Afrika, donker kontinent van ons hartseer bestaan…

Afrika, Afrika-politiek en meer spesifiek Suid-Afrika is besig op my ernstig af te px2!

Wat het ek gesondig dat ek op hierdie verdoemde kontinent gebore moet wees is die vraag wat ek myself al hoe meer afvra…

Morgan Tsvangirai onttrek aan die verkiesing in Zimbabwe want daar is geen sprake van ‘n vry en regverdige verkiesing nie, Mbeki se stilte is oorverdowend, dienslewering, soos ek Vrydag eerstehands ervaar het, is non-existant, korrupsie en omkopery is aan die orde van die dag en rykes word al hoe ryker en byt die middelklas tot so ‘n mate uit dat die middelklas byna nie meer bestaan nie….

Vrydagoggend om 08H00 gaan my krag af, ‘n probleem wat ek nie weet hoekom nie, ek skakel die stadsraad wat my verseker my rekening is betaal en hulle weet nie wat fout is nie, hulle stuur iemand uit.

My huishulp sit intussen die hele dag by die huis want sy kan niks was of stryk nie, sy kan nie stofsuig nie en sy kan basies net die beddens opmaak en die skottelgoed was, teen Vrydagaand 18H00 was die stadsraad nog nie daar nie en dit na so 15 oproepe na hulle toe, toe hulle uiteindelik na 18H00 daar aankom vind ek uit dat hulle my krag verkeerdelik afgesit het…. omdat ek my rekening by die plaaslike supermark betaal het , gelukkig het ek my kwitansie en teen 18H30 het ek weer krag…

Dis nie wat my afpie nie, okay nee dit pie my af, vreeslik en my bloeddruk is nie lekker nie, maar wat my meer afpie is dat een of ander “kontrakteur” homself die reg toe-eien om bo-oor my palisades te spring….tresspassing?? om my drade in my kragboks te kom afknip, vir ‘n rekening wat ek betaal het! Bloeddruk styg weer gevaarlik hoog….

Zwelinzima Vavi se, net soos die leier van die ANC-Jeugliga, dat hy bereid is om mense dood te maak vir Jacob Zuma…. huh?? Wat mis ek waar, hoe lank dink jy in ‘n beskaafde wereld sal sulke stellings verduur word? SCARY MAN SCARY!!

Om my naweek finaal af te pie stop ek gou gistermiddag by Pick & Pay hier in Springs, ek koop die volgende artikels….
3 500ml Koeldranke, twee Jam doughnuts, Shampoo, die koerant, haargel, ses appels, 2L vrugtesap, een fruit & nuts slab sjokolade en ‘n pakkie kougom o ja en lekkerruik goedjies vir my kar…. uhm R227…. o ja en ‘n bakkie hoenderslaai!

Ek kyk toevallig na ‘n stukkie biltong vir R80, dog dis onmoontlik kyk na die prys per kg. uhm ja R199-99….eish!

More is die laaste rondte van die wildcards by die Klipdrift Battle of the bands by Carnival City….. dis net 10 rand, uhm vir 10 bands, jou petrol is baie meer as dit, daaraan kan ek ongelukkig niks doen nie!
Die volgende bands is in aksie:
Hansie Slim
Krimineel
Duskant Ombliksem
Among the few
Untold Legacy
Root of Eternal
Blinde Horison
Cerenity
Ruan Zehn
Twee Bands sal deurdring uit elke Wildcard rondte na die semi-final op 1 Julie en die vier bestes uit hierdie rondt ding mee in die final op 19 Julie 2008 in die Big Top by Carnival City saam met Snotkop, Jakkie Louw, Gerhard Steyn en Joe F.

Genoeg vir vandag…. gesels weer more!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Afrika, donker kontinent van ons hartseer bestaan…

  1. Anonymous says:

    Wimpie dis dinge soos die wat my letterlik dryf na drank. Ons kan net die wen nie.

    Mbeki loop skop bal en gesels met ‘jong sokkerspeellers’ in Nelspruit ipv in te gryp in Zim. Soms wonder ek hoe de blik#$% het hy Prez geword. Hy is useless, en die ergste van alles as hy waai gaan ons nog vir hom sorg en al sy rondrits kaartjies betaal via belasting.

    Jy moet maar Koopkrag gebruik, dis die beste en jy spaar!! Glo my ek het ook die stel afgetrap in Nelspruit en net daar besluit ek koop my krag van nouaf.

    Eben

  2. Anonymous says:

    Hi

    Lees bietjie die mail wat ek vanoggend vir jou gestuur het oor die berig wat in die Daily Sun is waar swart jeugdiges aangemoedig word om van blankes te steel. Hierdie tipe uitlating laat ‘n mens se hare rys.

    Lekker dag vir jou\

    Ina