Diktators… en dis nie Mugabe nie!

Nou ja gewone mense kry griep, nie die uwe nie, ek kry een of ander virus, wat die simptome van griep het net 5 keer erger… eish!

Gisteroggend doen ek my show en as jy geluister het sou jy gehoor het dat ek teen 07H00 nie meer ‘n stem oorgehad het nie, nuwe strategie vanoggend is om net die nodige te se en die meeste van die tyd musiek die praatwerk te laat doen.

Wat hierdie virus is wat my beethet, weet ek nie al wat ek weet is jy eet NIKS want jy get GEEN eetlus nie, ek dwing myself nou en dan om iets te eet dan proe dit na niks en ek sukkel om dit af te sluk, ek weet ook my mond is permanent droog en ek moet omtrent die hele dag iets he om te drink, selfs dan bly ek dors.

Verder is ek duiselig, onvas op my voete, heeltyd moeg en wil my brein nie lekker saamwerk nie, dit alles in ag geneem gaan dit okay met my….

Dis verbasend vir my hoe sommige mense hulle eie gatte grawe en nie aan die dag van more dink nie en dit net omdat hulle glo in dinge soos ‘n monopolie, sonder om mense uit te sonder en name te noem is daar ‘n ou gesegde in die lewe, en ek het al agtergekom daai gesegdes is deur baie slimmer mense as ek en jy uitgedink….

Die gesegde is sien leef en laat leef en onthou daar is ‘n plekkie in die son vir almal, mense sien baie vinnig deur jou en as jy eers mense oortuig het waarvoor jy staan kan jy baie vinnig jou brue brand, ek wens so ek kan julle die verhaal vertel want dit kan ‘n belangrike les wees vir almal, maar ongelukkig kan ek nie op hierdie stadium nie, ek sal dit wel eendag vertel…

Onthou net jy kan nooit alles in die lewe na jou pype laat dans nie en in jou poging om alles te besit en beheer, maak jy ander mense baie die wetter in en die mense op wie jy vandag trap het jy dalk volgende maand nodig…

BOTB gaan goed aan ek dink alle reelings is klaar, net een dingetjie wat ek nog mee sukkel en dis hoe om die gehoor se stemme uit te sorteer maar ek en die Klipdrift manne vergader gou vandag om dit uit te sorteer ek dink dan is alles in plek.

Gister gou een van die plaaslike skole gaan verras, hulle kon nie mooi verstaan hoekom die klok so ‘n halfuur te vroeg lui nie, toe hulle buitekant kom toe wag Jakkie Louw en Gerhard Steyn op hulle, nice promo gehad, more verras Joe F en Snotkop nog ‘n skool…

Dis dit van my af vir vandag.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.