Bietjie bederf!


Wanneer ‘n mens hard werk in die lewe kan jy jouself so elke dan en wan seker ‘n klein bietjie bederf, nou so ‘n bietjie bederf het vir my gekom in die form van ‘n blitsbuks, nee ek maak nie skielik miljoene nie, ek werk net my gat af en ek het ‘n deal gekry op my nuwe speelding wat ek nie voor kon nee se nie, R243 per maand meer is seker nie die einde van die wereld nie, ek sal maar net twee Sondae meer per maand by my ma-le moet gaan eet!

Dit is maar een van daai dinge, maar so lyk hy, silwer, windgat wiele, 0-100 in 6.5 sekondes en ‘n topspoed van iets soos 240km/u, blykbaar bietjie vinniger as die GTI Golf ;-) Kan nie wag nie Vrydagoggend 11H00!

Ek sien Suid-Afrikaners word nou genoodsaak om petrol by vulstasies te steel! Almal kla oor die petrolprys, wat eintlik maar so by die R5 per liter is, dis nou as jy die 52% belastings aftrek wat gehef word op die mees basieste van alle produkte!

Die oorgrote deel van daardie ou geldjie wat gehef word vir elke liter petrol wat jy ingooi gaan vir die reeds insolvente padongelukfonds! Ek wonder wanneer sal iemand in die regering besluit om te kyk na die petrolprys en hoe dit bepaal word, wanneer dit goedkoper uitwerk om by die huis te bly as wat dit jou kos om by die werk te kom?? Ja boet!

Nou ja dis al wat ek het vandag, wou maar eintlik net vanoggend my opgewondenheid met jou deel, vandag gaan weer ‘n lekker laaaang dag wees!

Hey ek mis my maatjies, ek sien julle nie meer nie, dis seker maar deels my eie skuld ek werk my dood, maar hey ek het ‘n kar om te betaal….ai!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Bietjie bederf!

  1. meermin says:

    Wimpie jou bliksem dit is my droom kar, ek is gaande oor daai kar, jy skuld my nou ‘n spin in daai mooi wiele van jou!! Jy beter dit nie vergeet nie!! Ek sè jou wat, jy kan my kar leen vir ‘n paar dae, dan leen ek joune vir so paar dae, ek sal hom mooi ry! Ek jaag net met die BMW!! Ja okay ek lieg met my karretjie ook, maar ….. sjuut moet vir niemand sè nie!!

    Wimpie as jy my nie vat vir ‘n spin nie, dan dan dan …….. jaag ek jou van Jasper se doepa in, wat die man reken ek moet drink!! Pasop jy is gewaarsku!!

    Geluk man dit is genuine ‘n mooi kar!

  2. boerinballingskap says:

    Geluk met die nuwe vuurwa. Flippin goeie keuse!