Klippies en BOTB!

Okay ek is soos ‘n klein seuntjie met ‘n nuwe speelding, vanaand is die laaste rondte van die Klipdrift Battle of the Bands en die opgewondenheid het my beet, big time, die hele geleentheid word vanaand opgeneem vir ‘n pilot TV program wat op televisie uitgesaai gaan word en wat volgende jaar ‘n TV reeks gaan wees, waar en wanneer laat ek later uit die mou, wat wel belangrik is, is dat ek jou vertel dat die aanbieder van die program Dewald Jordaan is, die boetie van Arno Jordaan, en die ander aanbiedster, is ‘n verrassing wat ek more kan verklap…

Glanspersone wat vanaand bywoon is onder andere, Arno Jordaan, Christina Storm, daar is ‘n rumour oor haar in die omtrek, met ‘n sekere radio persoonlikheid wat ek nie van sal name noem nie! En nee dis nie ek nie!, Rudi Muller en nog heelwat ander persoonlikhede gaan ook ‘n draai maak…. ek waarsku jou sommer nou as jy enigsins deel wil wees van die gebeure beter jy al vroeg daar wees, die grootskerms is gelink in die Supersport kroeg met die gebeure binnekant deur middel van ‘n kamera wat alles opneem, die klank word ook digitaal herlei na die groot kroeg toe so jy sal al die aksie van buite ook kan dophou.

Stiptelik 20H00 begin die dinge… Ek wil net sommer van die geleentheid gebruik maak om almal wat betrokke was by die sukses van die Kluipdrift BOTB te bedank vir alles…

Eerstens aan my twee mede stooges, Wimpie en Rian van Klipdrift, manne dit was awesome eki het dit so geniet en ek is bly dat julle kon sien hoe alles so voor julle oe gebeur en transformeer van ‘n idee na dit wat julle saam my die afgelope 10 weke op die verhoog gesien het.

Dankie aan Anita Smit en Wouter van de Venter van Blue Division, my regterhand waarsonder ek nie veel sou kon doen nie, dit was lekker, Anita jy is ‘n staatmaker en iemand op wie se knoppie ek enigetyd kon druk.

Baie dankie aan die hele span by Carnival City, Jaco, Yolanda, Nicole, Lisa, Bruce en Robert, die klankmanne, Siswe en sy crew, dankie aan al die borge, spesifiek Paul en Johan van Next music en laastens maar nie die minste nie, dankie aan die meer as ‘n honderd bands wat gesorg het dat hierdie BOTB KOOK!

Voor ek vergeet, my mede be-oordeellaars, Wimpie, Rian, Brunnette (Henry) Legend Killer….hehehe! Natuurlik Ferdi vir die hulp by die deur en Rea le Roux wat ons ‘n paar keer met die MC werk uitgehelp het.

Ek hoop nie ek het iemand uitgelaat nie, as ek het dan is ek jammeer.

Sterkte aan al twaalf bands vir vanaand, julle voel vir my kinders en as ek my sin kon kry vat ek julle almal final toe, maar op die einde is daar net plek vir vier bands, so sterkte aan almal!
Die Maveric
Root of eternal
Whining Orphans
Cunning Brad
The Reason
Zaltara
Ladiva
Motel Inc
Scaffold 37
Scintilate
Hansie Slim
My untold Legacy.

Julle is almal awesome en vier van julle is in die groot final op 19 Julie saam Jakkie Louw, Snotkop, Gerhard Steyn en Joe F…. dit gaan awesome wees, ek is gelukkig nie vanaand ‘n beoordeellaar nie, sterkte aan een en elkeen! Ek hou duime vas vir almal!!

More!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Klippies en BOTB!

  1. Anonymous says:

    Hi, Wimpie
    Ek wardeer baie van die goed wat jy doen en sê soos jou veldtog teen drugs, jou betrokkenheid by afrikaanse musiek ens, maar as dit kom by goed waar jy niks an kan doen nie, soos die weer is jy maar n pyn. Miskien moet jy maar daai nuwe kar van jou instuur sodat hul sy temp lesings kan na sien. Die weer voorspelling maak ook maar net n gemiddelde voorspelling vir Johannesburg wat nie noodwendig akuraat gaan wees vir Springs nie. My temp lesing het van Tonk Meter weg tot Ergo weg met 4.5° verskil.Die gemmideld vanaf Springs tot en met Germiston was ongeveer +3°. Hou dus op om so n softie te wees. Hou aan om die dinge wat jy goed doen te doen en aanvaar die weer soos God dit vir ons gee
    groete,
    Gerrit

  2. Anonymous says:

    ai gerrit ek dink nie jy luister mooi in die oggend nie, ek HOU van die winter en die weerburo se voorspellings in die oggend is selde in die kol dis juis die punt!

    Wimpie

  3. meermin says:

    Ek het nie ‘n clue wat die grade hier is vandag nie, maar dit is moer koud buite!! Seker -40 of baie naby aan dit!! Byna verkluim toe ek net nou hier uit is!!

  4. Anonymous says:

    Hi Wimpie,

    Ek dink regtig jy moet gesonder begin lewe, dalk gaan die hoofpyne weg of word bietjie beter. Dalk n bietjie gewig verloor kan ook help. Ek is bekommerd oor jou gesondheid maar jy is al een wat iets daaromtrent kan doen. Begin vandag en kyk hoe voel jy oor n week dan laat weet jy!

    groete

  5. Anonymous says:

    Daar is absoluut niks fout met Wimpie se gewig nie. Dink net hy werk te hard.

  6. Anonymous says:

    Dalk te veel GIRLS??
    Het biki n boep..
    wimpie hoekom ni n inskrywing vandag nie? Seker moeilik as jy eers 4 uur die huis instap en dan nog die girls te entertain? Ja ons sien hoe hard jy werk! Haha

  7. Anonymous says:

    net vir julle info, daar was meer as 500 mense gisteraand by BOTB en ek het eers na 4 in die bed gekom…. daar sal eers more ‘n inskrywing wees…. ek is bietjie paste..

    Wimpie