Ai die bloeddruk!

Okay so die dokter se ek is oorwerk het te veel stress en het nodig om te rus, my bloeddruk staan op 220/110 wat dit ookal beteken, dis blykbaar helhoog en glad nie ‘n goeie ding nie, wat kan ek daaraan doen, wel lyk my op my jeugdige ouderdom is bloeddrukpille my voorland, ek moet die volgende drie dae elke middag my bloeddruk laat neem en dan vat ons dit maar van daar af.

Ek is afsiek geboek tot Maandag maar sien al klaar ek is terug by die werk voor dan!

Anyway, gisteraand was die eerste wildcardrondte van die Klipdrift Battle of the Bands by Carnival City en dit was awesome, die tee bands wat deur is na die laaste rondte toe is Scaffold 37, wat ons kom wegblaas het, en Scintilate. Die standaard was ongelooflik en ek praat nie groot nie, kom kyk self nog net twee Dinsdae oor voor die final op 19 Julie in die Big Top Arena by Carnival.

Eerbare mentions gaan aan Vernzevolution, by verre die most improved band, Wysdiman, hulle ROCK en het ‘n groot toekoms, ook welgedaan aan Finding Noah en jammer vir Steeple Jack al die pad van Bloemfontein en Cunning Brad…. 9 punte was op die einde die verskil tussen eerste en vyfde gisteraand.

Ek plaas more die line-up vir die laaste wildcard rondte die 24e Junie.

Welgedaan ook aan een van ons bands wat klaar in die laaste rondte op die 1e Julie is, Die Maverick, ek vat toe ‘n kans en bespreek hulle gisteraand by Firkin in Boksburg en hulle trek gou ‘n crowd van 120 mense, sommer op ‘n Dinsdagaand, well done manne!

Wel dis nou maar eers bed toe vir my, vir nou, blog weer more.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Ai die bloeddruk!

  1. meermin says:

    Wimpie jou bloeddruk is MOEG hoog! Dankie tog myne is weer abnormaal laag, dit is gelukkig nie ‘n siekte nie, eerder ‘n seèn! Lyk my ek sal jou broer of iemand moet vra om my te kom help, dan maak ons jou vas in ‘n bed sodat jy kan rus!! Goeie idee terwyl jy dan rus, ry ek die wèreld vol met jou nuwe kar!!! Dit sal jou bloeddruk laat daal. Lekker dag jy!!

    Danie as jy die lees HALLO vir jou ook! Gaan dit nog goed?

    Ina goeiemôre jy, geniet jou dag ook. Jaco en Hansie het gisteraand tog te lekker op mxit gechat!

  2. meermin says:

    Wimpie dalk moet jy vir ‘n maand lank vakansie gaan hou iewers!