Vinnig, baie vinnig!

Sjoe, okay as gevolg van die feit dat ek vandag alweer meer werk het as wat ek kan handle, kry ek toe al gister my nuwe vuurwa, wetter ek persoonlik het nog nooit ‘n vinniger kar besit nie en dis sommer van die staanspoor vir my duidelik dat selfs vir ‘n ou soos ek, en almal wat my ken sal weet ek ry maar stadig, gaan dit baie moeilik wees om my regtervoet in toom te hou!

Dit was nou om van lekkerkry te kraai! Dankie ou Wimpie dat jy die laaste tyd so hard gewerk het! Nee genade dis maar net lekker!

So vandag is Vrydag die 13e en vir iemand wat nie vreeslik bygelowig is nie, het ek maar vanoggend baie versigtig uit die bed gekruip, ek het al in my lewe ‘n stelletjie afgetrap met ‘n Vrydag die 13e, dis lank terug dit het iets uit te waai gehad met ‘n blond, ‘n kar, boobs en ‘n ander ou… ja dit was ‘n lang storie maar dit het veroorsaak dat ek nie elke jaar met afwagting uitsien na Vrydag die 13e nie!!

My naweek is bietjie aan die rowwe kant, vanaand Jakkie Louw by Firkin in Boksburg, ek kan nie wag nie en ek bring drie pikkewyne saam! Saterdag vat ek die pad klein kariba toe, ek het geen idee waar dit is nie maar ek gaan dit opsoek! Lekker Afrikaanse musiekfees daar, ek slaap sommer oor en dan moet ek seker my vaderlike pligte Sondag nakom! Maandag MC ek ‘n Rockfees, ek het geen idee waar nie maar ek het ‘n spesmaas dat dit gaan lekker wees!

Kaartjieverkope maak vanoggend oop vir die eindstryd van die Klipdrift Battle of the Bands wat plaasvind op 19 Julie 2008 by Carnival City se Big Top arena met vier bands wat dit gemaak het tot in die eindstryd en vier van Suid-Afrika se se top ander bands.

Agt van ons beste rockbands sal in aksie wees insluitende Jakkie Louw, Snotkop, Gerhard Steyn en Joe F. Kaartjies is ‘n belaglike R60 vir al agt bands en agt ure van Rock & Roll, moenie dit mis nie, Dinsdagaand so net na die lang naweek, kyk ons wie is die eerste twee bands wat dit tot in die halfeindrondte maak! Sien jou daar…

Ek is bietjie klaar geblog tot Dinsdag toe!

Geniet Jeugdag en jou lang naweek!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.