Wat is belangrik?

Skielik is daar nie baie meer belangriker dinge in die lewe as my gesondheid nie, ek is nie rerig meer so gepla oor Zuma, Hlope, Mbeki of selfs Mugabe nie.

Snaaks hoe die belangrike dinge in die lewe ‘n gedaanteverwisseling ondergaan in die kwessie van net een kort week. Ek is op my jeugdige ouderdom volgens my dokter ‘n eersteklas kanidaat vir beroerte of ‘n hartaanval.

Dit het alles Maandag begin ek het die hele dag nie te wel gevoel nie, rusteloos en oor die algemeen net nie lekker nie, dis nie iets wat jy jou vinger op kan sit nie maar jou liggaam laat jou weet alles is nie pluis mie. Toe ek uiteindelik Dinsdag by die dokter uitkom, met wat ek dink maar net bietjie grieperigheid is, kyk die dokter my ongelowig aan toe my bloeddruk op 220/110 te staan kom.

Oor die volgende drie dae is gisteroggend die laagste wat my bloededruk sou daal…. 160/105, volgens die dokter nog steeds hemelhoog en genoeg om te sorg dat ek op my jeugdige ouderdom op bloeddrukpille, kronies, geplaas moet word…..ai!

Dis ook genoeg om te sorg dat ek ernstig moet besin oor my lewensstyl, werk en stress wat daarmee saamgaan, iewers gaan ek moet afskaal ek weet, waar dit gaan wees weet ek nie al wat ek weet is dat wanneer jy in so ‘n situasie beland dan is alles wat voorheen so belangrik gelyk het skielik nie meer so belangrik nie.

Feit is ek kan nie meer aangaan om 15-20 ure werksdae te he nie, iewers moet ek halt roep met iets, wat dit is, is vir my om binne die volgende paar dae vir myself uit te maak, ek weet wat ek ookal besluit, daar is iets wat in die slag gaan bly en ek weet ek gaan nie daarvan hou nie want ek is mal oor my werk en my lewe maar wanneer iemand vir jou begin vertel “kies om aan te gaan soos jy aangaan of om binne die volgende paar maande ‘n hartaanval of beroerte te kry” dan is dit nogal geneig om ‘n demper op ALLES te plaas of jy dit wil weet of nie.

Die volgende paar weke gaan vir my uiters belangrik wees en ek gaan nodig he om ‘n paar besluite te neem wat ek nie noodwendig gaan van hou nie, maar dis ongelukkig dinge wat gedoen moet word as ek my kinders wil sien grootword en enige tipe kwaliteit lewe verder wil he…. hey en ek moet ten minste nog die trou ding een laaste kans gee!

So nee ek is nie reg om die tydelike nou al met die ewige te verwissel nie, volgende naweek gaan ek bietjie afvat en besin oor die toekoms en ‘n paar besluite neem, maar vir nou is ek terug!

Dankie aan almal, bekend en onbekend ek het letterlik ek wil nie klink soos iemand wat dink hy’s spesiaal nie so kom ons se maar net ek het baie e-posse van bekendes aan my sowel as onbekendes ontvang om sommer net te se sterkte…. ek waardeer dit alles…. ek is terug, vir nou!

Lekker naweek!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Wat is belangrik?

  1. meermin says:

    Oupa Wimpie op bloeddruk pilletjies, eish die ouderdom is darem nou eenmaal nie vir sussies nie!!

    Eet reg, drink minder, strip minder jou moer (al daai pistons en ringe wat so waai – nie goed vir jou gesondheid nie) – skaal af!

    Jammer as ou Dikkes jou nou so aanvat en dit op jou eie blog, maar iemand moet dit seker doen!

    Lekker naweek, probeer dit nou maar rustig vat – wanneer gaan jy my vat vir ‘n spin in jou wiele, of kan ek jou wiele vat vir ‘n spin, terwyl jy die naweek lekker rus!

    Nieteman jy – geniet jou naweek!

  2. Anonymous says:

    Hi

    Hoop jy voel gou beter, draai maar die brieke aan jy sal maar moet.

    Liefde

    Ina

  3. Anonymous says:

    Hi Wimpie, ek het dit al gese en ek gaan dit weer se. Wakker word en kinders skooltoe vat en werk toe ry is nie dieselfde sonder jou in die breakfast show nie. Ek hoop nie die breakfast show is een van die dinge wat jy gaan los nie. My gesin gaan jou baaaiiieee mis. Maar sterkte met jou besluite, doen wat die beste vir jou is, en word gou gesond!!

  4. boerinballingskap says:

    Sterkte, Wimps! Ek het groter begrip vir jou situasie as wat jy miskien dink…