Die dinge wat my pla…

Hey! Ek het gisteraand van jou gedroom, ek hoop dit gaan goed met jou, dit was nogal weird want ek het so lanklaas aan jou gedink….. so ek hoop alles is okay met jou.

Sukses is ‘n snaakse ding, bloot as gevolg van die feit dat dit bitter moeilik is om te definieer en en omdat almal se idees rondom sukses nie altyd dieselfde is nie. Mense is oor die algemeen snaakse kreatiere en is inherent nie goeie wesens soos ons almal wil glo nie…. inteendeel.

Mense se natuurlike instink is nie om nice met ander te wees nie, elke dag is ‘n innerlike stryd om die versoeking te weerstaan om aan ander te bewys jy is beter as/ slimmer/ of net ‘n beter mens as hulle….

Die stryd in jou eie lewe om al hierdie natuurlike instinkte te oorwin is wat mens noem grootword/ volwasse word of wat jy dit ookal wil noem. Ek kan nie namens ander mense praat nie maar dit is ‘n stryd wat ek jare lank verloor het en nou maar eers onlangs begin wen het, en ek wen nog nie op ‘n gereelde basis nie nou en dan wen ek een, en nou en dan verloor ek een, dis maar hoe dit is, ek probeer ‘n beter mens word, nie vir ander mense nie, maar vir myself…

Ek hoop, as jy oud genoeg word is dit iets wat elkeen uiteindelik regkry, anders is die hele lewe ding bietjie sinneloos.

Elke dan en wan probeer ek iets van my persoonlike lewensstryd neerskryf soos dit by my opkom, ek is bang ek vergeet dit en die lesse wat ek seker is ek veronderstel is om daaruit te leer.

Ek is bekommerd oor simpel goed waaroor ek nie rerig beheer het nie, ek weet dit klink miskien dof maar dit pla my… Ek is bekommerd oor mense na aan my wat nie gesond is nie en ek is bekommerd dat ek nie genoeg tyd gaan he om alles in die lewe te doen wat ek wil doen nie, ek ry gister en dink by myself wat as ek nou moet doodgaan wie gaan alles klaarmaak wat ek begin het…. daar is net nie genoeg tyd nie…

Ek dink dis daai tyd van die maand vir my!

Anyway, die CD is bykans gereed om geprint te word, Adolph het gister begin werk en is tans besig met die CD cover se design… Ek is vandag in die ateljee besig met die final mastering van die liedjies op die CD, as ek nog nie jou tracks het nie moet jy dit by my uitkry, ons wil Vrydag alles klaar he en Maandag begin print.

Wees op die uitlyk vir die hidden track op die CD….hehehe!

Vanaand is Hansie Slim by Firkin in Boksburg, kom se hallo, koop my ‘n bier en probeer nice wees!

Scintillate doen ‘n accoustic set saam hulle, ek het weer ‘n mal dag vandag.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Die dinge wat my pla…

  1. Anonymous says:

    Dit lyk almal het ‘n maldag vandag. Die blog is stil. Toemaar Wimpie, mans kry dit ook net op die manier van jou he he he
    Sterkte anyway!!

    Geniet jul daggie bloggers
    Monique

  2. Anonymous says:

    Die blog is stil oor anonymous nie meer onnodige kommentaar lewer oor Wimpie se persoonlike lewe nie. Mooi so!

    BL