Moeilike naweek…

Vrydagmiddag 13h10, ek ry lekker in my blitsbuksie oppad Firkin in Boksburg toe, die wereld is lekker, Eden sing vanaand en die plek is volbespreek, ek het vanoggend ‘n lekker show gehad, BOTB gaan awesome wees, ek het Saterdag ‘n charity show saam met die vier bands in die final, Sondag judge ek ‘n karaoke idols, die lewe is lekker, niks kan verkeerd loop nie……

Dan hoor ek my foon se sms alarmpie afgaan, ek loer vinnig so met die een oog, die sms se….”sorry wimpie jay is plat in die bed met griep eden kan nie vanaand sing nie….

Huh?? Weet jy wat is stress, dit is stress, ek jaag so gou ek kan Firkin toe, oppad soontoe bel ek my selfoon pap in een uur…. Wie vervang jy Eden mee sonder dat die hele wereld vir jou kwaad word??

Jy bel vir Kurt Darren en bid hy’s beskikbaar, gelukkig was hy en gelukkig se hy toe ja, pardon the pun, krises afgeweer en almal, including ek kan weer glimlag, Kurt daag op en doen ‘n show of note en ek maak ‘n mental note om nooit weer een woord oor jukebox te se nie….thanks Kurt jy het my gat gered, en Jay…..kom ons se maar net hoop jy word gou gesond.

Saterdag na ‘n lekker party Vrydagaand, die charity dag in Springs vir klein Kyle, baie dankie vir almal wat in die bitter koue die weer trotseer het, Dankie aan Rea, Rudi Muller, Tertuis, PG Snibbe, Motel Ink, Hansie Slim en Scintillate wat in die koue kom sorg het vir die vermaak. Die bikers by die event het sommer vinnig onder mekaar so R14 000 ingesamel, tel dit by die amper R40 000 ingang geld en ek dink almal wat betrokke was kan hulself op die skouer klop ek reken so net oor die R50 000 is ingesamel, en die goeie nuus is dat iemand, ek sal vandag details uitvind, het vir Kyle ‘n medies ook gereel, so dis goeie nuus vir almal.

My dogter het vroeg Saterdag die koue saam haar pa trotseer om self te sien hoe werk dit om so ‘n show te reel, ek vertel haar van Battle of the Bands en sy lyk vir my bietjie skepties….

Toe Motel Ink op die verhoog kom kan ek sien hoe haar attitude verander, aan die einde van hulle set is sy ‘n fan en wil sy net met alle mag ‘n CD in die hande kry.

Fabian en Hansie Slim trek weg en ek moet my arme kind kalmeer en onthou sy verteenwoordig Wimpie van der Sandt Produksies en moet laag le.

Teen die tyd dat Scintillate optree het ek moed opgegee en besluit die beste ding om te doen is maar om saam te boogie. Die 19e gaan awesome wees, ek se jou ek droom al daarvan…. So tussendeur kry ek darem ‘n kansie om te sien hoe Ricky January in die laaste minute Dunedin rerig in die “House of pain” vi die All Blacks verander.

Gister be-oordeellaar by die Brakpan Sportklub se pub Idols wat die afgelope vyf maande aan die gang was, soos gewoonlik loop ek nie met my hart op die mou nie en se ek presies wat ek dink, as jy nie kan sing nie dan kan jy nie en dit help nie mense vertel jou jy kan en jy probeer vir die res van jou lewe iets word wat jy nie kan nie…. na die tyd hoor ek, dis maar goed ek is net op die radio want ek weet niks van musiek af nie….uhm, okay dan!

Lekker fun gewees anyway dankie aan Tewie , Henry en al die organiseerders. In die vervolg onthou net as jy nie die waarheid wil hoor nie, moenie my kry om dit te kom vertel nie, hehehe!

Wel dit was my weekend, besig, besig, besig en volgende Saterdag gaan dieselfde wees met die final van BOTB…. wat ‘n awesome show wag nie op julle nie, ek sal wat wil gee om net ‘n toeskouer te wees, want jy gaan dit BAIE geniet.

Die line up is uit en lyk so…

15H00 Ladiva

16H00 Jakkie Louw

17H00 Hansie Slim

18H00 Gerhard Steyn

19H00 Scintillate

20H00 Joe F

21H00 Motel Ink

22H00 Snotkop

22H30 SMS stemlyne sluit

23H00 Aankondiging van die wenner van die 2008 Klipdrift Battle of the Bands.

Die SMS stemme word deur onafhanklike ouditeure bygereken wat sal beteken dat niemand, insluitende die 5 beoordeellaars, Henry, Wimpie, Johan, Paul en Rian weet wie die wenner is nie!

Ek kan nie meer wag nie, Hugenote skool in Springs het more ‘n verassing wat op hulle wag net voor die skool uitkom.

Dis ek vir vandag, gaan kry jou kaartjies waarvoor wag jy?

Wimpie

PS: Ek voel griepperig…. wetter!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Moeilike naweek…

  1. Anonymous says:

    More,

    Eerstens wil ek my groete aan Jay stuur en se dat ek aan hom dink en hoop hy word gou gesond, shame die arme man om so siek te word voor n show ai….

    Hoe gaan dit met jou pa? Is hy darem al beter? Geluk met die fondinsameling ja dit was great gewees.

    Nou ja ek hoop jy word ook gou gesond om griep te kry is nogal n pes want jy sit met hom tot seker die winter verby is.

    Op die ou end gaan oosrand ook vir jou n plaasvervanger moet kry vir die breakfastshow want griep trek jou plat…. Kom ons hoop net jy word gou gesond.

    Lekker dag

  2. Anonymous says:

    Vertel ons meer van die hot blondie wat ons so saam jou sien.

  3. Anonymous says:

    Hmmmmmmm blonds is net probleme grooooot probleme Wimpie.

    Vra my

  4. Anonymous says:

    More

    Ja nee ek is diep geskok gee glad nie om om in die koue charity werk te gaan doen.maar wat my af pee en verskoon my maar..dis hoe ek voel as mense nie eers kan dankie se… en dan moet ek hoor slegs n klein bedrag is oorhandig…dis klaar moet my ni eers vra om betrokke te raak by so iets weer.as jy my daar wil he sal daar n faktuur wees glo maar vir my.nou ja geniet julle week….alweer lekka koud maar ja hoop almal is darem warm,en die wat siek is hoop julle word gou gesond.Groete

  5. Anonymous says:

    Middag,

    Gelukkig steur jy jou mos lankal nie meer aan wat mense se nie. Die blond is oulik, sy laat die koppe draai en laat jou goed lyk. Die vraag is of jy haar sal kan hou.

    Groete

  6. Anonymous says:

    En nou wat se mnr van der Sandt van die onoonwinbare WP? Hehehe!
    O ja, kom ons hoop hierdie blond is ONGETROUD!!!!! (en ouer as 20!)