Mugabe of Mugabe?

Genadiglik is die naweek hier, ek se genadiglik want ek is genuine gedaan, dit was ‘n harde week, harde werk en ek kan rerig doen met die breek…

Vanoggend om 07H00 begin Zimbabwe stem….

Ek dink die stembriewe lyk so iets:

Presidential nominee
Robert Mugabe
Robert Mugabe
Robert Mugabe
Robert Mugabe
Please pick one!

Huh…. ai ons broers wat kan ek se of hoe hard kan mens lag!

Jakkie Louw maak vanaand ‘n draai by Firkin in Boksburg, kom kyk gerus, dit gaan ‘n awesome show wees. Saterdag is Gerhard Steyn in aksie. As jy meer wil weet oor Firkin se line-up vir Julie wat Eden insluit en Ray Dylan, hier is ‘n link na hulle site toe www.firkinboksburg.blogspot.com

Nou ja ek gaan ‘n breek vat vir die naweek, moenie vergeet van die Klipdrift BOTB Dinsdagaand nie, wees gewaarsku, jy MOET vroeg daar wees, Die Supersportbar is uitgerig met vier GROOTskerm’s wat die aksie buitekant aan die ondersteuners sal wys sowel as ‘n live klank feed van die verhoog na al die luidsprekers in die Supersportbar, die jongste nuus is dat daar twee groepe moes uitval.

Die twee wat moes uitval is Mr. B, hulle is oppad oorsee en sou nie beskikbaar kon wees vir die eindstryd op die 19e Julie nie, hulle het gevoel dis beter om iemand ander ‘n kans te gee en dit was die onselfsugtige ding om te doen, dankie julle!

Sacret is ook uit aangesien hulle drommer ‘n ernstige motorongeluk gehad het en in die hospitaal is, hulle plekke word ingeneem deur die groepe wat volgende ge-eindig het wat die punte aanbetref, hulle is Root of Eternal en Cunning Brad.

Die groep vir die laaste rondte is dus:
Die Maveric
Root of eternal
Whining Orphans
Cunning Brad
The Reason
Zaltara
Ladiva
Motel Inc
Scaffold 37
Scintilate
Hansie Slim
My untold Legacy.

Dis ek vir die naweek, volgende week geen awesome wees, ek gaan solank rus die naweek….yeah right! Vanaand Jakkie Louw, more Gerhard Steyn en Sondag is ek genooi om Barry Hilton te gaan kyk by Emperor’s Palace…uhm ja miskien rus ek darem Sondagoggend…. bye the way daar is ‘n ses bladsy bylaag in Gauteng Rapport die Sondag oor Oos Rand Stereo, ek dink ek gaan ook daarin wees, onthou net toe die foto Maandag geneem is het ek ‘n uit tand gehad en het hom eers die aand opgefix so ek kon nie rerig glimlag nie…hehehe!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Mugabe of Mugabe?

  1. meermin says:

    Lekker naweek vir jou!