Die wereld is bietjie beter vandag!

Gisteraand….. so min of meer 21H00…. oppad om gou vir my kos te kry, sommer by die Spur…. my foon lui, dis Wimpie Rudolph, hy is ‘n pel en hy is Klipdrift se Oos Rand verteeenwoordiger…. as beide kwalifiseer hy dat ek die telefoon antwoord…. groot fout!

Die gesprek verloop min of meer so…. “Wimpie hallo…. waar is jy beesblaas…. gaan gou iets kry om te eet hoekom…. want ons wag vir jou…. huh??… Karaoke kompetisie hier in Brakpan, jy is ‘n judge, moenie my se jy het vergeet nie….uhm, nee man ek is oppad sien jou nou, net ‘n bietjie laat!”

In so ‘n geval weet jy dit gaan ‘n laat nag wees en jy het moeilikheid…. een van daai dinge, die vermaaklikheidsbedryf is hel man! Wat het my besiel om ja te se maar nou ja, die volgende 8 weke is ek in my dinges in op ‘n Woensdagaand… oops en dan begin Battle of the Bands oor twee weke op ‘n Dinsdagaand by Carnival City…. damn vir 12 weke, ja van der Sandt, slimjan!

Anyway dis nou maar die lewe, as jy wil saam die groot mense speel kan jy nie huil soos ‘n baba nie!

Gelukkig vanoggend my verstand gebruik en my skootrekenaar…. mooi Afrikaanse woord ne! saamgebring ateljee toe aangesien die tweede grootste vloekwoord in SA… Telkom, sorry vir daai een, my al die hele week moeilikheid gee, jy weet van daai moeilikheid waar jy betaal vir ‘n diens, net om dit nie te kry nie…. in die geval internet!

Ek het besluit om nie my siel te ontstig vandag nie, so dis okay, een van die grootste gemeenskapradiostasies in die land is al so ‘n week sonder die Internet, as ek in ‘n ander land was het ek sowaar die vet lankal HELKOM se vernaamste teenstander gebel maar nou ja ek bly vergeet hierdie is nie feetjieland nie en daar is net een kommunikasieverskaffer in die land….

Ek haat dit om soos ander bloggers te klink so vergun my dan net hierdie een keer! Ek haal my hoed af vir Razelle Botha, 18 jaar oud en nou die dag vyf keer geskiet deur ‘n klomp idiots, sy het gister begin loop…. take a bow girl!

My dogter praat nog steeds nie met my nie, ai maar nou ja ek het nie anders verwag nie sy is per slot van sake ‘n tiener en ….. helaas ‘n vroumens! En sy het ‘n klein deel van haar pa se hardkoppigheid ge-erf!

Mugabe klou vir oulaas vas aan die mag in Zimbabwe, genadiglik is dit volgens alle aanduidings bykans iets van die verlede, lekker!

Ek weet nie of ek my verbeel nie maar die voeltjies sing deesdae bietjie mooier, die gras is bietjie groener en die wereld net so ‘n klein bietjie ‘n beter plek…hehehe!

Voor ek te veel strooi praat, Jy moet ‘n awesome dag het en probeer minstens een uur afknyp vir ‘n koffie by Exclusive Books ok!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Die wereld is bietjie beter vandag!

  1. Anonymous says:

    Hi

    Jy is reg praat lekker strooi. Janine sal wel as sy weer vir pa nodig het met jou praat.

    Lekker dag vir jou

    Ina

  2. staatsamptenaar says:

    Mag jy hierdie dag geniet, staan meer tye stil en luister vir die voèltjies.

  3. Anonymous says:

    Die bytjies en die blommetjies, klink bekend ou wimseun, jou show ROCK vandag!

  4. Anonymous says:

    Wimpels

    Wat gaan aan met jou? lanklaas so lekker gelag soos vir vandag se breakfast show, as jy wil is jy die beste omroeper in die land!
    DM

  5. Anonymous says:

    jy moet ‘n lekker daggie he, kan nie glo jy is so vars vanmore nie, ek het jou gesien gisteraand!

  6. Anonymous says:

    Sien jy was alweer vanoggend op jou stukke, min slaap en al. Haal my hoed af vir jou. Was die stemmetjie darem nog daar ;-)
    Gaan nie eers se jy moet bietjie slaap vandag nie, want wie slaap nou deur die dag, ne?
    Hoop darem jy het ‘n lekker dag. Exclusives gaan ongelukkig nie vandag in my dagboek inpas nie, maar ‘n cappuccino gaan ek verseker erens inwerk.
    Waar is ‘n visvang winkel, ek moet gaan mutie koop!? haha

  7. Wimpie van der Sandt says:

    Dis ammer, die koffie ding sou nogal lekker gewees het, en ek, ek drink dit nie eers nie!

  8. Anonymous says:

    hi bra

    so hoe het die klomp $teve wannebe’s toe gisteraand geklink?

  9. Anonymous says:

    wimpie is verlief, ek ken jou al teen die tyd mater en as jy eers soos ‘n nuwe sikspens oor die eter klink dan weet ek.

    so vertel bratjie, wie is sy, hoe lyk sy en wat doen sy, en moenie se dis nie so nie, ek kan dit hoor.

    Groete

    Riaan Joubert

    ps : onthou jy my, een aand gekuier by firkin

  10. Anonymous says:

    wimpie verlief, nee hy doen nie daai ding nie.

    hy is te bang, sodra iets hom terg liefhet hardloop hy sy beentjies af, ek weet ek het al gesien.