Wat is ‘n bachelor?

Daar is so ietsie in die lug, ek voel dit aan, dis nie iets wat ek my vinger op kan sit nie, ek is so bietjie opgewonde, bietjie bang, bietjie gefassineer, bietjie bly bietjie hartseer…….mmm of miskien is dit maar net die winter!

Wat dit ookal is, dis lekker, so ek gaan maar net saam met die rivier vloei dis al en kyk wat gebeur….

Die eeu oue vraag wat honderde duisende mense al oor baie jare mee worstel…. Is ek ‘n bachelor? laat my weer wonder vandag.
Wel om dit te kan antwoord moet ons seker eers weet wat dit is. Wel dis nie so maklik as wat jy dink nie jy sien ek dink partykeer ‘n bachelor is iemand wat net aan ‘n sekere lewensstyl gewoond geraak het, man of vrou….ha gevang ne julle het gedink hier kom weer een van daai Wimpie tirades van hoekom dit beter is om ‘n single ou te wees en blah,blah blah!

Nee ek gaan nie, nie vandag nie, my bui is te goed vir dit…

Okay so ‘n bachelor in my oe is iemand wat net meer prakties is oor die dinge van die lewe as iemand anders…. voorbeeld, dit maak nie vir my sin om ‘n pizza wat jy nou net gekoop het en in ‘n boks huis te gebring het te vat en ‘n silwerskoon bord te gaan uithaal en vuilmors nie, die boks is mos skoon en jy hoef dit nie te was nie.

Ek vrek oor kook maar ek kan nie verstaan hoekom ek kaste vol kos en ‘n yskos vol van kruideniersware moet he nie, dit maak nie sin nie, as ek iets wil he dan ry ek en gaan koop dit gou, dan is daaranyway meer plek in die yskas vir belangrike goed soos wyn en so aan en die supermark se yskaste is groter en beter as myne!

Ek verstaan nie hoekom my grootskerm TV in die sitkamer moet staan as ek elke aand op my bed le en TV kyk nie, ditto vir my Hi Fi, die staan sommer in die bar, dis mos waar mens kuier nie waar nie.

‘n Duur pot en ‘n goedkoop pot doen dieselfde werk en moet altwee op die einde gewas word, aartappels proe altyd lekkerder in olie gebraai as in water gekook…. mens kan NOOIT te veel sout of Aromat op jou kos he nie.

Hoekom moet ek my bed opmaak as ek mos vanaand weer in hom gaan slaap? Dis net ek in die huis so ek los die toiletsitplek op, as jy ‘n vrou is, slaan hom bietjie vir my op as jy klaar is!

Tobasco laat enige kos beter proe en jy kan gevolglik ook nie genoeg van dit in jou kas he nie. Ek het nie nodig om aan niemand te verduidelik waar ek gaan hoekom en tot hoe laat nie. Die wereld is soms rond en draai om sy eie as…. en soms doen dit nie, hoekom? Ek weet nie, dit is net so…

Ek verstaan soms nie hoe vroumense se koppe werk nie, maar soms dink ek jy het net nodig om een se kop te verstaan om happy te wees, en dis die een wat jy kies, maak dit sin? In Engels you dont have to make every woman happy, just the one YOU choose!

Ek het nie nodig om elke dag my kar te was nie, maar my klere wel, ek word nie kwaad as die bediende vergeet om bo-op die yskas af te stof nie, sorg net dat my favourite jeans gestryk is. Ek het 43 pare skoene en 27 pare jeans, daarvan is 14 Guess jeans, dieselfde styl, (Rocker)…. hoekom want dit pas my perfek so wat maak dit dan saak of hulle almal dieselfde lyk?

Ek spandeer die meeste van my geld aan vermaak en klere, hoekom , want ek kan.

Ek is verseker ‘n bachelor in die ware sin van die woord, ses dae ‘n week pas dit my en op die sewende dag….. dan haat ek dit, en dis vir daai een dag ‘n week wat ek bereid is om alles op te offer en te kyk of die regte girl nie maar haar verskyning wil maak nie.

Ons soek voort en ek skryf moreoggend verder!

Lekker aandjie vir jou!

Wimpie

Wel ja ek wou vanoggend verder skryf maar toe kelder Hellkom my vanoggend ons internet was ALWEER af!

Nou ja ek dink dis omtrent die storie sover dit my bachelor status aanbetref.

Goeie nuus wat Battle of the Bands aanbetref, sal more bekend maak. Die uwe het gisteraand soos ‘n baba geslaap, dink dit het iets uit te waai met die vorige rustelose en slaaplose nag, sal maar nie uitbrei nie hehehe!

Ek dink daaraan om ‘n nuwe kar te koop, wil die geborgde Prius maar sommer myne maak sal vandag by Toyota hoor wat is die deal en dan is ek besig met drie groot dinge op die oomblik een het met ‘n internasionale superstem te doen maar dis nog te vroeg om iets daaroor te se so ek gaan nie! Die ander twee is …. wel privaat, so hoekom noem ek dit….hmmm net om jou nuuskierig te maak!

Verbeel ek my of is dit die stilte voor die storm op die fliekfront, ek is rerig lus vir ‘n lekker movie met groot popcorn en ‘n slushpuppy, probeer toe vanoggend kyk wat wys waar maar ek kan nie juis iets sien wat die moeite werd is nie….of kyk ek iets mis??

Ook bietjie lus om weg te gaan vir ‘n paar dae, maar dit moet by ‘n koue plek wees en dit moet verkieslik reen, daar moet goeie wyn en kos wees en ‘n vuur wat iewers knetter, ‘n lekker bottel rooiwyn, my selfoon by die huis en verkieslik goee geselsap, maak nie saak nie kan maar’n man ook wees ek wil gesels nie vry nie…. baie om van my mind af te kry!

Mmmm as jy belangstel laat weet my ek bel solank en vind uit waar reen dit die naweek!

okay cheers vir vandag!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Wat is ‘n bachelor?

  1. Anonymous says:

    Hi Wimpels

    Lanklaas jou blog gelees ek was bietjie van die lug af gewees. Baie gehad om op te vang so ek was amper ‘n uur hier.

    Ek is bly jy blog bietjie meer persoonlik deesdae, lyk my jou persoonlike lewe is alweer in sy moer in maar ek is seker jy sal dit regruk.

    Wat het toe geword van Karien ek vrek om te weet of ek reg was.

    Ek het toe die ding gedoen waaroor ek en jy gesels het twee weke terug so een van die dae is ek met die strop om die nek, ek weet wat jy dink van trou maar ek was nog nie daar nie so ek gaan dit maar ‘n kans gee!

    Harry stuur groete en se hy wag vir die braai uitnodiging wat jy belowe het…

  2. Meermin says:

    Ja nee kyk so lekker koue naweek, met ‘n bottel of twee SWEET ROSE WYN met ‘n paar boeke en goeie dvd’s en heelwat rustige cd’s klink moer lekker!! Ek beplan by the way om een of ander tyd alleen bietjie weg te breek, sommer moer toe ook as dit moet, net weg, weg van alles en almal!! Sal sorg dat ek genoeg wyn inpak!!