B.O.T.B ROCK!

Absoluut awesome…

Die laaste wildcardrondte van die Klipdrift Battle of the Bands het gisteraand plaasgevind en het die kaarte lelik kom deurmekaarkrap…

Geluk aan Hansie Slim en My untold legacy wat dit gemaak het na die laaste 12 toe, hulle sal sake uitspook met Die Maverick, Brs B, Sacret, The Reason, Whining Orphans, Ladiva, Zaltara, Motel Inc, Scaffold 37 en Scintilate vir die laaste vier plekke in die groot final op die 19e Julie…

Gisteraand vroeg was al duidelik dat ons probleme gaan he op die 1e Julie die laaste rondte, die probleem, ons gaan hopeloos te min plek he!

Gisteraand moes mense op die grond sit, daar was net eenvoudig nie genoeg plek nie, wat ons volgende week gaan maak weet nugter alleen, smaak my ons sal MOET kyk na twee aande…eish… of na ‘n groter venue, dit gaan net awesome wees, julle weet net nie hoe goed die laaste 12 is nie, dis ongelooflik.

Ek stel voor jy kry jou kaartjies vir die final nou…. besprekings is klaar oop by Computicket, moenie te laat slaap nie want jy gaan nie plek kry nie.

Wimpie van der Sandt Produksies is tans besig om drie splinternuwe CD’s met drie shithot kunstenaars, ek wil my verstout na ek gister die grootste gedeelte van die dag in die opname ateljee deurgebring het, om te se ek sit met my agterent vierkantig op ‘n goue CD, meer kan ek nie nou se nie maar ek dink na so amper 12 jaar in hierdie game weet ek waarvan ek praat, opwindende tye le voor die deur en ek kan nie meer wag nie!

Vandag is meer van dieselfde opname ateljee toe en dan so bietjie die laaste besprekings vir Julie3 by Firkin in Boksburg afhandel, dan weer terug ateljee toe…. en dan hopelik SLAAP!

Eish volgende week gaan moerse wees, ek het vanoggend ‘n vergadering met Klipdrift en Carnival City om te bepaal wat gebeur met die laaste 12 aangesien ons te min plek gaan he, ek vertel jou more!

Later

Wimpie

Kom ons gesels eerder oor die Klipdrift Battle of the Bands…

CARNIVAL CITY CASINO
BIG TOP ARENA

FOUR FINALISTS FROM MORE THAN 100 ENTRANTS.

R60 PP
7 HOURS OF MUSIC
DOORS OPEN @ 15H00

TICKETS AVAILABLE @ COMPUTICKET

FEATURING :

SNOTKOP
JAKKIE LOUW
JOE F
GERHARD STEYN

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to B.O.T.B ROCK!

  1. meermin says:

    Ek sal probeer om een van hierdie shows by te woon!! Boksburg is darem nie land uit nie, kan dan my ouers gaan dux!!

  2. die brein says:

    Hi Wimpie ek dreig nou al lank om die show by te woon en ja ek en vroulief sal kom ek dink nou`s die room van die oes daar.

    Jy moet ook `n draai maak op http://diewerf.wordpress.com ek en drie ander ou bloggers van SSSB faam het dit begin en lewer daar postings vir die afgelope week en `n half is ons nommer een op WordPress.

    Hi Meermin goe gaan dit nog met jou?As jy mooi is kan jy maar ook by ons kom dux, maar ek weet nie of my vrou daarvan gaan hou nie.(lol)

  3. die brein says:

    Soos ek se jy`s `n ster.Maar moet nou nie `n verskietende ster word nie.