Nog BOTB terugvoering!

Ek is nie iemand wat daarvan hou as mense my drolle pruim nie, maar ek dink in die geval is dit geregverdig om so bietjie comments te publiseer na aanleiding van ons babatjie way so mooi groot geword het die laaste drie maande en na Saterdagaand ‘n nuwe standaard gestel het vir enige toekomstige band battles…

Ek is gister oorval met oproepe van plekke, ja ek sweer, wat wil he ek moet hulle help met soortgelyke kompetisies om so gou as moontklik te begin, nou as ek die geldgod aanbid het sou ek dadelik daarvan werk gemaak het, maar ek doen nie, so ek gaan nie.

Eerstens laat ek dit gou duidelik stel, om ‘n BOTB kompitisie te doen soos ons die afgelope drie maande gedoen het is BAIE werk, wat deur BAIE mense ingesit is, om die eksklusiwiteit van die hele ding te behou het ek gister ‘n vergadering met my borge gehad en ons het besluit omons almal te verbind aan die sukses van hierdie event en om te onderneem dat nie een van die partye weer met ‘n BOTB betrokke sal raak tot volgende jaar Mei wanneer die Klipdrift BOTB weer sal plaasvind en hopelik die keer op televisie…

Ons gaan ook nie volgende jaar kyk na bands wat ander BOTB kompitisies gewen het nie. Ons wil sorg dat hierdie een spesiaal bly soos dit op die oomblik is en dat die special, special bly as dit vir jou sinmaak!

Ander great nuus i9s dat die semifinaal en die finaal op DVD opgeneem is en dat ek tans daaraan werk om ‘n CD/DVD kombo voor Aardklop op die rakke te het, The best of the Klipdrift BOTB, volume een.

Die idee is om 2 songs van die top 4 op die CD te he en saam met ‘n geredigeerde weergawe van die semi- en finals op DVD en die twee as ‘n dubbel CD teen so R80 op die rakke te he.

Die4 beoogde launch van die CD/DVD combo wil ons dan op die Klipdrift stage by Aardklop doen met al twaalf finaliste in aksie op die Klipdrift verhoog vir ‘n hele dag lank. Hoe klink dit?

Hier is ‘n paar van die comments wat ek gekry het na Saterdag se show, dis nie om te brag nie, dis om die grootsheid van die event te beklemtoon.

Hey my bra!! ek wil net namens Hansie Slim n MOERSE dankie se vir alles!! dit was die beste BOTB wat hierdie land ooit gesien het – hands down!! It’s an experience which will live in our hearts forever!

Dit was vir ons n helse eer gewees om daar te kon wees!!!

DANKIE DANKIE DANKIE!!!!!

Ek weet nie of daar 2 messages gaan deurkom nie, ek het n connection error gehad.
Moerse baie baie dankie vir al jou bloed sweet.
Ek belowe jou dit was worth it. Jy het n epic event begin wat net gaan groter en groter word. Soos jy se: “Idols se gat!”
Uit my hart uit dankie. Die journey was n rollercoaster of note. Scintillate wag nou al vir 2 jaar vir so n geleentheid. Jy weet self hoe moeilik die industry is.
Gisteraand was awesome, regardless van die feit dat ons gewen het. Alles was great, veral die hospitality. Big up!
Jy moet nou lekker rus as jy kan… dan sien ons jou later!
Goed gaan!
Zane

Thanks vir die show, ons het dit baie geniet…

Wimpie
Wil net dankie se vir die geleentheid om deel te gewees het van hierdie kompetisie. Hoop julle het groot sukses met die volgende relings!
Wow julle het awesome bands in die Final!

Groete Johannes Nel
Scaffold 37

Baie dankie – nee wat moes gebeur het gebeur!
Ek is opgewonde oor die kompetisie vir julle part – dink volgende jaar gaan dit massive wees. Alle sukses!

Ek sal weer met jou wil gesels oor die Firkin van Johan in boksburg – dit sal nice wees al kan ons net vir iemand daar kan open.

Weereens dankie!
Groete Johannes
Ns. kyk uit asb. vir ons musiek video en songs op ons fan page op facebook.

Baie geluk met die suksesvolle show. Mag dit die eerste van nog baie wees.

Lekker dag vir jou

Wimpie, die show was beF@K, dankie.
Morras

More Wimpels
Wou jou net gelukwens op een fantastiese show. Ek het dit vreeslik geniet. Weet dit gaan die begin van groot dinge wees vir jou. Baie trots hoe professioneel jy als hanteer het, en sooo bly jy kry uiteintlik die erkenning vir al jou harde werk.

