Hallo nuwe week!

Die ding van ‘n lekker naweek is dis byna altyd te kort. Dit was ‘n naweek van uiterstes vir my, Vrydagaand bietjie gerus, by vriende gaan kuier en bietjie bordspeletjies gespeel en baie lekker ge-eet, kan nie glo hulle wil speletjies oor musiek teen ‘n DJ speel nie maar nou ja!

Saterdag gou weer werksklere aangetrek, al vroeg op en wakker en reg vir 12 ure se opnames saam Motel Ink in die ateljee, twee en ‘n half songs opgeneem, ek verduidelik netnou van die halwe song….

Een Engelse en een Afrikaanse song opgeneem vir die Album best of the BOTB, dit klink ongelooflik. Tussendeur kon ons darem ‘n lekker kuiersessie inwerk, stukkie vleis gebraai in egte Suid-Afrikaanse tradisie, mens kan tog nie ‘n CD opneem sonder ‘n lekker opregte boerebraai nie, en dan moet mens darem die borge so tussendeur ondersteun…

Die gevolg is twee ongelooflike songs na 12 ure se werk en dan begin die pret, dis nou waar die halwe song inkom… Jy sien ek het ‘n liedjie wat van my rugbydae af kom en ek wou nog altyd een of ander recording van die song gehad het, jy weet sodat dit bewaar kan bly vir die nageslag, nou ja ek praat nog daaroor toe is die guide track gedoen en wag hulle vir my om die vocals te doen, miskien sit ons die track op die CD as ‘n hidden track….hehehe.

Anyway ek dink dis cool, die song het vier backing vocals op, ghitaar, bass, mondfluitjie, dromme, en nog baie ander goed wat ek nie eers kan onthou nie, ek weet net dis my nuwe ringtone en dit was awesome pret! Dankie Motel Ink, ek hoop julle is reg vir die groot tyd en voorspel sommer die datum vir julle ook, 27 September met die launch van die CD, dit gaan ook die groot dag wees vir Da Liva, La Diva, Scintillate en natuurlik die slim manne en Hansie….

Op ‘n ernstige noot, ek dink die kwaliteit van hierdie CD is ongelooflik en ek het ‘n gevoel rondom die CD wat ek nie aan iemand kan vertel nie, ek dink dis omdat ek weet wat alles op die CD gaan, 18 songs van wereldgehalte, ek sal soos die week aangaan stukkies uit die liedjies hier op my blog kom plaas dan kan jy self oordeel…

Vandag is ook ‘n belangrike dag vir Wimpie van der Sandt Produksies, Adolph de Beer begin vandag saam my werk, shame ek hoor die ou is bietjie senuweeagtig, weet nie lekker wat om te verwag nie, toema dude ek is nie eers naastenby so erg as wat anonymous dink nie… Ek sien vreeslik uit daarna, iets wat al lankal moes gebeur het, ek gaan by meer goed uitkom en behoort oor die algemeen ‘n aangenamer mens te word….hehehe!

Dit gaan ook beteken dat DJ’s wat deur WvdsP bespreek word om by gigs te gaan speel nie ‘n halfuur voor die tyd oppak en ry omdat hulle dink jy gaan nie daar uitkom nie want jy het te veel werk nie….

Jong mense verbaas my ek verstaan nie hoe dink hulle nie en dan moet ek myself onthou dat ek ook op ‘n tyd so jonk was, mens loop net eenvoudig nie een minuut voor jy klaar is met dit waarvoor hulle,jou, baie goed, voor betaal nie, wys jou maar net mens moet maar net opcheck of jy nou wil of nie… Dankie Adolph en byvoorbaat dankie vir dit wat jy, verskoon die cliche, party toe gaan bring…

Welkom en sterkte, ek is baie dinge die mees belangrikste daarvan is reguit, dit en lojaliteit is ononderhandelbaar, as jy daai twee begrippe onder die knie het gaan jy en ek ‘n great span maak…. ek sien uit daarna, welkom aan boord.

Ek beplan om almal deel van die BOTB CD te maak so ek gaan so in die volgende week stelselmatig begin samples uit die songs plaas sodat julle kan hoor hoe dit klink, o ja en natuurlik verskillende covers vir julle om te help die beste een te kies.

Nou ja ek het baie werk, beter daarmee begin, lekker week vir jou!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Hallo nuwe week!

  1. meermin says:

    Wimpie mag hierdie week ‘n heerlike wonderlike rustige week vir ieder en elk van ons wees!!

  2. Doné says:

    weereens dankie vir saterdag!was awesome..indien ons ‘hidden track’ nie die BOTB cd haal nie, dink ek ons moet dit steeds instuur vir ‘bokjol’ treffers of iets..ons kan ryk word !lekker week
    DonĂ© – Motel Ink

  3. Wimpie van der Sandt says:

    dankie done

    ek is seker die “hidden track” gaan die CD haal hehehe ;-)