My lekkerste show ooit, en alles was LIVE!


Nabetragting is altyd ‘n goeie ding…

Kom ek sommer gou se, die Klipdrift Battle was die mees awesomeste event
wat ek nog gereel het, almal was net eenvoudig wondelik om mee saam te
werk.

Net ‘n bietjie interessante stats rondom die heel eerste Klipdrift BOTB
en gewis nie die laaste nie…

Die kompetisie het 12 weke lank aangehou
Meer as 100 bands het ingeskryf
Daar was twee wildcard rondes met 16 bands oor twee aande met agt bands elk
Die bands wat eerste en tweede gekom het was wildcards
Meer as 2000 mense het die uitdunne bygewoon
522 mense was by die halfeindstryd
Meer as 1000 mense was by die finaal ‘n totaal van 3500 mense het die
event gesien
Carnival City se omset op Dinsdagaande het met 3000% gestyg.

Wel dis genoeg rekords vir ‘n eerste poging dink ek, ek is so trots op
almal wat deel hiervan was.

Die final was alles wat ek verwag het en nog meer, hier is wat gebeur het volgens my eie notas en aantekeninge:

Ladiva
Daar is gewis ‘n niche mark vir hierdie girls, hulle skop alles uiters professioneel en rustig af, die be-oordeellaars kan nie uitgepraat raak nie, op hierdie punt moet ek seker noem dat hulle die volgende mense is: Henry Brunnette, Wimpie Rudolph, Riaan Groenewald, Roy o’ Brien van Next Music en Snotkop (Francois Henning).
Great start vir die show, die standaard is hoog, die ander finaliste sal moet roer!

Gerhard Steyn
Eerste van die bekende kunstenaars. Waar die crowd bietjie rustig was na Ladiva kom skop Gerhard almal onder die gat en kry die rock deel van die show aan die gang, Gerhard mag van nou af NET met ‘n band sing, dit was moerse toe ek verhoog toe stap om Hansie Slim aan te kondig hoor ek oral mense Baby Tjoklits sing…. en dis ‘n nuwe liedjie.

Hansie Slim
Ek gesels voor hulle set met hulle en hulle is net bly om hier te wees, maar se Hansie en Fabien vir my hulle is reg vir die storie…. en was hulle nie reg nie! Hulle kom uit en doen ‘n set wat my skoene amper van my voete af rock! Awesome, ek kan nie wag om hulle te record nie, hulle nuwe song, kniee lam, nee nie die Eden een nie… is net eenvoudig ‘n hit! Toe hulle klaarmaak skud die beoordeellaars hulle koppe en se vir my dit gaan ongelooflik tough wees, ek dink by myself ons het nuwe voorlopers…

Joe F
Wat kan ek van die klein mannetjie se wat nog nie gese is nie, die ou ROCK in hoofletters, sy nuwe goed, sy ou goed, sy covers, dis net eenvoudig alles ongelooflik, teen die tyd wat Joe van die verhoog afstap weet ek Scintillate het hulle werk wat voorle om hierdie crowd nog gelukkig te hou na Joe hulle na ‘n ander vlak toe gevat het…

Scintillate
Hulle doen seker DIE set van hulle lewe, almal is op hulle voete en Rock saam, die ding met die Big Top is die verhoog is van so ‘n aard dat jy malklik verswelg kan word want dit is net eenvoudig groter as enigiets wat enige van ons finaliste vantevore beleef het, nie Scintillate nie, hulle gedy in die omstandighede en skud die mense met ‘n vertoning wat almal sprakeloos het.

Jakkie Louw
Net eenvoudig awesome, kom op die verhoog, doen sy ding saam ‘n shit hot band en ek verstaan hoekom mense in die plaaslike musiekbedryf hom so hoog aanskryf, hy mag maar, teen die tyd wat die laaste note van Drie Pikkewyne verdwyn party almal saam, thanks Jakkie jy is ‘n ster, welverdiend!

Motel Ink
Teen die tyd is ek jammer vir die Pretorianers, die finaliste voor hulle was awesome en hulle werk is erg bemoeilik omdat hulle laaste optree. Hulle stel nie teleur nie en kom met ‘n goed uitgewerkte set vorendag wat die mense laat stilsit en die skouspel bekyk, miskien te goed uitgewerk…. ek is bekommerd dat dit dalk te lank gevat het voor dit die mense betrek het, maar ek is nie ‘n beoordeellaar nie, gelukkig!

Snotkop
Wat ‘n band en wat ‘n performer en ‘n gentleman of note, Francois hulle kan op Facebook se en skryf wat hulle wil, jy IS ‘n ster, mense wat anders dink is mal uit en gedaan, dis waaroor Rock & Roll gaan ek gee nie ‘n hel om of dit jou eie songs is of nie… Snotkop het almal op hulle voete en toe hy die wenner om 23H45 aankondig sit almal en wag vir nog!

Wat ‘n show, ek kan nie wag vir volgende jaar nie!

Vir die rekord, die wenner van die Klipdrift BOTB vir 2008 was Scintillate, Hansie Slim was tweede, Motel Ink en Ladiva was binne 9 punte van die wenners, onthou al vier se name, jy gaan dit een van die dae by konserte skreeu, dankie aan almal vir ‘n moerse show, watch ons volgende jaar en kyk vir ‘n CD met die vier finaliste op wat hopelik teen aardklop beskikbaar sal wees…
Pootuit!

Wimpie

PS: op die foto’s:
Die ongelooflike stage voor die show, Jakkie Louw, Rock en Roll en my dogter se Kodak oomblik saam met Snotkop!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to My lekkerste show ooit, en alles was LIVE!

  1. Anonymous says:

    Hi

    Baie geluk met die suksesvolle show. Mag dit die eerste van nog baie wees.

    Lekker dag vir jou

    Liefde

    Ina

  2. Anonymous says:

    Wimpie, die show was beF@K, dankie.
    Morras

  3. Wimpie van der Sandt says:

    thanks
    morras

    bly jy het dit geniet, ek het gesien jy geniet dit!

  4. Anonymous says:

    More Wimpels
    Wou jou net gelukwens op een fantastiese show. Ek het dit vreeslik geniet. Weet dit gaan die begin van groot dinge wees vir jou. Baie trots hoe professioneel jy als hanteer het, en sooo bly jy kry uiteintlik die erkenning vir al jou harde werk.
    Baie trotse eks
    A

  5. Anonymous says:

    Well done Wimpie!

  6. Janine.... says:

    Vir almal wat nie daar was nie jul het die beste show van die jaar gemis dit was gr8 en dankie pa dat ek dit saam pa kon deel.

    Dit was ongelooflik lekker, my stembande is nou nog seer nie te praat van my arme voete nie maar was deur en deur die moeite werd.

    Janine

  7. sportabc says:

    Wimpie

    Baie geluk ou maat, eks bly dit was ‘n sukses gewees. Maak volgende jaar nog groter en beter.

    Well Done.

    Griffel