My gebed…

Ek is maar ‘n snaakse mens ek kan nie onregverdigheid verduur nie, dit pie my net af, dit waarmee die grootste doos sedert Idi Amin, Mugabe, in Zimbabwe wegkom, veroorsaak dat my bloeddruk daagliks styg en dit voel of ek ‘n oorval gaan kry…

Dis my gat se deksel hoe mense wat in magsposissies is net doodeenvoudig hulle bekke hou en die idiot los om met moord, en baie meer, mee weg te kom….

Wat… wil Mbeki en ander wereldleiers eendag ‘n rolletjie in die rolprent wat oor die idiot se eenvoudige klein lewetjie gemaak gaan word he, net nog een van verskeie Afrika diktators wat hopelik sal eindig met ‘n sluipmoord of iets dergliks….

Kom ons wees nou maar eerlik, ek wens die Here wil aan die siniele ou idiot se wens voldoen en hom self uit die presidentskap van Zimbabwe verwyder…. en terwyl Hy besig is sommer ons slapgat president ook…

Okay ek voel letterlik hoe my bloeddruk styg….. fkn idiot! Verskoon my maar, maar hier is die enigste plek waar ek my se kan se, soos julle weet, het die Wimpie van der Sandt op die radio nie ‘n mening nie en mag ek nie hieroor praat nie….mmm!

Kom ons gesels eerder oor die Klipdrift Battle of the Bands…

CARNIVAL CITY CASINO
BIG TOP ARENA

FOUR FINALISTS FROM MORE THAN 100 ENTRANTS.

R60 PP
7 HOURS OF MUSIC
DOORS OPEN @ 15H00

TICKETS AVAILABLE @ COMPUTICKET

FEATURING :

SNOTKOP
JAKKIE LOUW
JOE F
GERHARD STEYN

Vanaand is die laaste Wildcard rondte en hierdie is die bands wat sake sal uitspook vir ‘n plekkie in die laaste 12:
Hansie Slim
Krimineel
Duskant Ombliksem
Among the few
Untold Legacy
Root of Eternal
Blinde Horison
Cerenity
Ruan Zehn
Local Aurthority.

Die stryd gaan feller wees as die stryd om Zimbabwe…hehehe! Sien jou daar, deure maak nog steeds 20H00 oop en dis nog steeds net R10 om in te kom en nege top bands in aksie te sien….kom maar vroeg of jy gaan nie inkom nie!

Dankie aan dr. Tobie de Villiers wat my tand so mooi opgefix het gisteraand…. vir die van julle wat nie weet nie ek het Saterdag die helfte van my voortand gebreek en kon vir twee hele dae nie glimlag nie…

Later

Wimpie.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to My gebed…

  1. Anonymous says:

    Hey Wimps

    sien uit na vanaand gaan weer rock! met hoofletters ROCK!

  2. SKIM says:

    Hi wimpie lys bietjie jou blog se RSS/Atom feed op ons site asseblief man, http://www.skim.co.za

  3. Anonymous says:

    Ek wonder net of dit nie partymaal beter is om n tand te breek nie, dan bly n mens mos stil veral as dit n voortand is…..
    Die spreekwoord se mos Silence is Golden so shut up and get rich.
    Wat ek nou net wonder is jy al ryk?