Well done Wimpie!

Vir almal wat nie daar was nie jul het die beste show van die jaar gemis dit was gr8 en dankie pa dat ek dit saam pa kon deel.

Dit was ongelooflik lekker, my stembande is nou nog seer nie te praat van my arme voete nie maar was deur en deur die moeite werd.

Daar is nog baie maar hierdie was vir my spesiaal, dankie almal.

Ek gaan vandag al die foto’s bymekaar kry en hoop om more sommer baie foto’s te kan plaas.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

27 Responses to Nog BOTB terugvoering!

  1. Anonymous says:

    Weereens baie geluk. Dit wil gedoen wees. Geniet die breuk want klink my jy gaan een van die dae weer besig raak.

    Lekker dag vir jou

    Ina

  2. Anonymous says:

    Wimpels!!
    Jy hou darem daarvan om jou eie beuel (of is dit beueltjie) te blaas!
    Ek dink jy is een arrogante mannetjie wat die wereld dink van jouself en hoekom weet ek nie. Ek hoor mos jy stel jouself somtyds voor as Jeremy Mansfield, of is dit jou pickup line vir al daai jong meisietjies, laat ek myself regstel, -seekoeitjies wat jy so roer? Dink jynie dis tyd dat jy girls van jou eie portuur, wat NIE getroud is nie, bietjie uitvat nie?
    Lekker dag WIMPELS!!!

  3. Anonymous says:

    ai ou anonymous

    jy kom maak so elke nou en dan ‘n draai hier want ek lees nogal al die comments wat mense hier maak…

    hoekom wees jy nou nie maar eenmaal bietjie meer braaf as die slangkak wat jy is en sit jou naam by jou comments nie.

    mense so ruggraatloos soos jy SAL nie van wimpie hou nie, ek sien hom nie naamloos comment nie JOU SIEK FOK!

    gaan kry ‘n lewe tot jy die guts het om jouself te identifiseer.

    gelukkis steur hy homself nie aan drek soos jy nie idioot!

  4. Anonymous says:

    nog ‘n ding anonymous het hulle jou nog nie geleer spel daar op universiteit nie, of leer mens dit eers na jou tweede jaar?

    Siek joeloerse klein lang slapgat drol!

  5. Anonymous says:

    Wimpie mag maar sy beul blaas. Wat hy bereik het moet jy nog by uitkom. Kan jy enigsins wys wat jy in die lewer berek het behalwe om ander mense sleg te sê. Ons weet wie jy is jou drol

    Ina

  6. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Ek se weer, jy het nou ‘n blerrie oulike blonde girl aan jou sy, hou haar en maak almal se bekke stil!

  7. Anonymous says:

    Volgens jou facebook foto is dit nie meer blond nie maar donkerkoppie.. so dikketjie wat ek dink amper jou dogter se ouderdom is????
    vir die wat nie weet nie, Wimpie laat nie op hom wag nie…

  8. Anonymous says:

    Komaan, anonymous oor die blonde girl, gee ons almal meer info!!!
    wie is dit???

  9. Anonymous says:

    Meeste van ons wat Wimpie ken weet van Y dis net ‘n kwessie van tyd voor almal van haar weet. Hy het die keer wragtag goed gedoen

  10. Anonymous says:

    Ina Skattebol,
    Gaan sit op jou vinger…

  11. Anonymous says:

    Hehehe, was jy op varsity? Bedoel jy dalk ‘jaloers’ of is jou ‘joeloers’ reg gespel? Dom fok, dit is beuel en nie beul nie!!
    Nog ‘n ding, another thing, dit irriteer die kak uit my uit, it irritates the shit out of me, wanneer Wimpie, when Wimpy, alles herhaal, repeats everything, in afrikaans en engels, in afrikaans and english. Hy is al 10jaar by Oos Rand Stereo, dit se nogal baie dat een van die groter stasies hom nog nie probeer trek het nie!! Hoe se die slim mense wat kan spel? I rest my case!!
    O ja, die ene wat wil weet wie is/was die blond? Al wat ek kan se is dat sy getroud is, en so af en toe nou al by Firkin gesing het!
    Wonder lekker!!

