My naweek…ai!

Man dis lekker koud hier in Gauteng….eish!

Ons het so ‘n bietjie shopping gaan doen gister, die mooiste hemde en baadjies vir Wimpie van der Sandt Produksies aangeskaf, en pull up banners, en en en…

Okay nou is die company broke want die uwe kan mos nie hierdie no-name gemors koop wat jy vir so R100 optel nie, nee jong ek is mos ‘n brand mannetjie, ek het probeer, het die cheapies aangepas maar het besluit om myself te oortuig met die ou storie van ‘as jy iets doen, doen dit ordentlik of los dit’…

Dis ‘n hectic naweek wat wag vir my alweer… My pa le in die hospitaal met longontsteking, ek is druk besig met die BOTB eindstryd wat volgende Saterdag gebeur, Dinsdag is ek en Joe F en Gerhard Steyn op die promosiepad skole toe om die show te bemark, eish vier skole in een dag, die arme klankmanne!

Vanaand (Vrydagaand) het ek Eden by Firkin in Boksburg, more doen ek ‘n charity event vir ‘n klein seuntjie, Angie’s day:
‘Angie’s Day in aid of Kyle’ is a Charity Benefit specially put together with the cause of aiding a toddler that is suffering from an “Absent Corpus Callosum”. What this means is that he suffers from a variety of ‘Neurophysiological’ problems such as not being able to willfully control his body. Therefore his brain does not communicate with his body. Without the necessary medical attention Kyle will not have fair chance at living his life…

Let’s do our parts as human beings and contribute to this cause in anyway we can – ANY and ALL support whatsoever is needed and will be GREATLY APPRECTIATED!!

Okay so hulle het my gevra om te help en ek het ingestem so ons doen hierdie teen geen vergoeding nie, omdat ons omgee vir mense wat sukkel en omdat ek dankbaar is dat my kinders almal gesond is.

Die musiekprogram by Angie’s day is soos volg:

11H30 – 12H00 Rudi Muller

12H00 – 12H40 Rea le Roux

13H00 – 13H40 Silhouette (PG Snibbe)

14H00 – 14H40 Hansie Slim

15H00 – 15H40 Motel Ink

16H00 – 16H40 Scintillate

17H00 – 17H20 Tertius

17H20 – 18H00 Cole van Dias

18H00 – 18H30 Vernzevolution

So lyk die line up, dis gratis en verniet dis in Ploverstraat, Struisbult, Springs by die Zincor klub, al wat jy moet bring is ‘n R50 donasie wat net so in die hospitaalrekening vir Kyle gaan, ek sien nie ‘n sent nie en die organiseerders ook nie, dit was my voorwaarde…

Die nimlike Henry Brunnette van ORS is die seremoniemonster en ek is seker hy sal weer opkom met een of twee klikslae oor die blou bulle…hehehe!

Sondag juge ek ‘n talentkompetisie…. ai en ek dog mens rus op naweke… BOTB se kaartjies begin nou lekker verkoop, moenie wag tot op die einde nie, jy gaan NIE kaartjies kry nie, gaan kry NOU jou kaartjies, dis R55 by Computicket, dis al R55 vir 8 ure van lewendige musiek, in ‘n airconditioned Big Top Arena, met agt bands, komaan dis verniet, se my waar gaan jy ooit weer vir Snotkop, Jakkie Louw, Joe F, Gerhard Steyn, Scintillate, Motel Ink, Ladiva en Hansie Slim op een stage sien vir R55… nooit weer nie, simpel!

Wel dis my naweek… hoe lyk joue? hehehe

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to My naweek…ai!

  1. die brein says:

    Goeie more.

    BOTB ja die enigste twee wat ek sal wil sien is Gerhard Steyn en Jakkie Louw ek bly sover van Snotkop optredes af as wat kan kom.
    Het julle al iemand gekry as hulp aanbieder op die Breakfastshow.Miskien moet ek kom probeer, ek kan soms baie kak praat as ek moet.Maar ek glo nie ek het die stem daarvoor nie.Ek sal as Die Brein operate.Maar eks dalk te uitgesproke en ORS sal my gou fire.

    Jy klink bedrywig die naweek, maar as jy wil famous wees is dit die prys wat jy moet betaal.

    Lekker naweek.

  2. die brein says:

    Jy moet oppas wat jy op die lug se ek gebruik dit vir postings op my blog.

  3. Anonymous says:

    Spelling is baie belangrik…. die gort is gaar….hou die spasie dop.

  4. Anonymous says:

    Wimpie

    Hoe lyk die bloedddruk na jou spending gister…. hehehe vir n vrou is dit terapie.

    Vandag is koud ja ek wens ek kan heeldag in die bed bly maar nee ek is te besig.

    Sterkte met jou pa en ook jou naweek. En se vir Jay ek stuur groete. Heng as hy die aanbieder van breakfastshow was sjoe het ek seker gemaak my radio is aan.

    Lekker naweek

  5. Anonymous says:

    Kla jy of Brag jy?

  6. Anonymous says:

    Jealousy makes you nasty!

  7. Anonymous says:

    Dankie tog dis nie my lewe nie, My dae is hectic maar darem nie soos joune nie.

    Geniet dit

  8. Anonymous says:

    oooh, so nou is Rea weer terug op die scene!!
    Of is dit net ‘n lekker tyd vir die naweek?
    Jy gaan weer jou vingers brand
    Aai, aai!!

  9. pokkel says:

    Hi there, my name is Blade, and I am the National President
    of the Knights Of Justice S.A and I just want to inform everyone
    that the charity day for Kyle was a success, even though there’s
    some disputes. People Please
    No where will you get artists and equipment etc for free, there
    was a big mistake made by US all by calculating 400 cloth and
    400 metal badges and get the total of 800 x 50 that gives you
    40’000. The Cloth and metal badges went hand in hand therefore
    it comes to 400 and from this there was 372 sold and that brings the total to 18’600. Sorry we all make mistakes, Wimpie
    was and is right. He did gave his services free of charge, the only thing that was needed to be paid was the sound engineers and equipment used. and we covered the artists that performed there’s petrol, seeing that they too
    did it for free and it is only fear to cover their petrol seeing that petrol aren’t cheap anymore. Wimpie Congratulations on a job well done. AND if anything
    offensive was said I would like to apologize….en ek hoop ons kan die stryt byle begrawe.
    SORRY MAAR DIT LYK VIR MY IEMAND HET DIE KAT AAN DIE GAT BEET…WIMPIE JY’S COOL…..

  10. pokkel says:

    WIMPIE LEES DIE COMMENT VAN POKKEL
    THANX HOOR
    BLADE.
    EK HET SOMMER INGETEKEN, DAN KAN ONS LEKKE CHAT. WEEREENS, JAMMER VIR DIE KKKKKKKKKKK MAAR SOOS EK SE, IEMAND MOET MAAR VINGER ANDER PAD WYS,
    THANX MAATER, LEKKER DAG VERDER.