CD opnames begin…en hallo ruggraatloos!


Gisteraand besig met opnames gewees vir die Best of the BOTB volume 1 CD wat binne die volgende maand op die rakke moet wees.

Sommer lekker saam met Hansie Slim se manne gekuier en het gebly tot aan die einde van die opname van hulle treffer kniee lam….

Ja jy het gehoor ek se hulle treffer kniee lam want dis presies wat dit gaan wees al 3minute 25 sekondes van die song, ek kan nie wag vir hierdie CD om die publiek te tref nie.

Anyway dis hoe dit lyk wanneer die manne opstel vir die recording….uhm ja soos gewoonlik vat ‘n drommer die beste deel van ‘n uur om sy R80 000 drumkit…. enigste een in die land verseker hy my…. net JD van Snotkop het dieselfde een maar syne is deur een of ander drummer dude geteken…. hehehe!

Anyway, Hansie Slim het twee songs opgeneem vir die CD waarvan Kniee Lam een is, deur hulle self geskryf met bietjie hulp van die briljante Wouter van de Venter, julle is in vir ‘n treat, die CD gaan awesome wees.

Ek moet seker eers verduidelik hoe ek die CD saamstel. Die naam gaan wees The best of Klipdrift BOTB vol.1 en die top 12 wat in die semi-final was gaan elk ‘n song op die CD he, met die top vier in die finaal 2 songs elk vir ‘n totaal van 16 songs…. dan het die uwe twee “bonus tracks” wat ek ook op die CD laat sit, maar dit hou ek vir ‘n verassing wat ek later meer oor sal vertel….

Saam met die CD kry jy ‘n bonusdisc wat ‘n DVD van die halfeind en eindstryd is, alles vir onder R80, ek hoop ons sal reg wees om te launch in September.

Ek het gister twee videos van die final op Youtube laat sit, gehoop ek kan dit vandag hier op my blog sit, maar die ouens wat die vir my gelaai het reken dit sal eers later vandag of more wys….damn! Anyway ek plaas dit sodra dit op is, my lewe is hiper exciting op die oomblik!

Ook gister ‘n draai by die fotograaf gaan maak om na al die foto’s te kyk van die final met die oog op die CD se boekie en cover, gevra dat hy dit vir my brand op CD ek sal dit vandag gaan haal, daar is awesome foto’s thanks Bibi! sal more nog ‘n paar plaas.

Wat Wimpie van der Sandt se ander lewe….uhm dis nou my privaatlewe aanbetref… dit is vir my ongelooflik hoeveel bog mense A: kan uitdink, B: fabriseer en/of C: by totaal onbetroubare bronne hoor, en dan hier as gospel kom versprei, en dit ALTYD onder die wonderlike dekmantel van “anonymous” of “Kosie van Brakpan”, eish!

Die geheimn van kritiek lewer en/of guts he, en/of jouself die reg toe-eien om dit te kan doen is om op te staan en te se, soos ek elke dag van my lewe doen, ek Wimpie van der Sandt, se so en so is dit en dat en wat ookal, om dit onder ‘n anonymous dekmantel te doen beteken vir my niks, beteken net jy is ‘n lafaard… en ek se so!

Ek dink in alle geval ou anonymous is baie nader aan my as wat ek dink, ek het ‘n baie goeie waarskuwing oor een van my sogenaamde vriende gekry en ek operate maar snaaks, nice met almal tot ek jou uitgevang het en ek is besig om die strikkie te stel glo my!

My dogter vra my hoekom delete ek nie net die comments nie, of maak dit toe nie, wel ek is nie so ‘n lafaard nie, kom se jou se, ek sou dit ook naamloos doen as ek so baie snert kwytgeraak het, maar ek is op jou spoor bra!

Vir die rekord, Rea le Roux is al persoon met blonde hare wat by Firkin gesing het saam wie ek so nou en dan gesien was en sy WAS getroud, seker so ‘n jaar terug ja, en ek en sy het ‘n professionele verhouding gehad, ek was haar bestuurder anonymous en staan haar nog nou en dan met raad by…. hoe voel jy nou, nie meer heeltemal die brightste mushroom op die komposhoop nie ne my bra!

