WTF…

Ek is nie lekker vandag nie, sommer lus en vat die dag af!

Ek het altyd gewaarsku dat die probleem met mense wat nog nie heeltemal oor die muur is op my ouderdom nie, altyd die kans staan om jou kinders raak te loop op plekke waar hulle nie veronderstel is om te wees nie, dan weet jy nie heeltemal hoe om daarmee te deel nie en dan se mens partykeer goed wat jy nie wil nie en dan is die wereld vir jou kwaad en jy vir die wereld, ek gaan nie verder daarop ingaan nie, dis persoonlik en ek moet dit self uitsorteer, kom ons se maar net ‘n paar mense was gisteraand baie naby aan ‘n paar ordentlike klappe van ‘n witwarm pa!

Slegte nuus van ‘n 19-jarige danseres wat in haar ma’le se huis vermoor is…. dis die storie van ons land en die tyd wat ons in leef en een van die redes hoekom ek voel soos ek doen vandag…

Ek kry ‘n uitnodiging na L Ron Hubbard se verjaardagpartytjie, hy is natuurlik die wetenskapfiksie skrywer wat een oggend opgestaan het na een joint te veel en besluit het die stront wat hy skryf behoort ‘n godsdiens te word….

Ek is vir die eerste keer in baie jare nie meer seker of ek besig is om werklik te doen wat ek wil nie, ek is MOEG vir kritiek, moeg om te hoor van mense wat nie weet wat op die grondvlak aangaan nie van my show wat “te polities” geword het….

Te polities…. van wanneer af is die feite polities…. wil jy elke dag ‘n bullshit storie hoor van die wonderlike wereld wat on in leef waar alles sonder probleme is….

Is my persoonlike lewe van so ‘n aard dat jy nie belangstel wat daarin gebeur nie en dat dit nie van toepassing is op ander mense nie? Dan vra ek onverwyld omverskoning, ‘n vriend van my het eendag gese die vermaaklikheidswereld is hel! Hy was reg…

Basically is ek net gatvol…. vir verskeie redes, ek gaan dit daar laat as ek in die pad van vooruitgang staan is dit miskien tyd vir my om aan te beweeg…

Kommentaar:

Dit pla my bietjie as mense onder die annonymous skuilnaam kommentaar lewer want ek is nie so nie, as ek iets wil se dan doen ek dit….. onder my eie naam… nee anonymous ek weet nie van die girl van Brakpan wat twee mense is en my naam vergat nie, maar ek sal graag wil weet so vertel maar…

Dis my storie vergun my, my oomblik van twyfel in die lewe, mense en dinge vir vandag….

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to WTF…

  1. Anonymous says:

    Wel Wimpie, na aanleiding van als wat jy vanoggend gese het…dink daaraan…jy het jou bes gedoen om mense te laat sien wat in die wereld aangaan maar klaarblyklik wil hulle net “skindernuus” hoor..so “dont come crying” as julle eendag huil en wonder hoekom het julle nie eerder na Wimpie se “uitlatings” oor die wereld geluister nie…sit maar en drink jul koffie en lees die sappige skindernuus en vergeet dat ons land inmekaar val…en vinnig ook.

    Volgende keur julle, wat nie omgee nie, vrye seks op strate ook goed.

    Wimpie, jy het probeeer!!

    Stuur hul na hul moer……bybome op die plaas..

    Lovies
    Virgo

  2. Wimpie van der Sandt says:

    Thanks virgo!

  3. Anonymous says:

    wimpie, ek voel vir jou, kan sommer hoor jy is die moer in vir die wereld vandag.

  4. Anonymous says:

    Brakpan meisies…. wat gaan aan met jou, eish!

    Eugene

  5. meermin says:

    hoop jy voel darem nou al bietjie beter!

  6. Anonymous says:

    Wimpie don’t stop what you are doing and don’t ever change!

    jean