Dis hoe die lewe is..

Okay so ek het gister my PMS daggie gehad soos ons almal maar geregtig is om te he!

Ek dink dis maar net seker regverdig dat mans ook sulke oomblikke mag he, ek is nie mal daaroor nie maar nou ja dis maar die lewe.

Die Klipdrift BOTB Cd is basies klaar, daar is net hier en daar ‘n liedjie waarvoor ek wag maar behoort alles teen Vrydag reg te he… Ek wil nie graag soos ‘n langspeelplaat klink nie maar ek dink dis een van die beste Suid-Afrikaanse CD’s van die jaar, en weereens ek praat nie maar sommer nie…

Ek gee more die volledige tracklisting en ‘n paar CD covers waarmee ons op die oomblik rondspeel. My favourite songs op die oomblik is Kniee Lam van Hansie Slim, Disconnection van Motel Ink, Se my van Scaffold 37 en Ancient Lullaby van Die Maverick, maar dit verander amper daagliks soos die songs klaar gemaster word.

Julle is in vir ‘n treat, die uwe is vandag heeldag in die ateljee besig om te help edit, okay ek kies meer wat ek wil ophe as edit! aan die DVD…

Ek kan sekerlik bietjie brag vandag, my seuntjie is gekies om aan die Suid-Afrikaanse gimnastiek kampioenskappe te gaan deelneem in Kaapstad in September, hey seun ek is so trots op jou! Ongelukkig is dit dieselfde tyd as Aardklop wat gaan beteken ek sal net vir die dag kan deurgaan maar ek mis dit vir niks nie.

Ek is trots op my kids, Wian sommer net omdat hy homself is, ‘n klein willewragtig, bang vir niks en talentvol op soveel gebiede dis scary, ek dink hy kan basies ‘n Springbok word in enigiets wat hy besluit om te doen, of skatryk in enige beroep, of die beste in whatever, dis net hoe hy is…

Janine weer verbaas my elke dag , as die oudste vban my kinders is sy die een wat die meeste onder haar pa se “bekendheid” deurloop, kinders in haar klas wat sit en skinder en sy wat dit moet hoor en so aan, dit alles maak van haar ‘n 17-jarige met wysheid en volwassenheid wat my baie verbaas, en natuurlik gee dit haar die heel belangrikste eienskap wat haar sal toerus vir die res van haar lewe, sy het ook lankal ‘n renostervel ontwikkel so dik soos myne en steur haar dadels aan die snert wat mense kwytraak…. meer belangrik as dit, leer sy op ‘n baie jong ouderdom hoe baie twak mense kan kwytraak wat natuurlik beteken dat sy my een voor is want ek gee almal, selfs my grootste kritici die voordeel van die twyfel, nie sy nie, sy glo almal is tweegatjakkalse wat in jou gesig kyk en lieg…

‘n Goeie ding as jy my vra, sy sal nooit teleurgesteld wees in mense nie want sy verwag niks van niemand af nie behalwe die ergste nie, as dit gebeur het sy dit verwag, as dit nie gebeur nie….so what, niks verloor nie!

Ek weet ek het gese ek plaas footage van die BOTB final al laas week, maar net weereens ‘n bewys van as jy iets gedoen wil he, doen dit jouself…. of kry Adolph om dit te doen!

Ek onderneem om sommer self, terwyl ek vandag met die DVD besig is, dit op te laai en more op die blog te he…. so daar’s hy!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Dis hoe die lewe is..

  1. meermin says:

    Ha ha ha hie hie hie ho ho ho jy erken jy het gister jou PMS gehad, shame man!! Hoop jy voel darem vandag met jou hande!!

  2. Anonymous says:

    Geluk met jou seun se prestasie. Ja ons kinders is ons trots!!