaie gemis! Ek wil jou net gelukwens die show was great regtig!
    Kyk ek het op n stadium begin wonder hoe hoog jou bloeddruk styg en toe kom die aap en laat dit nog hoer styg ai….
    En ek tik ook altyd anonymous want ek verkies dit so ek is nie n celebrity nie hehehehehe
    Geniet jou naweek en ek is bly dat jy gesond was voor jou show hoop die gemmerbier en medlemon het dalk gewerk?
    Janine en sleep jou pa weg van alles en gaan vang vis saam hom of kry n lekker dvd en spandeer tyd saam met hom. Ek dink jou pa is baie trots op jou en jy is n pragtige dogter.
    Soet wees

  5. Blondie says:

    Aai aai
    Kan ons nog ‘n episode mis???

  6. Blondie says:

    …like sand through the hourglass, so are the days of HIS life…