  12. Anonymous says:

    Ag ou anonymous!!
    Hyt dit nie die keer wragtig gedoen nie, want Wimpie neuk dit altyd op….
    Wat was in elk geval fout met al sy andere… het jy dalk gedink dat 14 meisies op eenslag almal verkeerd is??? Ek dink nie so nie.
    En Ina ek moet nogal se, jy maak van ou wimpie ‘n klein afgodtjie!!

  13. Anonymous says:

    Shit wanneer het yolandi by firkin gesing ek het dit gemis nie eers geweet sy sing nie. Ek weet darem sy is nie getroud nie.

    G

  14. Anonymous says:

    Ek het gehoor jy is n Jeremy Mansfield wanabe, ma ons het so lekke nou die aand by die Shaft vir jou gelag toe jy eerder n Nicholis Louw wanabe gtry wees het…. Hoe voel jou maermerrie?

    hehehehe

    Kosie

  15. Anonymous says:

    Almal weet Yolandi is nie gtreoud nie Wimpie, ma wat van Ria….?

  16. Thysma says:

    Wimpie,
    Mense sê jy’s fucktup, stupid, lelik en het nie geld nie? Fok hulle man……….., jy kan dit mos nie help nie!!

    Thysma

  17. Anonymous says:

    Ag julle almal, los vir Wimpie uit!! Hys ‘n fantastiese man, julle is maar net almal jaloers.
    Wimpie, vergeet hierdie mense. Onthou die hoogste bome vang die meeste wind. Dis wanne hulle ophou praat wat jy moet worry!!
    Ek dink as jy bekend is moet jy maar net weet hoe om dit te handle!!
    Sterkte
    A

  18. Anonymous says:

    Julle gaan maak dat wimpie als opmors met yolandi deur julle kommentaar.

  19. Anonymous says:

    En… JY WEET HOE OM DIT TE HANDLE
    A
    :)

  20. Anonymous says:

    Ek hoor hulle het nuwe plastiese snykunde uitgevind wat jou sal kan help met jou KORT probleempie….

    Kosie van Brakpan

  21. Anonymous says:

    Anonymous, JY wat oor Yolandi praat moenie dink jy gaan die blonde afsit nie, want ek ken haar persoonlik!! Sy kry wat sy wil he, so hou op vir Wimpie vrou te soek!
    Hy weet wat hy wil he!
    Petro

  22. Janine says:

    Ai JR wanneer gan jy groot word eks dalk jonger as jy maar ek dink ek kan al se jy moet jou ouderdom check dis alankal tyd om soos ‘n groot mens optetree.
    Jy kan my pa sleg se maar jys te sleg om jou naam tegee wies nou die wanabe, wanneer gan die obsessie van jou met my pa eindig Griet kry ‘n lewe.

    Ek se as jy nie my pa like nie hoekom lees jy dan sy blog, hoekom luister jy in die oggende en waar gan jul begin angan met jul eie lewe en uit my pa sin bly JHO!!!Get a life man.

    Weet jy wat kom ek wees maar beter as jy ek weet die Here weet wat die waarheid is en dat die wiel gelukkig draai onthou wat jy saai gan jy maai

    Ons is beter ek sal vir jou bid ek belowe.

    Onthou pa net die raad wat pa my gegee het lank trug vat ek nou nog saam my deur my skool loopbaan: moenie warrie wat ander mense dink of se nie.

    En weet pa wat ek se dit nou vir pa, pa is gr8 en awsome ek kon nie vir ‘n beter mens vra nie en pa se vriende familie en duisende ander mense dink ook so en ons opinies is al waar oor pa hoef te bekommer.

    Lief pa.
    Janine

  23. Anonymous says:

    Dit klink of dit amazing en ‘n groot sukses was. Baie geluk!! So spyt ek kon nie daar wees nie.
    Moet jou nie steur aan mense wat ander altyd wil aftrek nie, dis nie die krag en moeite werd nie.
    Maar behalwe vir dit, hoop ek dit gaan goed met jou!

  24. Anonymous says:

    Anonymous jou dom drol Wimpie is my neef jy en jou suster moet bietjie groot word

  25. Michelle says:

    Hi Wimpie

    Jy kan baie trots wees op jou dogter. Janine ek is bly dat jy vir jou pa opkom en jy is reg om te se dat die mense wat hom ken is al wat saakmaak.

    Geluk met die sukses van BOTB’s.

  26. Anonymous says:

    is Janine oulik?

  27. Anonymous says:

    Yolandi is my budsie en sy kick-ass.Jul siek comments sal haar nooit afsit nie, so eat your heart out…..asshole!!!!!!!!!