Gehoor van ou Mike…

Ek onthou vir Mike Schutte goed, nie net as boksheld nie, maar ook later as iemand wat gereeld by my in die breakfast show ateljee gekuier het, hy was altyd vir mys soos die spreekwoordelike sagmoedige reus en het altyd met groot interessantheid vertel van sy epiese gevegte teen manne soos Gerrie Coetzee en Kallie Knoetze, Jimmy Richards en Robbie Williams.

Ek is jammer om te hoor van Mike se afsterwe, hy was een van die kleurvolle manne van Suid-Afrikaanse boks in die 70′s. Mike het ook in verskeie rolprente gespeel en het altyd baie kleurvol vertel van Bud Spencer se rolprente waarin hy was onder ondere sy gunnsteling ‘I am for the hippo’. Ek weet nie of ek my verbeel nie maar ek skryf deesdae heeltemal te veel oor mense wat ek ken wat die tydelike met die ewige verwissel, mense wat ek ken, hier op my blog….

Die siekte het my ook bee4t hier op sekerlik die mees ontydige van alle tye, kon dit nie maar net ‘n week gewag het nie, gisteraand om 19H00 het ek klaar gebad en le ek reeds opgekrul in my bed, ek voel ellendig en probeer maar soveel medisyne as moontlik in my lyf injaag in ‘n desperate poging om teen vandag gesond te wees, ek is nie seker of dit gewerk het nie, ek voel nog maar oes vanoggend en nie heeltemal ‘n happy chappie nie, maar toemaar dis my probleem ek sal dit uitsorteer…

Charity gigs is verby vir my, ek het my redes maar nooit weer sal ek by charity events betrokke raak nie so moenie my eers vr4a nie, daar is net geen manier wat ek dit weer doen nie, as jy in die vervolg wil he iemand moet jou help met enige charity event, skakel die Oos Rand Stereo Wees ‘n engel netwerk, as hulle jou nie kan help nie, sorry!

Ek dink ek kan namens Henry Brunnette ook gesels as ek so se, so moenie my OOIT weer vra om te help met niks nie en dit sluit kinders, oumense, grootmense enige mense of diere in, daar is oorgenoeg mense wat sulke goed doen gaan vra hulle ek is klaar met dit…

Hugenote in Springs het vandag ‘n verrassing wat op hulle wag van 13H30 tot 14H00 ek wil graag meer vertel maar dan is dit nie meer ‘n surprise nie, kom ek net se dit het iets met die Battle of the Bands eindstryd uit te waai…

Daarvan gepraat daar is soveel wat nog gedoen moet word en soos ek tans voel is dit die heel laaste ding waaraan ek wil dink, maar die lewe is nie vir sussies nie en mens moet maar aangaan of jy lus voel daarvoor of nie…

En dan word ek glo deesdae glo al meer in die gewselsskap van ‘n blondekop gesien, nou ja ek dink ek word baie in die geselsskap van baie blondekoppe gesien, as ek staan en gesels met iemand by enige plek en sy is blond en mooi dan begin die skindertonge klap, ek het niks om te se nie, as mense so belangstel in my persoonlike lewe, se vir hulle om aan te hou lees op my blog dis die eerste plek waar ek ‘n aankondiging sal maak as ek iets het om te se….

Dit verbaas my hoe mense die kar voor die perde kan inspan, ai, anyway ek sal julle laat weet as ek ‘n aankondiging het om te maak, ek het nie opdie oomblik nie.

Kry jou Battle of the Bands kaartjies vinnig ek weet almal is kliphard aan die oefen en as jy vanaand vir oulaas een van die bands in die final in ‘n dress rehearsal in aksie wil sien gaan maak ‘n draai by Firkin in Boksburg, Scintillate is in aksie saam met Saving Silence.

Lekker dag vir almal en sorry ek kon nie help oor die bespiegelings oor my liefdeslewe nie, ek het baie blonde vriendinne, hehehe!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Gehoor van ou Mike…

  1. Anonymous says:

    Goeiemore,

    Ai shame ek hoor sommer jy voel goor vanoggend. En ek is bly jy het n vroee aandjie in die bed gehad!
    Kry vir jou medlemon en gemmerbier dit werk sweet die griep uit. Charity work is vir die voels ek stem, niemand gaan vir my charity doen as ek dit nodig het nie en daar word in elk geval altyd geskinder oor dit nie dat ek omgee wat mense se nie.
    Maar dit maak eina om te weet niemand se dankie vir opofferings wat gemaak is nie. Kyk nou net vir jou jy is vrot van die verkoue na Saterdag.
    Ek dink jy het jouself goed van jou taak gekwyt. Hoe gaan dit met jou pa? Ek hoop regtig jy voel beter.

    Lekker dag

  2. meermin says:

    Ja dit is hartseer van Mike.

    Lekker dag vir jou!

  3. Anonymous says:

    Ek wil net my stuiwer ingooi oor charity giggs. Ek weet presies hoekom jy nou so daaroor voel (ken die hele storie, close to home) en ek neem jou glad nie kwalik nie, inteendeel.Maar gewoonlik is mense vir wie sulke goed gereel word dankbaar vir die hulp. Maar dan kry jy die “odd” gieriges vir wie niks goed genoeg is nie en actually dink hulle doen jou ‘n guns! (sic) Maar nou ja diesulkes moet daar seker ook wees. Ek hou net nie van valse beskuldigings en leuens nie (heeltemal ongegrond en onnodig) selfs die polisie is al betrek. Maar ek troos my daaraan dat die waarheid sal seevier en ‘n hele paar mense gaan nog hulle woorde sluk…letterlik! Lekker dag verder.

  4. Anonymous says:

    Just wanted to say thank you for the invite to the BOTB’s final on Saturday. Will hopefully be there!!

    BoB

  5. charity says:

    it is unbelievable that peops act this way especially when you put so much in! I think it’s a disgrace and i take comfort in the fact that ONE DAY YOU’LL BE ACCOUNTABLE!!! so try as you may to get people down! it doesn’t matter because in the end friend ur the LOSER!!! thanks to the kind hearted people who truely do this for the children!!! You are the true HEROES in this story!!!

  6. charity says:

    it is unbelievable that peops act this way especially when you put so much in! I think it’s a disgrace and i take comfort in the fact that ONE DAY YOU’LL BE ACCOUNTABLE!!! so try as you may to get people down! it doesn’t matter because in the end friend ur the LOSER!!! thanks to the kind hearted people who truely do this for the children!!! You are the true HEROES in this story!!!