Teleurstellings en suksesse!

Soms is dit nie lekker nie en soms moet ‘n mens aanvaar nie alles wat jy aan glo gaan werk nie, en nie alles wat jy aanpak gaan ‘n sukses wees nie, en dis byna altyd te danke aan die menslikheidsfaktor…

Dis in tye soos die wanneer jy besef jy het sopas drie maande van jou tyd en nagenoeg R15 000 gemors op iets wat nie gaan gebeur nie want jy het ‘n oordeelsfout gemaak.

Dis maar die lewe, dan skryf jy dit maar af as skoolgeld en jy tel dit by die dinge in die lewe wat jy kan klassifiseer as ondervinding en vertel jouself om dit nie weer te doen nie, en dan onthou jy, jy is ‘n skerpioen en het te veel geloof in mense en jy sal dit heel waarskynlik weer eendag doen, dan kry jy ‘n glimlag om die mondhoeke, skryf die hele ou nare ondervinding af en weet jy sal dit eendag beslis nog ‘n keer doen….ai!

Nou ja gelukkig maak een swaeltjie nie die somer nie en het mens eintlik niks verloor as jy eintlik nog nooit rerig iets gehad het nie.

Een ding wat gelukkig nie in bogenoemde kategorie val nie is die Klipdrift Battle of the Bands bny Carnival City. Ek hoor die advertensies hardloop lekker fluks op Highveld 94.7 en ek hoor volgens alle aanduidings verkoop die kaartjies ook fluks, nou ja teen R60 per persoon, 8 bands vir 8 ure van musiek is ek nie rerig verbaas nie…

Net om te recap…. Snotkop, Jakkie Louw, Joe F, Gerhard Steyn, Motel Ink, Scintillate, Ladiva en Hansie Slim is almal in aksie by die groot finale op 19 Julie in die Big Top by Carnival….eish ek kan nie meer wag nie!

Nou ja dit was my week, opgewonde, hartseer, optimisties, verdwaas, geskok, ekstaties, dit som alles my week op oor die algemeen was Dinsdag ‘n hoogtepunt en gister ‘n laagtepunt…. dis die lewe!

My tip vir die July die jaar is nommer 3 floatyourboat en die Bokke gaan die All Blacks ‘n lessie leer moreoggend!

Ek sien jou vanaand by Firkin in Boksburg, ek het Joe F belowe om hom bietjie te wys hoe drink mens ‘n Tequila…hehehe!

Ek hoop jou naweek is awesome…

Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Teleurstellings en suksesse!

  1. meermin says:

    Môre jy ek kon gister nie ‘n comment los op jou blog nie, vir die een of ander rede het ek my gat afgesukkel, maar naderhand die handdoek ingegooi! Lekker aand vir jou, stadig met daai Tequila’s!! Lekker naweek!

  2. Anonymous says:

    Wimpie Wimpie

    Tequila is lekker ja! Drink net vroeg jou bloeddruk pilletjie want lyk my my raad neem jy nie ter harte nie. Hmm nie eers gepraat oor die hoofpyn nie. Of is die hart seerder as die kop?
    Stadig met nie tequila’s jy gaan nog op jou #### kry met drank.

    Lekker naweek

  3. Anonymous says:

    Okay…sien jou vanaand…lol! Jy kan maar solank vir my tequila bestel met suurlemoen en sout. Solank as wat jy belowe dat jy mooi na my sal kyk.

    Ek gaan saam!!!

    Feetjie
    xxx

  4. Anonymous says:

    Word of advise Feetjie, as jy nie na jouself kan kyk nie, bly maar eerder weg van die tequila en los dit vir die mense wat kan! LOL