Anyway dis vir my ongelooflik hoe baie mense, wat moet ek myself laat onthou, my eintlik haat, maar net nie kan ophou om na my op die radio te luister of om hierdie blog te lees nie. Kom anonymous gewoonlik sal ek jou nie twee minute van my dag gee nie want jy is ruggraatlose skuim, maar kom ek daag jou uit, hier is my e-pos adres…. wimpie@ors.org.za, epos my dan meet ek en jy en sorteer jou siek jaloesie uit, en al hoekom ek dit doen is omdat jy nou mense na aan my, soos my dogter, se lewens begin omkrap, epos my ek praat graag met jou en help jou uit met die “feite”.

Vir die rekord vir almal wat reken hulle weet meer van my liefdeslewe as ek self….. ek het nog geen aankondiging om te maak nie, en as ek het, dink ek nie dit het iets met enigiemand uit te waai nie, en ek sien GEEN getroude girl nie…. sorry nie eers Madonna nie!

Eish…. more twee videos van die final en nog foto’s!

Wimpie

PS: Let wel ek skryf my naam onderaan my inskrywing! hehehe!

Iemand stuur hierdie gister vir my…. Dankie!

“People too weak to follow thear own dreams will always find a way to discourage yours…”

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to CD opnames begin…en hallo ruggraatloos!

  1. meermin says:

    Wimpie hoop jou dag gaan rock! Lekker dag.

  2. Monique says:

    Hallo daar,
    Ek het ‘n jaar laas geblog toe daar ook so gebitchery is oor Wimpie en sy girls. Jy moet begin worry as mense nie van jou praat nie Wimpie, ek hoop jy besef dat jy ‘n helse impak op die arme simpel mens se lewe het, dis hoekom jy hom so fassineer.Het seker brainfreeze opgedoen!!!
    Anyway die show was regtig great!!
    En hou aan met wat jy doen, jou dogter is heel duidelik trots op jou en dis regtig al wie se mening saakmaak
    Lekker daggie bloggers!!!

  3. Wimpie van der Sandt says:

    thanks monique… en welkom terug, bly jy’t die show geniet!

  4. Anonymous says:

    Goeiemore almal eish kan die son nie maar oor almal skyn of hoe? dis vir my(HENRY)fasinerend hoe almal almal wil boor ai tog….en ja moet saam stem op die een as jy n probleem het met wie ookal konfronteer hulle direk moenie strikkies aan las en n hele sepie daarvan maak….ek is ook nou redelik KEELVOL daar is n anner woord daarvoor maar nie te min…geniet die dag….Groete Henry

  5. Anonymous says:

    Jammer ek het die inskrywe gecopy….en o ja welkom terug Monique…Groete Henry

  6. Anonymous says:

    Dankie julle. Ek sukkel nou bietjie om in google in te gaan. Is dit nou nie meer HBK nie Henry of het ek die verkeerde persoon beet?
    Die blog bly interresant.
    Ek was in Sydney tot ‘n maand terug. En kan nou nie gewoon raak aan die koue nie

    TA TA
    Monique

  7. Anonymous says:

    Hi Monique ja dis ek…sit maar my regte naam by aangesien ek niks het om weg te steek…..welkom terug van Aus ja jong en toe gaan staan en verloor ons teen die Wallabies….ja kan nie glo n jaar is vebry laas jaar die tyd het die blog gekook…Groete Henry (HBK)

  8. Anonymous says:

    Ek het so gedink ja. Ja dit was nogal cool.
    Ek moet se ekt nogal gesukkel met die klomp Aussies, en het hul omtrent met my aangegaan oor die rugby. Ons was net 2 Suid Afrikaners tussen 42 Aussies. Dit was hel!!!!!
    Mooi bly.
    Monique

  9. Anonymous says:

    oops…ek wou die eintlik by vandag sit.
    Yolandi is my budsie en sy kick-ass.Jul siek comments sal haar nooit afsit nie, so eat your heart out…..asshole!!!!!!!!!

  10. Anonymous says:

    Wimpie,

    Die grootste fout wat jy kan maak is om nou, sonder enige konkrete bewyse, suspicious te raak en mense close aan jou te begin verdink … jy gaan op eindig om waardevolle vriende/vriendinne te verloor … nie almal hou daarvan om fals beskuldig te word nie, veral nie die wat jou ondersteun nie.

    Jy’s obviously net ‘anonymous’ tot en al eer jy expose word. Kry IT experts en expose die IP adres online. 99% van jou bloggers gebruik ‘n besigheids IP adres … probleem opgelos!!

    Behou jou dignity … onthou “innocent until proven guilty”

    LB