Dankie en weer dankie!

Wel daar kom ‘n tyd wanneer jy moet terugsit en vir jouself se daar is nie meer iets wat jy nog kan doen nie, alles is uit jou hande uit, jou reelings is getref, jy’t alles gedoen om te sorg dat jou show wat beligting, talent, klank en alles denkbaar, presies soos in jou verbeelding gaan verloop, meer as dit kan niemand van jou vra nie en sal jy ‘n idioot wees om te belowe….

Ek is gelukkig met alles, die klank in Carnival City se Big Top Arena, se die ouens wat weet vir my gaan beter wees as nog ooit, ons het ekstra klank ingekry en een van die beste klankmanne in die land gekry om te sorg dat almal great klink.

Jakkie Louw, Snotkop, Joe F en Gerhard Steyn is volgens my beskeie mening die heel beste “live” acts in die land in die Afrikaanse musiek genre.

Die vier bands wat dit deurgemaak het, uit 102 bands verdien die publiek se ondersteuning, maklik was dit nie en NIEMAND het ‘n vrypas gehad tot in die final nie. Daar is vier soorte genres wat in die final verteenwoordig word, Ladiva is adult contemporary jazz, Hansie slim is Afrikaanse Rock & Roll op sy beste met ‘n nuwe kick-ass song wat Wouter van de Venter pas laas week vir hulle geskryf het, Scintillate is die persoonliking, is daar ooit so ‘n woord! van die woord “Rockers”, the real deal, en dan is daar Motel Ink met die ietsie ekstra en ietse special wat jou sal laat wonder, commercial met ‘n rock aanslag…

Hoe dit ookal sy, ek probeer gisteraand dink oor die laaste 10 jaar het ek seker al so 25 rerig groot shows gedoen, dan praat ek nie van shows by Firkin of Wimpie se kombuis nie, en ek kan eerlik se ek sien die meeste uit na hierdie een want dis asof ek staan ek kyk hoe word ‘n baba gebore en ek weet dis nie meer lank die dan gaan hierdie babatjie kruip en dan gaan hy loop en dat ‘n snotskoot hardloop en ek wil daar wees as dit gebeur.

Ek het van die begin af gese dit gaan nie oor geld nie dit gaan oor ‘n verandering in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en ek staan daarby, teen R55 per kaartjie vir hierdie show is daar nie eers ‘n kans vir my om gelyk te breek by die deur nie, maar ek maak more ‘n investment in Suid-Afrikaanse musiek en ek weet die vier bamnds in die final gaan my nie teleurstel nie en hopelik sal hulle hierdie Battle of the Bands eendag erken as die een wat hulle op die pad geplaas het.

Ek raak bietjie emosioneel maar ek moet se dankie aan my twee makkers wat saam my geglo het in hierdie projek van die begin af, en wie se idee dit van die begin af was, dankie dat julle my betrek het, die laaste 12 weke was awesome, ek skuld julle alles. Ek dink ander Wimpie en Rian het die afgelope paar weke agtergekom dat lojaliteit nie iets is wat jy met geld kan koop nie, dis iets wat jy net kan kry wanneer almal ewe hard aan dieselfde doel glo en ewe hard werk om dit moontlik te maak.

Wat ookal Saterdag gebeur, dankie dat julle geloof gehad het in die projek, in al die bandsen dankie vir julle geloof in my, ek weet baie mense en dinge het hard teen ons gewerk maar ons is oor die hond se sterk, as moreaand 23H00 aanbreek en ons weet wie het gewen, gaan ek ‘n paar laaaaang klipdrifts saam julle drink…. dankie…. vir alles!

So daar is dit dan alles in julle, die publiek se hande, kom uit en ondersteun goeie Suid-Afrikaanse musiek of moet nooit weer klae oor die kwaliteit daarvan nie, dit gaan awesome wees, sterkte aan al die bands, ek staan eenkant en kyk en ondersteun, julle het elkeen diep in my hart ingekruip en weet julle sal altyd op my knoppie kan druk, ek wil nie se mag die beste band wen nie, want julle is alreeds die beste van die bestes, dis hoekom julle daar is so van my kant af…. sterkte vir almal!

Hey sien jou daar dit gaan ‘n jol wees, ek is al 11H00 by die Supersportbar vir die rugby, die Bokke en die Wallabies, join my daar, koop my ‘n koeldrank hehehe.

Wimpie

PS: Anita, dankie vir alles, ek waardeer jou so baie !

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Dankie en weer dankie!

  1. Anonymous says:

    Hey, sterkte vir more aand. Ek glo dit gaan ‘n groot sukses wees. Ongelukkig kan ons nie daar wees nie maar ek sal alles op lees Maandag.

    Geniet jou dag verder en probeer maar uitrus vir more aand

    Liefde

    Ina

  2. Anonymous says:

    Dankie Wimpie

    Dit was die mees professioneelste BOTB kompetisie ooit in die geskiedenis, jy en jou span is ongelooflik, dankie vir alles ons sal jou nie teleurstel more nie!

  3. Anonymous says:

    More Wimps

    Wel ek is regtig bly om te hoor jy is beter! Ek wens net regtig jy wil na my raad luister maar nou ja solank jy beter voel is ek bly.

    Sien jou more aand ek weet dit gaan n sukses wees!

    Lekker dag en moet net nie stress nie.

  4. Anonymous says:

    Hey Wimpie,

    Dit was vir my n groot voorreg om saam met jou te kon werk aan hierdie AWESOME BOTB!!! Jy is n amazing mens en ek hoop ons pad wat ons stap het nou eers begin. Ek sit met trane in my oe vanoggend van trots! Sterkte vir vandag ! Jy het hierdie event blerrie goed afgepull! Sien jou daar! A

  5. Griffel says:

    Hey Wimpie, baie geluk ou maat dis regtig goed om te lees van iemand wat passionate is oor sy werk. Baie sterkte en ek sal beslis kom lees hoe dit was.

    Groete
    Griffel