Keuses…mmm!

Dis een van daai dae vanoggend ek voel dit sommer aan….

Ek is opgewonde en bietjie nervous, ken jy daai gevoel, jy kan dit nie rerig plaas nie… Ek het gister ‘n baie interessante oproep gekry van ‘n baie groot platemaatskappyhoof wat wil he ek moet hom kom sien…. Vrydag… vandag is Donderdag, ek wonder waaroor dit gaan, is daar dalk iets oppad…. is dit dalkies die einde van my radioloopbaan, is dit dalk net vir koffie, miskien lunch of is daar iets meer aan die kom…ai!

Anyways so ek sit met ‘n copy van ‘n CD in my CD speler, op hom in swartpen staan geskryf “Bands pre 1-9″ ek dink dit het iets uit te waai met die Klipdrift BOTB final se CD wat bykans klaar is, en waarvan een van die songs op die CD ‘n liedjie van Scintillate is wat die kompetisie gewen het, die liedjie se naam is Feel en toe hulle dit by Carnival City gesing het, het dit so gelyk:

Adolp bring vandag vir my die laaste sewe songs van Pretoria af, ek op my beurt gaan dit reguit ateljee toe vat wat sal beteken die CD is reg om teen Maandag geprint te word… ek is opgewonde, die tracklisting is klaar en as alles goedgaan sit ek met die eerste CD in my hand op 18 Augustus.

As gevolg van die feit dat ek bevooroordeeld is oor die CD, dit is immers my projek en dan is mens geneig om eenoogig te wees, vat ek my ou CD’tjie na verskeie mense gister, insluitende my tienerdogter en ek se vir almal dieselfde “luister en se my hoe dit is en moenie bang wees om te se dit suck as jy so dink nie en wees eerlik met my”.

Dis ongelooflik om almal se reaksie te sien, die mees algemeenste opmerking is: “maar hier is dan nie ‘n swak liedjie op die hele CD nie” en “is daar nog songs?” en “wanneer is dit op die rakke” en “jy beter more die res vir my kom speel”, en “waar is die kakkaboy?” hehehe!

More plaas ek die CD cover, en miskien nog ‘n video…hehehe, wie weet…

Later

Wimpie ;-)

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Keuses…mmm!

  1. meermin says:

    Sterkte lekker dag vir jou!

  2. janine says:

    Die cd rock pa het belowe ek kry die eerste cd dis gr8 mense jul gan sien my pa gan nog groot gan hehe.