Gesondheid!

Hierdie naweek sal seker aangeteken word as die een waar ek finaal besef het ek word oud…

Saterdag kan ek nie uit die bed uit opstaan nie, dit voel of ‘n olifant op my kop sit, die ergste hoofpyn van my lewe, ek persoonlik dink dis die bloeddrukpillie, so ek slaap maar tot 15H00 die middag.

Eish, my gesondheid pla my, sommer baie, gisteraand le ek in die bed en word bang, ek kan sommer hoor hoe klop my hart, gou spring ek maar op en drink die ou pilletjies wat my so erg kopseer gee, sommer saam met twee panado’s…


Wat ‘n week wat op my wag, Dinsdag is die groot aand wanneer die laaste rondte van die Klipdrift Battle of the Bands aanbreek, ek sien nou al baie lank hierna uit en ek dink dit gaan awesome wees, 12 bands met vier wat die geleentheid kry om saam Snotkop, Jakkie Louw, Joe F en Gerhard Steyn by Carnival City op te tree op 19 Julie, dit gaan kook Dinsdagaand, as jy enige planne het om te gaan sorg dat jy al teen 18H30 daar is…

Ander groot nuus is dat die BOTB loodstelevisieprogram ook geskiet word tydens Dinsdagaand se show so jy wil nie dit misloop nie, sorg dat jy daar is teen 18H30, ek het ‘n verassing wat die beoordeellaars aanbetref, ek hoop om Elizma Theron en Rudi Muller en Joe F daar te he.

In wereldnuus is Mugabe weer aangewys as Mugabewe se president…. vir die sesde keer… op die ouderdom van 84, wil die Here nie maar aan sy wens voldoen en hom van sy troontjie kom verwyder nie, hy het dan self gese net God kan hom as president verwyder…. %&%$#@$ eish!

Gister ‘n ou vriend wat ek lanklaas gesien het raakgeloop, dankie vir die mooi woorde ek waardeer dit!

Saterdagaand bietjie saam met Gerhard Steyn gekuier, wat ‘n verrassing wag op musiekliefhebbers wanneer sy nuwe Cd so oor drie weke vrygestel word, dit is net met een woord ongelooflik, hy beloof opslag om ‘n liedjie vir een van my kunstenaars te skryf en ek is dankbaar!

Hier is gou iets om jou te laat kots!

Later

Wimpie

PS:
Amper vergeet ek om die magtige Westelike Provinsie geluk te wen met die oorwinning van Saterdag oor die kalfies…hehehe

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Gesondheid!

  1. meermin says:

    Wimpie die ouderdom is ‘n bliksem!! Nog minder is dit vir sissies!! Jy moet maar begin briek aandraai, anders brand jy jouself uit!! Lekker dag verder.