So onderhandel mens….

‘n Dag van onderhandelings is agter die rug en op ‘n stadium het ek dit ernstig oorweeg om die laaste rondte van die Klipdrift Battle of the Bands oor twee dae te laat plaasvind….

Die rede, die venue is net eenvoudig te klein en dit soou onregverdig wees om almal se ondersteuners nie ‘n regverdige kans te gee om hulle te kom ondersteun nie.

Die uiteinde van die saak, ons kon die hele Supersportbar in die hande kry met plek vir so 450 mense, vier grootskerms gaan opgekoppel word met ‘n kamera wat al die aksie gaan afneem en die klank wat met behulp van ‘n “live feed” aan die hele plek gestuur gaan word… nice, nou kan ek nie meer wag nie!

Net om jou geheue te verfris, die twaalf bands wat deurgedring het na die laaste ronde, vier van hulle gaan deur na die eindrondte wat op 19 Julie plaasvind, hulle is:
Die Maveric
Mrs. B
Whining Orphans
Sacret
The Reason
Zaltara
Ladiva
Motel Inc
Scaffold 37
Scintilate
Hansie Slim
My untold Legacy.

Ons het die laaste twee weke gesien die speelveld is gelyk toe groepe wat ons gedink het in die eindrondte gaan wees, vou onder die pressure, en die wat ons nie veel van verwag het nie, hulle hande opgesteek het.

Senuwees is ‘n snaakse ding, almal is ernstig hieroor en wil goed doen, ek kan dit verstaan, dis ‘n groot kompitisie en nie net nog ‘n BOTB nie, die pryse is groot, die bands weet dit en almal verstaan waaroor dit gaan. Vir baie van hierdie manne sal dit ‘n eerste geleentheid wees om ‘n groot show in die kalklig saam met manne soos Snotkop, Joe F en Jakkie Louw te deel, as jy volgende Dinsdagaand kom kyk, maak seker jy kom vroeg om ‘n ordentlike plekkie te kry. Die eerste 450 mense kan ingelaat word….

Dan skiet die polisie op die metropolisie in Johannesburg se middestad tewyl motoriste so nagenoeg vier ure in die verkeer vasgevang sit sodat die metroplisie bietjie kan toy-toy vir meer geld….lekker in Afrika man….

Ek gesels gisteroggend met een van my vennote in ‘n baie groot deal, ‘n bekende sanger se broer, en ons twee is oppad New York toe, meer kan ek nie se nie behalwe dat ons vlieg direk na die eindrondte van BOTB en ons het die geleentheid om onsself op ‘n permanente basis in Amkerika te gaan vestig… ek vlieg na 19 Julie…. ek gaan kyk! Verwag iets groots in die form van ‘n aankondiging, wat eerste hier gemaak sal word, oor iemand wat jy graag hier sal wil sien….hehehe, meer se ek nie!

Kry jou kaartjies vir die final by Computicket 011 340 800 of www.computicket.com

Later

Wimpie

Ps. Hier is ‘n voorsmakie van wat jy kan verwag by die final…. Gerhard Steyn “live” met sy nuwe liedjie… Pennies en Ponde:

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to So onderhandel mens….

  1. meermin says:

    Wimpie geniet jou dag!

  2. Anonymous says:

    Hi

    Hoop alles werk goed uit vir jou.

    Lekker dag

    Ina

  3. Anonymous says:

    Hallo….klink lekker, wens ek kon daar wees. Mmmm..iemand wat ek graag hier wil sien…..uhm jy???

    Feetjie
    xxx

  4. Wimpie van der Sandt says:

    feetjie funny bunny