Sjoe!

Eerder laat as nooit! Dankie Telkom….

Lekker gekuier gisteraand met Francois van Snotkop faam en Wouter van de Venter, maar dit is ‘n ander storie vir ‘n ander dag!

Elke nou en dan moet mens die knie buig en se jy ken nie rerig iemand nie, so ‘n dag is myne vandag, jy sal weet waarvan ek praat… dit was ‘n voorreg, baie dankie en jy is ‘n baie beter mens as wat die koerante jou maak!

Ek wens jou net die mooiste en die beste toe, jy verdien dit!

Vandag is 1 April, my Aprilgek jol is vandag…. om niks te doen nie! Daar is so baie radiostasies en mense wat op die bandwagon spring dat ek besluit het om vandag niks te doen nie… maar pasop vir die res van die week, dalk net dalk vang ek jou later!

Ek kan seker iets se oor Zimbabwe maar dit sal sinneloos wees aangesien ek glo om die uitslae binne twee dae te verwag is bietjie vergesog! Volgens alle aanduidings is Mugabe se dae as hoofdiktator getel so good riddens!

Ek is bietjie opgewonde vandag en jy weet hoe is ‘n skerpioen, moet altyd alles uitblaker maar vandag gaan ek myself inhou uit respek vir iemand wat dit rerig verdien.

Ek gaan nie veel blog vandag nie ek is actually so moeg ek kan omtrent nie my oe oophou nie, dankie ek het lekker gekuier, he ‘n awesome dag!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Sjoe!

  1. Anonymous says:

    Hi

    Ek hoor die Jacaranda storie was toe ‘n April fool joke. Weet jy of dit waar is?

    Ina

  2. Anonymous says:

    Hey!
    Dankie vir die mooi woorde vandag, dit beteken so baie vir my.
    Bly jy kon so bietjie van die ware ek sien, wat vasgevang sit agter ‘n vals prentjie wat sekere mense en die media van my geskets het. Dit was ‘n voorreg om die man met die sagte hart en omgee in persoon te ontmoet!
    Pas jouself op en kry slaap in!

  3. Wimpie van der Sandt says:

    jy is so stunning, dink ek moet jou pro word jong!!