Besluite, besluite…

Baby ek like jou soos jy is, my hart klop tjoklits as jy naby is, baby, baby tjoklits!

Nee ek het nie skielik oornag vir Jessica Simpson ontmoed nie, ek wil net he jy moet daai woorde onthou want ek wil voorspel dat jy dit binne die volgende 30 dae gaan sing….

Anyway gisteraand verruil ek toe radio vir televisie en voel bietjie hoe die ander medium vergelyk met my geliefde radio….

Dit was fun, dankie julle maar ek dink ek verkies radio, miskien maar omdat ek nog nie die footage gesien het nie, ek sal jou laat weet waar kan jy dit kyk, ek hoop ek het beter gelyk as Kurt Darren op Jukebox!

Wimpie van der Sandt Produksies het die afgelope drie maande uit sy nate gebars en ek kan net nie meer alles alleen doen nie, dit was dus onvermydelik dat ek een of ander tyd iemand sou moes inkry om te kom help, daar was nie tyd vir onderhoude voer of laat ek eerder se daar was nie ‘n noodsaaklikheid om onderhoude te voer nie.

Toe ek hoor die betrokke persoon stel belang om saam my te kom werk was ek basies reeds seker dat dit die regte persoon is, iemand wat ek kan vertou, nie net met my besigheid nie, maar op ‘n kreatiewe manier, iemand wat ek in die opname ateljee kan instuur om sy insette te lewer en ek weet dis so goed ek stuur ‘n regiseur in….

Ek is opgewonde, hy begin einde van die maand…. ja jy het reg gelees, ek het gese hy…. laat daar nou maar geen stories wees van die sexy blond of iets wat ek aangestel het nie, dis ‘n man hehehe en dis iemand wat weet wat hy doen, jonk, dinamies en die regte persoon om my te help om alle afdelings van Wimpie van der Sandt Produksies in ‘n ander dimensie in te vat.

Ek vertel jou om verskeie redes eers so oor ‘n week en ‘n half wie dit is, intussen, welcome on board… ek sien uit daarna om saam met jou te werk ek dink ons deel dieselfde visie vir die toekoms en ek sien uit daarna!

Die eindstryd van die Klipdrift Battle of the Bands…. help ‘n bietjie uit ek soek ‘n goeie Afrikaanse naam vir BOTB en nee ek stel nie belang in ‘n powere poging soos “orkesskermutseling” nie, is om die draai en ek kan nie meer wag nie.

Gou gister die laaste produksie meeting gehad en ek moes daar en dan ‘n call maak van wie speel wanneer, wou ek die groot kunstenaars eerste of laaste laat sing, wil ek die kompetisie eerste of laaste doen, dit was net nie moontlik om met agt bands, onthou hierdie is bands wat gesoundcheck moet word, my crew trek alreeds Saterdagoggend 05H00 in die Big Top Arena in, so dit was nie moontlik om meer as agt changeovers te he nie…

Nog ‘n verskil tussen die backtracker brigade en regte musikante, met backtrackers hoef jy net seker te maak dat jy ‘n werkende CD speler het, ‘n band is bietjie meer ingewikkeld!

Hoe nou gemaak want voor hierdie show oor Snotkop, Joe F, Jakkie Louw en Gerhard Steyn gaan, met alle respek aan hulle talente as kunstenaars, gaan dit oor Scintillate, Ladiva, Hansie Slim en Motel Ink wat oor 12 weke dit uitgespook het vir die reg om daar te wees…

Ek wil graag almal van 15H00 af by die show he, jy gaan kan rondbeweeg daar is verskeie kuierplekkies, kosstalletjies ens so dit gaan ‘n feesatmosfeer he, ek het besluit om die finaliste die kollig met die grotes te laat deel en gaan hulle tussen die groottes inpas.

Die be-oordeellaars en ek moet gou Donderdag besluit hoe ons gaan bepaal wie speel waar, ek dink ons moet volgens die punte gaan wat die bands behaal het in die uitdunrondtes, ons sal vandag besluit ek plaas die program more, maar VOORLOPIG lyk dit dan so..

Nog Een
Gerhard Steyn
Nog Een
Jakkie Louw
Nog Een
JoeF
Nog Een
Snotkop

Aan die einde van Snotkop se set word die wenner bekend gemaak, dink julle dis redelik? Dis waarmee ek op die oomblik speel en ek glo dit gaan die mees regverdige manier wees teenoor almal om dinge te doen….

Hoe dit ookal is, die vibe gaan ongelooflik wees, en van al die shows wat ek al gedoen het, en daar was al baie groot shows onder hulle, sien ek die meeste uit na hierdie een.

Kaartjies is R55 en is by Computicket, more gee ek die line-up!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Besluite, besluite…

  1. Anonymous says:

    More Wimpie

    Sjoe jy het amper my hart laat staan! Dankie tog dis n man en nie n blond nie. Jy kan dit nie aan jou gesondheid doen nie. Maar ek is bly jy het n goeie besluit geneem. En ja ek dink nie jy sal spyt wees nie.

    Lekker dag

  2. Anonymous says:

    Wimpie

    soos jy seker nou al weet, vrouens is net moeilikheid in jou bedryf soos jy mos klaar ‘n stelletjie met daai mal blondekoppie afgetrap het.

    Ek weet van jou aanstelling en dis die beste besluit wat jy kon neem, daai mannetjie is witwarm, hy kook en hy gaan ‘n groot aanwins vir jou besigheid wees.

    Moenie emosioneel betyrokke raak by mense wat vir jou werk nie, ek weet jou hartjie is klein en jy wil almal help, maar partymense kan of wil nie gehelp word nie, ek wonder of daai persoon weet 99% van haar 20 fans bly op die klein agteraf dorpie spring en nigel?

    Jy moet soet wees en geluk met al jou dingetjies, ek dink nog steeds jy het die hotste ass in die land.

    xx